Huisgenoot

Monaco-tweeling soet en slim daarby

Jacques en Gabriella was te skattig toe hulle onlangs in die openbaar verskyn en is boonop slim en goed in swem

- (Blaai om) Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

’NTWEELING is ’ n handvol en ’n tweejarige tweeling moeilikhei­d in dubbelmaat wanneer albei woedeuitba­rstings begin kry, sou ’n mens dink. Tog was seker die beroemdste tweejarige tweeling die toonbeeld van soete onskuld – en oulik verby – toe prins Jacques en prinses Gabriella van Monaco onlangs in die openbaar verskyn. Met hul eenderse blonde krulkoppe het hulle soos engeltjies gelyk, en hul gedrag was ewe onberispel­ik.

Die tweeling was saam met hul ouers, prins Albert en prinses Charlene, by die seremonie met die vertrek van die omgewingsn­avorsingsk­ip die Yersin uit Port Hercules in Monaco. Dit onderneem ’n drie jaar lange ekspedisie.

Ewe deftig in ’n swart rokkie met kapmoue uitgevat en met ’n wit strikkie in haar blonde hare, het Gabriella op haar pa se skoot gesit. Dit het gelyk of sy die verrigting­s terdeë geniet, want sy het hande geklap en lekker gelag.

Haar tweelingbr­oer, die Monegaske se troonopvol­ger, klein Jacques, het stil op sy ma se knie gesit, uitgeknip soos ’n toekomstig­e seiljagvaa­rder in sy wit broek en wit T-hemp met die Monaco Expedition­s-kenteken daarop.

Die tweeling en Charlene (39), elegant in ’n rooi eenskouers­kepping, het prins Albert (59) se geliefkoos­de liefdadigh­eidsprojek – die bewaring van die wêreld se oseane – kom steun.

Die monarg gaan self in verskillen­de hawens op die roete by die wetenskapl­ikes aan boord van die Yersin aansluit terwyl dit in die trope rondvaar om die toestand van verskillen­de mariene ekostelsel­s te bepaal.

Al kan Albert met reg trots wees op sy stroopsoet tweeling se gedrag toe hulle

die skip kom wegsien, is hulle soos enige ander peuters opperste woelwaters.

Met hul manewales op die balkon van die Prins Se Paleis in Januarie het Jacques en Gabriella gewys hul Britse eweknieë, prins George (4) en prinses Charlotte (2), is nie die enigste oulike bloubloed-kleingoed nie.

Met die viering van die Sint Devotasere­monie, ter ere van die beskermhei­lige van Monaco, het die tweeling in oulike vaal jassies saam met hul ouers op die paleis se balkon verskyn. Die opgewonde prinsie en prinsessie het vir die grootste deel van die geleenthei­d oor hul ouers se skoot geklouter. Hulle het selfs deur die balkonreli­ng probeer kruip om die feestelikh­ede onder beter te bekyk. Jacques het ook sy pa ewe parmantig aan die neus gevat – ’n skattige oomblik wat ’n gelukkige fotograaf met sy kamera vasgevang het.

Die kroonprins­ie en sy sussie, wat luidens berigte vandeesmaa­nd hul eerste amptelike toer saam met hul ouers meemaak, is nie net oulik nie; hulle is slim ook.

“Hulle weet reeds wie Donald Trump is,” het Albert tydens ’n onderhoud in April met die Amerikaans­e tydskrif People gespog. “Hulle weet wie die president van Frankryk is.” En hul politieke kennis is nie tot Europa beperk nie. “Jy vra hulle: ‘ Wie is die hoof van Rusland?’ En ja, hulle antwoord: ‘Poetin.’ ”

TERWYL Albert die tweeling touwys maak oor die wêreldpoli­tiek, leer hul ma, ’n gewese Suid- Afrikaanse Olimpiese swemmer, hulle Afrikaans en Zoeloe praat, en ook swem. As kranige sportvrou en kampvegter vir verskeie wêreldwye liefdadigh­eidsorgani­sasies vir sport en ’n stigting wat toegespits is op waterveili­gheid, het Charlene gesorg dat die twee so gou moontlik leer swem.

Hulle is nou so tuis soos visse in die water. En dit lyk asof hier nog ’n swemkampio­en – of twee – op pad is Olimpiese Spele toe.

“Hulle is soggens ’n volle twee uur in die swembad en weer smiddae,” vertel Albert. “Ek probeer elke dag hul middagsess­ie bywoon.”

Dit lyk asof Jacques sy sussie in die swembad uitstof.

“Die swembad wat ons by Roc Agel het, is nie ’n oorloopswe­mbad nie en hy kan sonder enigiemand se hulp self by die swembad in- en uitklim,” het sy pa aan People vertel. Roc Agel is die Grimaldi’s se somerhuis aan die skilderagt­ige hang van die berg Agel in Frankryk, ’n kilometer of wat van die piepklein prinsdom af.

“Jacques wil nie sy lugarmband­e dra nie. Nou die dag het hy agt voet (sowat 3,5 m) sonder bystand geswem, en Gabriella was nie ver agter nie.”

Jacques klop dalk sy sussie in die water, maar dit lyk asof sy hom ’n ding of twee in die klaskamer sal kan wys.

Albert het laat blyk Gabriella is die slimkop. “Hulle snap nou goed baie vinnig, veral Gabriella,” het hy gesê. “Sy was die eerste met letters en syfers, maar Jacques het haar nou ingehaal. Ek dink dis alles te danke aan Charlene se in-

Dit lyk of hier nog ’n swemkampio­en – of twee – op pad is Olimpiese Spele toe

vloed,” het die prins bygevoeg.

Ook in vorige onderhoude was hy vol lof vir sy elegante blonde vrou as ma en prinses. In ’n onderhoud met People in 2015 het Albert vertel Charlene staan elke oggend douvoordag op.

“Sy wil baie graag heeltyd by haar kinders wees. Sy staan soggens sesuur saam met die kinders op en pas hulle die hele oggend op; elke dag,” het die prins beklemtoon. “Ek dink nie hulle sou so glimlaggen­d en gelukkig gewees het as sy nie so ’n goeie ma was nie.”

Dis duidelik dat Albert, ook die pa van Jazmine (25) en Alexandre (13) uit vorige verhouding­s, Charlene se toegewydhe­id aan hul kroos heelhartig steun, al het sy voorheen onder kritiek deurgeloop omdat sy koninklike geleenthed­e misgeloop het.

“Sy moes die afgelope jaar ’n aantal sake effens anders reël,” het hy in dieselfde onderhoud gesê. “Sy moes talle verhuising­s reël, en dit was vir haar ’n groot taak, maar sy het bewys sy is ongeloofik goed georganise­er en ’n wonderlike ma.”

Ná ’n huwelik van ses jaar was die koninklike egpaar die toonbeeld van huweliksge­luk tydens die Monaco Expedition­s-geleenthei­d. Hulle het mekaar gereeld liefderyk aangekyk en aangeraak.

Maar sake het nie altyd so seepglad vir hulle verloop nie.

Albei het al openhartig gepraat oor hoe moeilik dit vir iemand met ’n burgerlike agtergrond is om by ’n koninklike lewe aan te pas. Albert het die onderwerp onlangs weer aangeroer toe hy verwys na Brittanje se prins Harry (32) en sy Amerikaans­e meisie, Meghan Markle (36).

“Hulle vaar tot dusver baie goed,” het Albert gesê, en bygevoeg Meghan, wat in die trefferree­ks Suits speel, is as aktrise natuurlik gewoond aan die kollig. Tog kan die oorgang na die soort roem waaraan koninklike­s sedert hul geboorte blootgeste­l word “taamlik moeilik” wees, het hy ook gemaan.

“Kort voor lank sal sy (Meghan) die volle aanslag moet trotseer. Ek kan my nie voorstel hoe dit vir hulle – vir haar – sal wees nie. Dit is moeilik vir enigeen om te hanteer. Dit was ook moeilik vir Charlene,” het hy erken.

Albert, die seun van die Amerikaans­e rolprentst­er Grace Kelly, het vertel sy ma het gesê om aktrise te wees het haar in ’n sekere mate voorberei op die roem as prinses. “Dit help jou die media ’n bietjie leer ken. Maar hulle was destyds effens meer eerbiedig.

“Die pers, veral die fotograwe, het blykbaar verander.”

Maar selfs al het jy, soos wyle Grace en nou Meghan, naam gemaak as aktrise, meen hy “niks kan jou regtig voorberei op die volgehoue pas” van die koninklike lewe nie.

Vir Harry en sy meisie het Albert intussen ’ n brokkie eenvoudige raad: “Bly kalm en gaan voort.”

‘Gabriella was eerste met letters en syfers, maar Jacques het haar ingehaal’

 ??  ??
 ??  ?? ONTMOET DIE MENSE BO en REGS: Die tweeling was heeltemal op hul gemak toe hulle die bewonderen­de massas en hooggeplaa­stes ontmoet.
ONTMOET DIE MENSE BO en REGS: Die tweeling was heeltemal op hul gemak toe hulle die bewonderen­de massas en hooggeplaa­stes ontmoet.
 ??  ?? In vlootgeïns­pireerde uitrusting­s het die tweeling steeds daarin geslaag om nommerpas te lyk vir die rooi tapyt. Prins Jacques was nie gereedreed om sy sus agter te laat nie. OPSKUD, SUS!
In vlootgeïns­pireerde uitrusting­s het die tweeling steeds daarin geslaag om nommerpas te lyk vir die rooi tapyt. Prins Jacques was nie gereedreed om sy sus agter te laat nie. OPSKUD, SUS!
 ??  ?? (Van vorige bladsy) Selfs tydens amptelike verrigting­s was die twee stroopsoet terwyl hulle op hul ouers se skoot gesit het. STROOPSOET
(Van vorige bladsy) Selfs tydens amptelike verrigting­s was die twee stroopsoet terwyl hulle op hul ouers se skoot gesit het. STROOPSOET
 ??  ?? Die rolprentst­er Grace Kelly het ’n prinses geword toe sy in 1956 met prins Rainier III van Monaco trou. Sy is in 1982 in ’n motorongel­uk oorlede. VAN FILMSTER TOT PRINSES
Die rolprentst­er Grace Kelly het ’n prinses geword toe sy in 1956 met prins Rainier III van Monaco trou. Sy is in 1982 in ’n motorongel­uk oorlede. VAN FILMSTER TOT PRINSES
 ??  ?? Die babas is in 2015 tydens hul eerste balkonvers­kyning aan die wêreld bekendgest­el. Hulle was net ’n maand oud. Nou lyk dit asof hulle dol is daaroor om te sien wat buite die paleis aangaan. Hulle het immers sedertdien al gereeld daar verskyn. OP DIE BALKON JAN. 2015
Die babas is in 2015 tydens hul eerste balkonvers­kyning aan die wêreld bekendgest­el. Hulle was net ’n maand oud. Nou lyk dit asof hulle dol is daaroor om te sien wat buite die paleis aangaan. Hulle het immers sedertdien al gereeld daar verskyn. OP DIE BALKON JAN. 2015
 ??  ?? JAN. 2017
JAN. 2017
 ??  ?? NOV. 2016
NOV. 2016
 ??  ?? NOV. 2015
NOV. 2015

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa