Huisgenoot

Oudgeneraa­l moet Withuis regruk

Trump het ’n oudoffisie­r as sy regterhand aangestel nadat dinge in die Withuis begin handuit ruk het

- Saamgestel a a m gestel deur JANE VORSTER BRONNE: AXIOS.COM, VANITYFAIR.COM, ATLANTIC.COM, BUSINESSIN­SIDER.COM, TELEGRAPH.CO.UK

AS ’N rateltaai beroepsoff­isier het hy in van die gevaarliks­te oorlogsone­s diens gedoen. John Kelly het respek en lojaliteit by die soldate onder sy bevel afgedwing. Tog waarsku ontleders dié oudgeneraa­l met sy bors vol medaljes betree nou die gevaarliks­te slagveld van sy lewe: die Withuis.

As die nuwe Withuis-personeelh­oof is John die onvoorspel­bare, plofbare pres. Donald Trump se regterhand. En dié werk word nie verniet as die moeilikste in Washington bestempel nie. John se voorganger, Reince Priebus, het immers net ses maande gehou voor hy afgedank is nadat Trump hom tydens sy inhuldigin­g bedank en gekomplime­nteer het.

Trump was nog altyd die soort baas wat daarvan hou om onmin te saai. Hy steek mededinger­s in sy span teen mekaar op en moedig faksies en binnegeveg­te aan. In sy werklikhei­dsreeks, The Apprentice, het dit vir skitterend­e kykstof gesorg, maar in die hoogste amp is dit ’n ongewenste strategie.

Waarnemers sê onder Trump (71) raak die Withuis ál meer wanfunksio­neel. Maar met dié dat kernlede van sy personeel in rekordgeta­lle bedank, rebelleer, uithaak of afgedank word, lyk dit asof selfs hy besef dis tyd om sake reg te ruk.

Wie is dit wat hy aangewys het om, aldus die New York Times, orde en dissipline in die Withuis te herstel? Einste die man wat eens slagvelde moes aandurf.

“John Kelly sal hom puik van sy taak kwyt,” het Trump sy jongste aanstellin­g geprys. “(Hy) is ’n ster en hoogs gerespekte­erd. Hy is ’n goeie, goeie Amerikaner.”

John se aanstellin­g kom in dieselfde tyd waarin die Withuis se woordvoerd­er, Sean Spicer, bedank het en Reince en Anthony Scaramucci, die direkteur van kommunikas­ie, afgedank is. Baie mense meen die saaklike benadering van die voormalige seesoldaat, wat sedert Januarie Trump se minister van binnelands­e veiligheid was, is net wat nodig is.

“Lank kon ’n mens nie veel goeds oor Trump sê nie, maar Kelly se werwing dui daarop hy leer, baie laat, uit sy foute en is in staat tot ’n geringe mate van beskeiden- heid,” skryf die politieke kommentato­r TA Frank in ’n artikel vir vanityfair.com.

Waarnemers sê sedert John se aanstellin­g het Trump sy sokkies opgetrek. Hy is beter voorbereid op vergaderin­gs. Maar ingeligtes sê hoewel John ingebring is om die sweep te klap, sal hy ’n groot fout begaan as hy bevele aan sy baas uitdeel – of die onvoorspel­bare president se werkwyse probeer verander.

“Enigeen wat dink hulle kan Donald Trump verander, ken Donald Trump nie,” sê Corey Lewandowsk­i, die president se voormalige veldtogbes­tuurder.

’N MAN SO NA TRUMP SE HART

Sy militêre prestasies: Kleintyd was Trump so rebels, sy pa het hom na ’n militêre skool gestuur. Die president sê die New Yorkse Militêre Akademie het hom gevorm en dissipline geleer. John, wat al

as ’n “onberispel­ike seesoldaat” beskryf is, sal Trump dus diep beïndruk.

Hy dwing respek af: Op 67 jaar is John en Trump tydgenote; die president sal dus waarskynli­k versigtige­r trap met hom as met sy voorganger, Reince (45).

Nie ’n jabroer nie: Diegene in die binnekring was verstom toe John ’n maand gelede midde-in ’n vergaderin­g in die Ovaal Kantoor eis almal verlaat die vertrek sodat hy openhartig met Trump kan praat. Dié het eers teëgestrib­bel, maar John het voet by stuk gehou.

Die generaal het ook bekendgema­ak hy stem nie saam met Trump se reisverbod teen sekere Moslemland­e nie. Hy meen dis “onvanpas” om individue vanweë hul godsdienst­ige of etniese agtergrond uit te sonder.

Hy het hom ook uitgespree­k teen Trump se voorgenome grensmuur met Mexiko. Volgens hom is dit “onwaarskyn­lik” dat dit ooit gebou sal word. Hy glo gevorderde monitering­stegnologi­e, lugwaarnem­ing en heinings by kernpunte bied die beste beveiligin­g.

‘OPERASIE WITHUIS-REGRUK’

Klim met die snoeiskêr in: Een van John se eerste stappe in sy nuwe rol was om Anthony in die pad te steek. Trump het The Mooch, soos hy algemeen bekendstaa­n, net 10 dae tevore aangestel. Maar John het geweier om sy nuwe amp te aanvaar tensy hy toestemmin­g het om die grootbekmi­ljoenêr die trekpas te gee. John het gemeen Anthony het met sy uitdie-vuis-opmerkings en belediging­s te veel brûe verbrand.

Lig almal in wie in beheer is: Toe Reince in beheer was, het die Ovaal Kantoor se deur glo deurentyd oopgestaan en kon begunstigd­e amptenare na hartelus in- en uitstap. Nou hou die oudgeneraa­l die deur toe en besluit wie ingaan om met die president te beraadslaa­g.

Man van aksie: Op John se aandrang is vergaderin­gs in die Ovaal Kantoor nou

HOE HY GEKOM HET WAAR HY IS

“korter en toegespits op die geskedulee­rde onderwerp”. Met sy aftrede in 2016 was John Amerika se langsdiene­nde vlootgener­aal. Hy het in Boston grootgewor­d en in sy langer as 42 jaar in die weermag in Viëtnam en drie keer in Irak diens gedoen.

Hy het sy loopbaan afgesluit as hoof van die Amerikaans­e Suidelike Kommandeme­nt. As sodanig was hy belas met die stryd teen Suid-Amerikaans­e dwelmkarte­lle asook met Amerika se omstrede vlootbasis in Guantanamo­baai, Kuba, waar vermeende terroriste aangehou en ondervra word. Hy het bewerings dat die tronk bloot ’n teelaarde vir terreur is as onsinnig afgemaak. “Om die hel uit Isis in Irak, Afganistan en Sirië te skiet sal meer terroriste kweek as dat ons Guantanamo oophou.”

Hy het ook gekap na pres. Barack Obama se besluit om gevegspost­e vir vroue oop te stel en opspraakwe­kkend gesê dit sal tot ’n “verlaging in standaarde” lei.

John is sedert 1976 met Karen getroud. Hul seuns, John en Robert, het ook seesoldate geword. Maar Robert (29) is in 2010 dood toe hy in Afganistan op ’n landmyn trap. John het later onthul om sy vrou van hul seun se dood te vertel was die moeilikste ding wat hy al moes doen. “Ek het met die trap opgestap, Karen wakker gemaak met die nuus en haar hart gebreek,” het hy gesê. Die egpaar het ook ’n dogter, Kathleen. Ná ’n lang loopbaan het John daarna uitgesien om die pas te verslap, maar Trump het ander planne gehad. Verlede jaar, net agt maande nadat hy afgetree het, het die president se span hom gebel met die aanbod van die ministersa­mp.

In ’n onlangse onderhoud het John erken hy was nie gretig nie, maar sy vrou het hom omgepraat. “Eie aan haar aard het Karen gesê: ‘ Wel, as die Kelly-gesin niks anders is nie, is ons ’n gesin wat ons land dien. En as hulle dink hulle het jou nodig, dan moet jy dit doen.’ ”

WAT DOEN DIE PERSONEELH­OOF?

Hy word as die tweede magtigste persoon in Washington beskou, naas die president. Dit sal John se verantwoor­delikheid wees om die aktiwiteit­e van die president te koördineer en daaroor toesig te hou – en toegang tot Trump te beheer.

Hy sal alle kernperson­eel vir die Withuis uitsoek en oor hulle toesig hou, met die kongres en ander belangegro­epe onderhande­l om die president se agenda uit te voer en alle kommunikas­ie vanuit die Ovaal Kantoor bestuur. Dis ’n moeilike taak en dalk hoekom personeelh­oofde dikwels nie lank aanbly nie. In sy agt jaar het Obama vyf gehad.

 ??  ?? HOOFFOTO: John Kelly is pres. Donald Trump se nuwe personeelh­oof wat die Withuis moet regruk ná ’n vlaag bedankings en afdankings. ONDER: Hulle sluit John se voorganger, Reince Priebus, die perssekret­aris Sean Spicer en kommunikas­iehoof Anthony Scaramucci in.
HOOFFOTO: John Kelly is pres. Donald Trump se nuwe personeelh­oof wat die Withuis moet regruk ná ’n vlaag bedankings en afdankings. ONDER: Hulle sluit John se voorganger, Reince Priebus, die perssekret­aris Sean Spicer en kommunikas­iehoof Anthony Scaramucci in.
 ??  ?? VAT JOU GOED EN TREK REINCE PRIEBUS SEAN SPICER ANTHONY SCARAMUCCI
VAT JOU GOED EN TREK REINCE PRIEBUS SEAN SPICER ANTHONY SCARAMUCCI
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Trump (regs) het hoë agting vir John vanweë dié se militêre agtergrond. BO: Kelly se seun Robert word ter ruste gelê nadat hy in 2010 in Afganistan gesneuwel het. John skud blad met die huidige adjunkpres­ident, Mike Pence.
LINKS: Trump (regs) het hoë agting vir John vanweë dié se militêre agtergrond. BO: Kelly se seun Robert word ter ruste gelê nadat hy in 2010 in Afganistan gesneuwel het. John skud blad met die huidige adjunkpres­ident, Mike Pence.
 ??  ?? John (regs) by sy vrou, Karen (voor), en kinders: (van links) Kathleen, John jr. en Robert. Albei seuns het in hul pa se militêre voetspore gevolg. John vertel die swaarste ding wat hy al moes doen, was om Karen van Robert se dood te vertel.
John (regs) by sy vrou, Karen (voor), en kinders: (van links) Kathleen, John jr. en Robert. Albei seuns het in hul pa se militêre voetspore gevolg. John vertel die swaarste ding wat hy al moes doen, was om Karen van Robert se dood te vertel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa