Huisgenoot

Familie van reusevoet-seun hoopvol

Weens ’n seldsame toestand is klein Nathan se linkervoet erg vergroot, en al ontbreek die geld om die voetjie te red, bly sy familie hoopvol

- Deur JANA VAN DER MERWE Foto’s: PAPI MORAKE

DIE blondekopp­euter lag uitbundig terwyl hy deur die vertrek hardloop. Met ondeunde blou ogies klouter hy oor die hondjies op die rusbankb en tot op ma Soné van Aswegeng se skoot. Van sy linkervoet­jie watw soos ’n groot, ronde bal lyk, is hyh oënskynlik salig onbewus.

“Snaaks, dis net wanneer hy stadigd loop dat hy sy balans verloor, nien wanneer hy hardloop nie,” vertelt lN Nathanth Ungerer se oumagrootj­ie Salie Kemp (78) terwyl sy toekyk. “Net gisteraand het hy sy oog potblou gestamp.” Die 15 maande oue seuntjie van Roodepoort aan Gauteng se Wes-Rand is met die seldsame Milroy se siekte, oftewel limfedeem, gediagnose­er. Dié oorerflike toestand veroorsaak dat limfvloeis­tof in sy voet opgaar. (Sien die kassie.)

Soné (18) vertel die sonarskand­erings tydens haar swangerska­p het niks verklap nie. Dit was dus vir haar ’n skok toe sy ná Nathan se geboorte in die Netcare Krugersdor­p-hospitaal sien al die tone aan sy linkervoet, buiten die kleintoont­jie, is geweb en vas aan mekaar. “Ek het paniekerig die dokter laat kom, maar hy het gesê dis niks om oor te stres nie; ons moes Nathan oor ses maande weer bring.” Hy het aanbeveel Nathan begin so gou moontlik arbeidster­apie ondergaan en word eerder gouer as later geopereer.

Tuis het sy gou agtergekom haar baba se voet swel by die dag groter. Toe hy op 12 maande begin loop, was hy baie onvas op sy voete en het maklik gestruikel.

Deesdae dra hy sokkies vir kleuters van 12 tot 16 maande aan sy regtervoet, maar aan sy linkervoet vir 18 tot 36 maande.

Nathan se ouma Selona van Wyngaard (47) sit langs die knapie en sy ma op die rusbank. Sy verduideli­k as hy nie ’n operasie ondergaan om onder meer die beentjies te verkort nie, sal die voet afgesit moet word.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om sy voetjie te red,” benadruk sy terwyl sy haar kleinkind se balvoet saggies op haar hand laat rus.

BEDAGS versorg Salie haar agterklein­kind. Soos kleingoed maar maak, slof hy graag in haar pantoffels. “Maar hy kan nie sy linkervoet inpas nie,” vertel sy. “Weet jy, klein

Nathan kon nog nooit skoene dra nie.”

Ja, beaam Soné. Dis vir haar baie sleg. “Ek stap soms verby die oulikste handelsnaa­m-tekkies in die winkels . . .” Hy kon ook nie babapakkie­s dra nie en enige broek se linkerpyp moet verstel word om oor die voet te kom.

Drie tot vier maande ná sy geboorte het hulle hom vir arbeidster­apie begin neem. Hy het ook spesiale kouse begin dra in die hoop dat dit die swelling sou verminder. Maar als verniet. In Januarie is Milroy se siekte by hom gediagnose­er.

Van nader bekyk, lyk Nathan se tone soos ballonne. Rou wonde het gevorm waar die toonnaels ingroei. “Dis moeilik om te knip en ons bedek die seerplekke met antiseptie­se salf en watte,” verduideli­k Selona. “Soms is sy voetjie baie rooi en ’n mens kan sien hy het pyn, veral wanneer dit koud is.”

Hy moet dringend ’n MRI-skandering ondergaan om die weefsel in die voet te bekyk om vas te stel van waar in sy liggaam die limfvloeis­tof na die voet lek en of dit ’n groeisel kan wees. Dit sal ook uitsluitse­l gee of die aanvanklik­e diagnose reg was. Hulle was al by drie staatshosp­itale vir die skandering, maar elke keer is hulle vertel die skandeerma­sjiene is stukkend. Die Charlotte Maxeke-hospitaal het intussen aan hulle bevestig hul skandeerde­r werk weer en hulle sal Nathan hopelik binnekort kan help.

Die grootste bekommerni­s is dat Nathan en sy ma nie tot ’n mediese fonds behoort nie en daar nie geld is vir privaat behandelin­g nie. En die allerbelan­grike operasie? Selona vertel w anneer die MRI vasstel wat binne die voet aangaan, sal die operasie gedoen kan word om onder meer die vergrote voet te verklein, die vergroeide beentjies in die voet te verkort en die toontjies te rekonstrue­er. ’n Ortopedies­e chirurg van die Wilgeheuwe­l-hospitaal het bevestig hy kan die prosedure doen, maar dit sal meer as R120 000 kos. Dit sluit narkose, teaterkost­e en die chirurg se fooi in.

Maar geld vir die operasie is daar nie. “Sommige mense veroordeel ons en vra hoekom Nathan dan nie op ’n mediese fonds is nie. Maar Soné het nie met sy geboorte tot ’n fonds behoort nie. En toe ons hom wel wou laat aansluit, wou die fonds hom weens sy toestand nie aanvaar nie,” sê Selona.

Soné was in gr. 10 toe sy swanger raak. Nathan se pa is jonk en boonop werkloos. Selona en Soné doen admini- stratiewe werk vir haar stiefpa se prokureurs­firma.

Die familie ondersoek ander maniere om vir die operasie te betaal. Selona vertel hulle is baie dankbaar teenoor die hulpverlen­ingsorgani­sasie Child Medi, wat help geld insamel.

Amor Schoeman van Child Medi vertel hulle het betrokke geraak toe ’n vriend van die familie hulle oor Nathan inlig. “Ons doen die werk uit liefde vir kinders.”

NATHAN het nog nie ’n oomblik stilgesit terwyl ons praat nie. “So gaan dit heeldag aan,” vertel Salie.

Dan moet gekeer word toe hy met die televisies­tel se kabels peuter en die melktert op die eetkamerta­fel probeer bykom. “Is jy nou weer besig om stout te wees,” vra Salie en tel hom op. Hy raak rustig terwyl Selona hom melktert voer. “Met sy eetlus skort niks; dit kan ek julle verseker,” sê sy.

Ondanks alles bly hulle moedig, sê Selona. “Hierdie outjie lag baie meer as wat hy huil. Ons het soveel om voor dankbaar te wees.” Haar oë volg hom terwyl hy buitentoe hardloop. Tydens ons besoek het hy nog nie een keer geval nie.

“Ons het nog altyd hoop gehad,” beaam Soné haar ma se woorde. Sy voeg by sy wil baie graag volgende jaar haar skoolloopb­aan voltooi.

“Dit is soms stresvol en frustreren­d,” vertel die jong ma oor haar kind se toestand. Dan herhaal sy: “Maar ons hou moed.”

Dalk kan sy tog eendag vir Nathan ’n paar windmaker-tekkies koop.

 ??  ?? HOOFFOTO: Klein Nathan Ungerer van Roodepoort ly aan die seldsame Milroy se siekte, wat ver-veroorsaak dat limfvloeis­tof in sy linkervoet opgaar. BO: Met sy geboorte op 4 April 2016 het sy ma reeds opgemerk daar is ’n probleem met sy linkervoet­jie.
HOOFFOTO: Klein Nathan Ungerer van Roodepoort ly aan die seldsame Milroy se siekte, wat ver-veroorsaak dat limfvloeis­tof in sy linkervoet opgaar. BO: Met sy geboorte op 4 April 2016 het sy ma reeds opgemerk daar is ’n probleem met sy linkervoet­jie.
 ??  ?? Die moedige Nathan op sy jong ma, Soné van Aswegen, se skoot. Links is sy ouma Selona van Wyngaard en regs sy oumagrootj­ie Salie Kemp.
Die moedige Nathan op sy jong ma, Soné van Aswegen, se skoot. Links is sy ouma Selona van Wyngaard en regs sy oumagrootj­ie Salie Kemp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa