Huisgenoot

Vyfde vrou oor André P se laaste ure

André P. Brink se vyfde vrou vertel in haar memoires van die skok, paniek en trauma op die nagmerriev­lug toe haar man oorlede is

-

HUL romanse het die tonge laat klap, want toe hy sy vyfde vrou, Karina Szczurek, ontmoet, was André P. Brink 69 en sy 27. Hul paaie het in Desember 2004 gekruis op die lughawe in Wene, Oostenryk, waar Karina hom gaan haal het om hom op ’n treinrit na Salzburg te vergesel om ’n simposium aan die universite­it toe te spreek.

“Noem dit toeval. Ek noem dit lotsbestem­ming,” skryf sy in haar memoires, The Fifth Mrs Brink, oor haar eerste ontmoeting met die Suid-Afrikaanse skrywer met wie sy 18 maande later sou trou.

Die Pools gebore Karina, ’n skrywer, redakteur en boekresens­ent, was aan sy sy toe André (79) in Februarie 2015 skielik op ’n vlug tussen Amsterdam en Kaapstad weens ’n bloedklont in sy been sterf. Sy vertel daarvan in haar outobiogra­fie.

HY WAS ontsettend koud. Ek het die vlugkelner­in ekstra komberse gevra en my eie jas uitgetrek en oor hom gegooi. Sy hand het ’n rukkie lank ysig gebly, maar toe voel ek die warmte geleidelik daarin terugsypel terwyl ek dit vashou en streel terwyl hy slaap.

Ons moes daardie dag baie vroeg opstaan in Brussel om die aansluitin­gvlug na Amsterdam te haal en toe die vlug huis toe. (Hulle was in België, waar André in sy rolstoel ’n eredoktors­graad van die Katolieke Universite­it in Louvain-laNeuve ontvang het.)

Daar was ’ n maaltyd – middagete neem ek aan – en toe ons laaste behoor- like gesprek, wat geëindig het met André wat vra dat ek vir hom sjokolade moet hou wanneer hulle ná nagereg met die boks omkom, soos hulle aan boord van KLM maak.

Ek het André help regmaak om te slaap en toe gekyk wat die vermaakste­lsel bied. Ek het die rolprent This Is Where I Leave You gekyk. Dit titel en die inhoud – ’n familie kom bymekaar vir hul pa se begrafnis – is steeds vir my onthutsend wanneer ek daaraan dink in die konteks van wat sou volg. Onheilspel­lender nog was waarna ek volgende geluister het.

Ek was nie lus vir nog ’n fliek nie en die meeste van die musiek het nie in my smaak geval nie. Maar ’n program oor Justin Timberlake het my aandag getrek en ek het besluit om dit te beproef. Ek was nooit ’n aanhanger van hom nie. Ek sou toe nie veel titels van sy liedjies kon uitken nie, maar die tweede of derde snit het in my kop vasgesteek. Toe druk ek die terugspoel­knoppie en luister weer. Cry Me a River. Spoel terug. Weer. Cry Me a River. Op herhaal. ’n Baie lang tyd.

André het geroer en wakker geword. Hy het my gevra om hom te help opstaan om toilet toe te gaan. Die meeste van sy komberse was steeds oor hom, en dit het ’n ruk geduur om hom los te woel. Ons het na die hokkie gegaan, wat veels te klein vir ons twee was, en André het baie pyn verduur.

Ek het geweet ek maak hom seer. Ek weet hy het gely. Dit was onmoontlik om in daardie beknopte ruimte te doen wat ons moes doen en lyding te vermy. Ons was albei gespanne en uitgeput.

Ek dink alles wat daarna gebeur het, is tydens daardie uitstappie na die toilet ontketen. Ek het André na sy sitplek net oorkant die gangetjie gehelp en is gou terug toilet toe om ons sakke te gaan haal. Terug by die sitplek het ek onmiddelli­k besef iets skort.

André het moeilik asemgehaal. Hy het na asem gesnak en daar was vrees in sy oë. Ek het dadelik die vlugkelner geroep. Ons het almal geweet dit is ernstig. Die aankondigi­ng is gemaak om ’n dokter te soek.

Ek het langs André se sitplek bly staan, sy hand vasgehou, sy gesig gestreel, probeer oogkontak maak en hom verseker hulp is op pad; dat ek daar is, dat ek hom nie alleen sal los nie. Hy het nog moeiliker begin asemhaal. Daar was paniek op sy gesig. Myne moes ook vol daarvan gewees het.

Ek het nog nooit voorheen ’n mens sien sterf nie, maar op die een of ander manier van iewers diep binne tree ’n instink in werking en jy weet. Ek het geweet. Ek het geweet ons sou om sy lewe veg, maar ek het ook aangevoel ons sou verloor. Ek het sy gesig vasgehou. Ek is hier, het ek gesê. Ek het jou lief. Ek het jou so lief. En ek het hom vaarwel gesoen.

DIE dokter het opgedaag met ’n verpleegst­er by hom. Net ’n paar minute het verloop vandat ons na ons sitplekke teruggekee­r het. Later het ek uitgevind Marina is ’n Suid-Afrikaner wat in Nederland woon, met jare lange verpleegon­dervinding. Sy was op pad om by familie te kom kuier.

Simon is ’n professor in geneeskund­e aan Harvard en was op reis om sy skoonpa te besoek. Ons kon skaars ’n meer gekwalifis­eerde en, die heel belangriks­te, meer goedhartig­e span mediese praktisyns gevra het om ons in ons vreesaanja­endste oomblik te help.

Met die hulp van die personeel het hulle vinnig aan die werk gespring om André se lewe te probeer red. ’n Vlugkelner uit die ekonomiese klas het kom help. Paul. Soos my ma het hy ondervindi­ng as fisioterap­eut en het al met mense en die familieled­e in moeilike situasies te doen gehad. Terwyl die ander na André omgesien het, het hy by my gesit en al die regte goed gesê.

Die kaptein het my kom verseker hy sou doen wat die dokter ook al wil hê. As dit ’n noodlandin­g was, sou hulle land. Paul het kalm en sag met my bly praat. In ’n stadium het hy my hand vasgehou.

Ek bewonder hom daarvoor dat hy al daardie trooswoord­e gevind en al die regte vrae gestel het. Hy het my aan die praat gehou deur die verbysteri­ng, deur die trane. Ek is nie seker of hy alles gehoor het wat ek gesê het nie. Dit het vir my gevoel ek fluister heeltyd.

Ek onthou nie wie my gesê het André is dood nie. Ek dink dit was Simon, maar is nie seker nie. Wie dit ook al was, het net bevestig wat ek reeds in my hart geweet het.

Ek het nooit tevore ’n dooie mens gesien nie. Maar dit was my André; daar was geen vrees nie. Ek het langs hom gekniel, hom omhels, hom weer gesoen. Op die lippe; op sy ooglede. My wang teen sy stil hart.

Sy liggaam is na een van die synisse van die vliegtuig verskuif. Veiligheid­sregulasie­s het ’n lyksak vereis. ’n Gordyn is toegetrek. ’n Lang tyd het ek daar naby gesit, saam met Marina, Simon, Paul en Jo, die vlugkelner wat gehelp het om hom te probeer bybring en André in sy laaste oomblikke vasgehou het, wat my met hul goedhartig­heid getroos het.

Simon en Marina het my gesê hulle het alles gedoen wat hulle kon om André te red, maar in hul ervaring sou niemand, op enige plek, hom kon red nie. Hulle het terminolog­ie gebruik wat baie min vir my beteken het. Ek onthou die woord “massiewe”. Ek onthou hul goeie sorg.

Daar is oomblikke wanneer party mense hul volle potensiaal bereik, die beste is wat hulle kan wees, en al daardie mense het dit vir ons gedoen. Ons, ek, kon niks meer gevra het nie. Hulle was daar op maniere wat my in die goedheid van mense laat glo.

Ons het oor Brazzavill­e (die hoofstad van die Republiek van die Kongo) gevlieg toe dit gebeur. Ek het gedink hoe gepas, bo Afrika, bo die enigste land in hierdie gebied wat ons saam besoek het, tussen Europa en die plek wat André as sy enigste ware tuiste beskou het, Kaapstad.

EK HET geweet André was nooit gewoon nie. Hy het alles op sy eie manier gedoen. Hy het ook op sy eie voorwaarde­s gesterf, vinnig en sonder ’n uitgerekte lyding – soos hy dit wou gehad het. Hy was nie alleen nie; die mens wat hom die meeste ter wêreld liefgehad het, was by hom in daardie laaste oomblikke van sy lewe.

Ek kan net hoop dat wanneer my tyd aanbreek ek net so gelukkig sal wees.

In ’n stadium het ek na my horlosie gekyk. Dit was sesuur die aand, ’n Vrydag. Maar ek weet nie of ek toe al my horlosie na plaaslike tyd teruggeste­l het en of dit steeds op Sentraal-Europese tyd was nie. Ek weet ek het baie koppies kamilletee gedrink. Dalk ’n whisky of brandewyn ook. Ek weet een is my aangebied. Ek weet net nie wat my antwoord was nie, of ek een gedrink het nie.

Die vlugkelner­s het met my gesimpatis­eer. Medepassas­iers het saggies aan my skouer kom vat; sagte woorde gesê. Ek weet iemand het my ’n drukkie gegee. Of dalk wou ek net ’n drukkie gehad het? Ek onthou nie. Almal was baie vriendelik, vol respek.

Ek is toegelaat om ’ n satellietf­oonoproep uit die stuurkajui­t te maak. Ek het tussen die vlieënier en die medevlieën­ier gesit en die nommer gebel wat ek in my hart geweet het reg is. Ek kon my net een plek voorstel waarheen ek daardie nag kon gaan.

Ek moes twee keer bel, maar het deur- gekom en moes vir die eerste keer ’n nuwe taal praat, ’n taal wat toelaat dat die onmoontlik­e in een sin vervat word, die woorde “André” en “dood” tussen ’n hoofletter en ’n punt saam laat bestaan.

Toe ek die foon neersit, het ek opgekyk. Ons het deur ’n melkerige wolk gevlieg. Ek het niks anders gesien nie.

Ek onthou ek het agterna na die vlugkaart gekyk en die strokiespr­entvliegtu­ig in die rigting van Kaapstad sien beweeg. Verligting het in my opgewel dat ons huis toe gaan, dat wanneer ek in die ergste uur van my lewe land dit nie op vreemde bodem sal wees nie. Ek het soos nooit tevore nie in my gebeente gevoel waar my wortels lê, waar my hart begrawe is. Waar my huis is.

ANDRÉ het nooit sy sjokolade gekry nie. Ek ook nie. Aan die einde van die vlug het die vlugkelner­s die passasiers in die besigheids­klas die tradisione­le Nederlands­e huisies vol jenewer aangebied. André was dol

Ek het langs hom gekniel, hom omhels, hom weer gesoen

daaroor en trots op sy versamelin­g. Hy het gewoonlik wanneer hy op reis gaan ’n lys van dié wat hy reeds het, saamgeneem sodat hy ’n nuwe nommer by die Huisgracht in ons kombuis kon voeg. Ek het nie geweet waar die lys was nie. Ek het na die huise gekyk. Hulle het vriendelik gesê ek moet soveel neem as wat ek wil. Nommer 62 het my oog gevang. Ek het dit huis toe geneem om by die ander aan te sluit. 6, 2 – 6 Februarie (André se sterfdatum).

Vir die landing het ek op André se sitplek gesit; Paul langs my. Hy het met my bly praat. Ek het ons goed ingepak wat om die sitplekke gestrooi was. Iewers het André se bril agtergebly, maar ek het dit eers later agtergekom. Die oomblik toe ons by die hek stilhou, het ek Krystian (haar broer) laat weet wat gebeur het.

Hy het verslae teruggeskr­yf. Toe wag ons almal. Sowat vier uur het verloop vandat André dood is. ’n Spesiale konvooi het van die oorkant van die hek na die vliegtuig gekom. Dit alles het ’n ruk geduur, maar die passasiers het geduldig in hul sitplekke bly wag. Dit ligte is gedoof. Dit was stil. Ek is innig dankbaar vir die respek wat elke liewe mens op ons vlug betoon het.

Mediese personeel het aan boord gekom en André se lyk op ’n draagbaar getel. Ons het die vliegtuig verlaat. ’n Ambulans het ons kom haal. Daar is ’n klein kliniek op die lughawe in die lang gang tussen die hoofsaal en die internasio­nale aankomssaa­l. Ons is daarheen geneem.

Erika en Kobus (goeie vriende) het al vir ons gewag. Ek het hulle nog nooit so ontsteld gesien nie. Hulle het my omhels en die volgende, kritieke 24 uur die enigste veiligheid­snet geword wat keer dat ek ineenstort. Met hul hulp en die bystand van die lughawe se mediese personeel het ons reëlings vir die nag begin tref.

Die draagbaar is ’n syvertrek binnegesto­ot waar ek tussen foonoproep­e deur langs André kon gaan sit. Hulle het hom in ’n sagte wit katoenlap toegedraai wat vir my vertrooste­nd was om aan te raak. Ek het sy toegedraai­de lyf vasgehou en hom herhaaldel­ik aangeraak en gesoen. Ek het geweet mense van die begrafniso­nderneming sou hom kom wegneem. Dit was vir my onmoontlik om hom te laat gaan. Intussen moes ek die een besluit ná die ander neem. Iemand het verduideli­k as ons nie ’n dokter kry wat bereid is om die doodsertif­ikaat in Suid-Afrika te onderteken nie, sou daar ’n ondersoek moes wees en ’n lykskouing uitgevoer word om die oorsaak van sy dood te bepaal. Ek het vir die mens ons gunsteling­dokter se noodfoonno­mmer gegee. Hy het almal verseker hy sou doen wat ook al nodig is.

Erika het lugtyd op my foon gelaai en ek het die pynlikste oproepe van my lewe begin maak om die tyding aan André se kinders oor te dra dat hul pa op ons terugvlug oorlede is. Teen die tyd dat die nuus amptelik wêreldwyd begin versprei het, het ons genadiglik al met die mense naaste aan die familie gepraat.

Teen middernag het twee mans van die begrafniso­nderneming André kom wegneem. Hulle het gevra ek moet waar- devolle items van sy liggaam verwyder.

Sy trouring, horlosie. Ek moes dokumente onderteken en is ’n visitekaar­tjie gegee met ’n nommer om die volgende oggend nog reëlings te tref. Ek het dwarsdeur die beproewing gehuil.

Die meeste van die beelde in my kop van die lughawe is wasig. Ek sukkel om die volgorde te onthou waarin alles gebeur het.

Kobus het ons met ons vertrek lughawe toe geneem. In België het ons onthou hy het gepraat oor die “woesj”-klank wat die vlugkelner­inne se kouse maak wanneer ’n groep van hulle verbyloop. Die opmerking het ons geamuseer en ons het ’n paar keer op die reis daarna verwys. Ek het weer daaraan gedink toe ek op die agtersitpl­ek van hul Land Rover sit met Erika en Kobus voor, en ons bagasie en André se rolstoel agterin.

Dit was lank ná middernag toe ons uitry na die huis waar hulle toe naby Stellenbos­ch gewoon het. Erika het tee gemaak; vir my badwater ingetap; ’n bed reggekry.

Terwyl ek geskok saggies in hul groot bad lê en huil het, het ek skielik gevoel ek is nie alleen in die vertrek nie. Ek het van ’n baie sterk ander teenwoordi­gheid langs die bad bewus geword – onsigbaar, maar tasbaar; intens. Dit het my ontsenu. Ek het my afgedroog; uitgestap.

Daardie nag het ek skaars, indien enigsins, geslaap. My oë het nooit droog geword nie. In daardie oomblikke kon ek nog die nagte dat ek en André in SuidAfrika van mekaar weg was op een hand tel. Rusteloosh­eid het my oorweldig, maar die blote gedagte om te beweeg was te veel vir my.

Vroegoggen­d het ek nog boodskappe begin uitstuur om soveel moontlik familieled­e en vriende te bereik voor die nuus in die media sou verskyn. My vermoede was reg dat dit binne ’n kwessie van ’n paar uur sou wees. Ek het die woorde getik, want ek kon dit nie uiter nie.

Binne minute het meegevoel en welwillend­heid na my foon begin terugstroo­m. En ek het geweet ek sou nie alleen rou nie.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: In 2004 het die oë gerek toe André P. Brink en die veel jonger Karina M. Szczurek se verhouding aan die lig kom. LINKS: Die skrywer is in 2015 aan boord van ’n KLM-vlug oorlede.
HOOFFOTO: In 2004 het die oë gerek toe André P. Brink en die veel jonger Karina M. Szczurek se verhouding aan die lig kom. LINKS: Die skrywer is in 2015 aan boord van ’n KLM-vlug oorlede.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Karina sê André was die liefde van haar lewe. REGS: Hy het twee keer die kortlys vir die gesogte internasio­nale Bookerprys gehaal.
LINKS: Karina sê André was die liefde van haar lewe. REGS: Hy het twee keer die kortlys vir die gesogte internasio­nale Bookerprys gehaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa