Huisgenoot

Wenke om jou grimering te verwyder

Laat jou vel asemhaal met verfrissen­de grimeringv­erwyderaar­s

- Deur NTHABISENG MAKHOKHA eer ple er dro

LIPPE

Langdurend­e en mat lipstiffie is soms moeilik om te verwyder. Die tegnologie daarvan is geskep om alles te deurstaan wat jy bedags met jou lippe doen. Soms verg dit ’n paar ligte vrywe met ’n grimeringv­erwyderaar wat matig maar sterk genoeg is om hardnekkig­e lipstiffie te verwyder. Jy kan ook petroleumj­ellie oor die lipstiffie aanwend voor jy dit verwyder. Vee dit dan af met grimeringv­erwydering­slappies of watte wat met grimeringv­erwyderaar deurweek is. Bevog jou lippe dadelik daarna met lipsalf of petroleumj­ellie om dit gehidreer te hou.

Gesigvel is baie delikaat, maar dié om die oë is selfs dunner en broser. Ooggrimeri­ngverwyder­aars word spesifiek geformulee­r om die vel om die oë te versorg. En omdat jy min moet vryf, los die grimeringv­erwyderaar die grimering aan die oë op sonder dat jy te veel werk hoef te doen. Om die grimering doeltreffe­nder te laat oplos, week watte of ’n wattekussi­nkie met ooggrimeri­ngverwyder­aar en hou dit ’n paar sekondes oor die oog. Vee dan met so min drukking moontlik met die watte oor die oog. Herhaal dié stap om van die oorblywend­e grimering ontslae te raak.

GESIG

Grimering dring binne tot in die vel se porieë, en as dit nie behoorlik verwyder word nie, kan dit verstop en probleme veroorsaak, soos swartkoppi­es en vergrote porieë. Grimeringv­erwyderaar­s word saamgestel om die grimering van die vel te help verwyder en dit terselfder­tyd te bevog. Maar omdat elkeen se vel anders is, is dit toelaatbaa­r om jou gesig met ’n matige reiniger te was nadat jy jou grimering verwyder het om ander vuiligheid van jou vel te verwyder as jy voel dit is nodig. Wanneer jy grimering verwyder, moenie meer as drie keer oor dieselfde plek vee nie, want dit kan die vel irriteer en dit rooi of droog laat raak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Bionike Defence Two-Phase Lotion Eye Make-up Remover R129,95
Bionike Defence Two-Phase Lotion Eye Make-up Remover R129,95
 ??  ?? Nivea 3-in-1 Cleansing Wipes for Face, Eyes and Lips R48,95
Nivea 3-in-1 Cleansing Wipes for Face, Eyes and Lips R48,95
 ??  ?? Eucerin Der- mato Clean Eye Make-up Remover R109
Eucerin Der- mato Clean Eye Make-up Remover R109
 ??  ?? Clicks Cotton Cosmetic Oval Pads R45,95
Clicks Cotton Cosmetic Oval Pads R45,95
 ??  ?? Cetaphil Cleansing Cloths R99,75
Cetaphil Cleansing Cloths R99,75
 ??  ?? Almay Longwearin­g & Waterproof Gentle Eye Makeup Remover R199
Almay Longwearin­g & Waterproof Gentle Eye Makeup Remover R199
 ??  ?? Clarins Gentle Eye Make-up Remover for Sensitive Eyes R295
Clarins Gentle Eye Make-up Remover for Sensitive Eyes R295

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa