Huisgenoot

Daarom was Usain Bolt so besonders

Usain Bolt, die vinnigste man ter wêreld, is klaar gehardloop. Ons kyk wat hom so spesiaal gemaak het

- Saamgestel deur SANDY COOK

VIR oulaas wou die vinnigste man op aarde die skare verstom met ’n vertoning wat reg sou laat geskied aan sy bynaam, “Lightning’’ Bolt. Maar pleks daarvan om vir die soveelste keer in sy roemryke loopbaan goud in te oes, moes Usain Bolt in die laaste wedloop voor sy aftrede tevrede wees met ’n bronsmedal­je in die 100 m, sy laaste individuel­e nommer op die Wêreldkamp­ioenskapsb­yeenkoms in Londen. Die Kanadees Justin Gatlin, wat al daaraan skuldig bevind is dat hy verbode opkikkers gebruik het, het eerste oor die wenstreep getrek met ’n tyd van 9.92 sek., teenoor Usain se 9.95. Tog het die aand steeds aan die reus van die atletiekba­an behoort. Met die Jamaikaans­e vlag omhoog gehou, het Usain (30) onder luide toejuiging ’n oorwinning­srondte om die baan in die stampvol stadion gehardloop.

Nog net 124 mans kon al in die geskiedeni­s die 10 sek.-grens in die 100 m oorsteek. Onder hulle staan Usain, wat met skoliose gebore is, kop en skouers uit. Hy het die 100 m die afgelope dekade oorheers en ’ n driedubbel­e driekuns behaal deur die Olimpiese 100 m, 200 m en 4 x 100 m-aflos drie opeenvolge­nde kere te wen. Hy het boonop ’n wêreldreko­rd in die 200 m opgestel.

Wat gaan hy doen noudat hy sy spykerskoe­ne gebêre het? “Dit gaan moeilik wees,” het Usain voor die wedloop in ’n onderhoud gesê. “Atletiek is vir my alles. Ek doen dit al vandat ek 10 was. Dis ’n adrenalien­inspuiting. Ek dink ek gaan vir ’n veranderin­g sokker speel, ’n ander soort inspuiting kry. Ons sal sien waarheen die lewe my neem. Ek sal dalk begin toneelspee­l, ’n paar aksiefliek­s maak.”

Usain as ’n aksiefliek­held! Ons hou julle op die hoogte.

‘Dit was ’n wonderlike loopbaan en ek het alles gedoen wat ek wou. Dit kom nou tot ’n einde en vir my is dit piekfyn’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa