Anoreksie bly haar lewensvonnis
Madeleine sê sy voel goed wanneer mense na haar kyk en hul oë rek
DIE jong vrou voor ons lyk die ene vel en been. Haar dun polse lyk broos, asof ’n mens dit tussen jou hande kan breek. Sy staan 1,76 m in haar sokkies, maar weeg net 55 kg. Maar vra ’n mens haar of sy maer voel, sê sy: “My liggaam is vet.”
Dis nie dat Madeleine Barnard (37) nie weet sy het ’n probleem nie. Sy leef al 22 jaar saam met die eetsteuring anorexia nervosa en gesels vandag met ons omdat sy ander wil waarsku: Hierdie obsessie met gewigsverlies is “nie die moeite werd nie”. Maar oor haarself sê sy: “Die siekte is ek, ek, ek. Dit gaan daaroor dat ’n mens aandag wil hê. Mense kyk vir jou, en dis aandag.”
Haar verhaal het mense onlangs soos ’n vuishou in die maag getref toe sy dit met Netwerk24 deel. “Ek het ’n swak selfbeeld en weet mense kyk eerste na die uiterlike; daarom wil ek so maer wees.
“Wanneer mense na my kyk en hul oë rek,r is dit ’n goeie gevoel. Al is dit nie goeie aandag nie, is dit steeds aandag,” het sy aan Netwerk24 vertel.
Die storie is wyd gedeel, en nou wonder mense opnuut: As iemand soos Madeleine floreer op die aandag wat sy weens haar anoreksie kry, hoe moet ’n mens dan optree teenoor iemand met anoreksie as jy hulle werklik wil help? Kan jou aandag of woorde skade doen of die probleem vererger? Moet jy soms liewer swyg as om iets te sê?
Tydens Huisgenoot se besoek aan Madeleine in haar tuinwoonstel in Krugersdorp, sit sy met haar hande meestal roerloos in haar skoot vervleg. Haar gesig en stem verklap min emosie.
“Ek het liggaamlik en geestelik min energie. Ek voel nie net fisiek moeg nie; ek voel ook sielsmoeg. Jou kop is ook moeg,” verduidelik sy.
As 15-jarige skoolkind het seuns haar “vettie” genoem. Sy het toe sowat 80 kg geweeg en begin dieet en touspring. Mettertyd het haar obsessie met maer wees haar liggaamlik en geestelik afgetakel. In die verlede het sy sielkundige hulp gekry, “maar die anoreksie is psigies nog daar. Ek was nog nooit skaam daaroor nie; ek is amper trots daarop.”
Selfs al waarsku mense haar sy sal doodgaan? “Dan antwoord ek dat ek ten minste maer sal doodgaan.”
Een so ’n mens was haar oorlede ma, Louise Barnard. “My ma het gesê: ‘ ’n Doodsreuk hang aan jou.’ Selfs dit het my nie tot inkeer gebring nie.” Dit was in 2010, terwyl sy net 35 kg geweeg het.
“Nee, ek was nie in enige hospitaal nie en fisiek was niks fout nie. Ek het wel ophou menstrueer, en dis vandag nog ’n probleem.” Haar ma is in 2015 weens borskanker oorlede.
‘My ma’t gesê: “’n Doodsreuk hang aan jou.” Selfs dit het my nie tot inkeer gebring nie’
Al waaroor sy spyt is, vertel sy, is wat haar toestand aan haar oorlede ouers en sussie gedoen het. “Hulle het hulle heeltyd oor my bekommer.”
Madeleine se pa is jare voor haar ma oorlede en sy wil nie haar suster identifiseer nie.
Sielkundiges het al vir haar gesê sy sal net beter word as sy wil. “Maar ek wil nie.” Sy wil net hê ander moet leer uit haar lewe. “Ek het my hele lewe opgeneuk, en vir wat?”
IN Madeleine se slaapkamer vang die pienk Hello Kitty-kombers en -plastiekhouer jou oog. “My sielkundige het gesê ek is in ’n sekere mate emosioneel nog 15 jaar oud,” verduidelik sy. “Ek het op 37 vir die eerste keer in my lewe ’n man gesoen, maar ek is onlangs ná ses maande afgesê.”
Sy het laas sielkundige hulp gekry vir haar anoreksie en depressie toe haar ma nog geleef het. Maar sedert haar ma se dood is daar nie meer geld vir berading of ander hulp nie. Sy behoort nie tot ’n mediese fonds nie en werk as au pair vir die egpaar in wie se tuinwoonstel sy woon.
“My ouers het altyd vir my gesorg. Ek het nie die selfvertroue om te werk nie. Sodra ek volwasse moet wees, keer ek terug na anoreksie; dis my toevlug.” Behalwe die gespot op skool, meen s sielkundiges sy het depressie ontwikkel nadat haar ma in 1995 velkanker gekry het. Haar ma het die velkanker o oorwin, maar toe kom borskanker. In Madeleine se yskas is net ’n paar s snye brood, ’n boksie melk, ’n 2 L-dieetk koeldrank en ’n potjie mosterd. Oor h hoeveel sy eet, wil sy nie praat nie. “Jy word honger en lus vir goed, maar e ek sal nie eet nie. As jy ingee, is jy swak.” Eens het sy haarself “10 keer per dag” ge geweeg. “Nou vermy ek die skaal. Om te w weet hoeveel ek weeg, maak my skaam; ek weeg te veel.” Wanneer sal sy maer genoeg wees? “Jy sal nooit maer genoeg wees nie. Dis in jou kop,” verduidelik sy. Die skoolboelies is nie meer ’n faktor nie, maar die skade is gedoen. “Ek voel my lewe lank nog verwerp . . . al waarin ek goed is, is anoreksie.”