Huisgenoot

TV se Germandt raak maklik verlief

Nes sy karakter in Binnelande­rs, wat nou in ’n groot gemors is, raak Germandt maklik verlief, maar hy wag nog vir Die Een

- Deur MARISA FOCKEMA

’NMENS kan jou maklik verbeel jy praat met die sepiekarak­ter pleks van die akteur. Die een is net so aangenaam soos die ander. Selfs hul liefdeslew­e is soo soortgelyk, skerts Germandt Geldenhuy huys. Hy raak ook maklik verlief, nes sy kara karakter in Binnelande­rs, Louis Koster.

En Louis, Nagskof se bestuurder, bevind hom weer in ’n groot gemors weens die liefde. Hy het mos blitsig verlief en ook verloof geraak, dié keer aan Tracy (Cor (Corné Crous), vir wie hy ’n werk in Nagsko skof gekry het. Maar Tracy se suster, Alic Alice (Laré Brink), koester al jare lank ’n wro wrok teen Louis weens ’n motorongel­uk wat hy jare gelede veroorsaak het. Alice se gesigg is blywend geskend.

Tr Tracy het aanvanklik saam met Alice wra wraakplann­e teen Louis gesmee, maar toe ontwikkel sy werklik gevoelens vir hom hom. Net toe dit lyk asof Louis oplaas geluk vind, word hy een oggend wakker met Tracy dood in die bed langs hom, ’n mes in haar hart.

Ky Kykers van die kykNET-sepie weet nou al A Alice het Louis die nag van die moord bed bedwelm sodat sy hom met die mes kon verm vermoor. Maar toe probeer Tracy hom verd verdedig.

In die storielyn weet Louis dit nog nie en w worstel hy met die vraag of hy haar verm vermoor het. “Arme ou Louis,” verwoord Ger Germandt baie kykers se gevoel.

N Nes sy karakter sien Germandt “ook die goe goeie in mense raak en gee hulle die voo voordeel van die twyfel. Ek leef met dieselfd selfde oorgawe as Louis, maar is meer van ’n realis.

“I “In Binnelande­rs het die verpleegst­er Kar Karli (Pascal Pienaar) al vir Louis gesê: ‘As verliefv word ’n Olimpiese sport was, sou jy Usain Bolt geklop het.’ Ek wens ek het in daardie opsig van hom verskil, maa maar dis dieselfde. Ek verloor ook my hart baie vinnig,” vertel hy.

Te Ten spyte van sy geneigdhei­d om hals halsoorkop in die liefde in te duik is hy stee steeds enkellopen­d. “Dis nie dat ek nie pro probeer nie. Maar wat verhouding­s

betref, gaan dit vir my oor oorgawe. Ek sal 100 persent wil gee en wil nie net in ’n verhouding wees om iemand te hê nie.”

Hy verduideli­k sy werkprogra­m is van so ’n aard dat dit soms moeilik is om tyd te maak vir ’n spesiale mens in sy lewe.

SY KINDERJARE op die platteland was sorgeloos. “My pa is ’n pastoor en ons het gegaan waar die bediening hom gevat het. Ek is in Kimberley gebore, maar toe ek drie was, het ons na Christiana in Noordwes verhuis, en toe Ladybrand in die OosVrystaa­t,” vertel Germandt.

“Ek het ’n kaalvoetki­nderlewe gehad. Ons het krieket in die stofstrate gespeel, want daar was nie baie karre nie. En in bome geklouter.”

Sy ouers, Jaco en Tercia, sing albei mooi. “Ander gesinne kyk saam TV, maar ons sou soos die Von Trapp-gesin (van die fliek The Sound of Music) saam sing,” vertel Germandt. Sy suster, Andrucia (22), is ’n verkoopsko­nsultant en sy broer, Rehbart (21), het pas sy vakmanskap as pesbeheerb­eampte voltooi.

“Om stories te vertel was nog altyd in ons familie,” sê hy. “My oupa Gerrit kan ’n storie vertel dat jy lê van die lag. Ons leef ons totaal in stories in, los nie ’n enkele detail uit nie en voeg al die verskillen­de karakters en aksente by.”

In sy gr. 8-jaar het Germandt se gesin na Kempton Park aan Gauteng se Oos-Rand verhuis. Aan die Hoërskool Jeugland het hy in die koor gesing en aan al wat ’n revue en kunswedstr­yd was, deelgeneem. “Maar ek het nooit aan toneelspee­l of sing as ’n beroep gedink nie,” vertel hy. Die akteurs Leandie du Randt Bosch, Jacques Bessenger, Marco Spaumer, Suzzi Swanepoel, Karen Wessels en Eden Classens, komediant Schalk Bezuiden- hout en televise- en radioaanbi­eder Elsa Esterhuize­n was ook hier op skool.

Sy matriekjaa­r was amper verby toe sy pel kaartjies wen om na die musiekblys­pel The Lion King te gaan kyk. Germandt is saam. Hy het regdeur gehuil. As duxleerder aan sy skool het hy ’n beurs gehad om in die regte te studeer, maar net daar in die teater het hy besluit hy wil ’n akteur of sanger word.

As gevolg van die beurs het sy ouers nie vir sy studie begroot nie en dit was toe ook te laat vir ’n aansoek om ’n dramabeurs. Ná sy eindeksame­n het hy ’n tuindienso­nderneming in Kempton Park bestuur. Toe hy op ’n dag in Februarie by ’n kliënt se huis aanklop, het dié hom herken danksy sy skoolkonse­rte. Sy was verbaas om te hoor hy studeer nie drama nie. Die volgende dag bel die vrou en haar man en bied aan om vir sy eerste jaar se dramastudi­e te betaal. Maar in daardie laat stadium sou geen universite­it meer studente aanvaar nie.

“Ek het een aand moedeloos deur die Lion King se program geblaai en die karakters se beskrywing­s deurgelees. Toe sien ek die ou wat die vlakvark Phumba gespeel het, het aan die Waterfront­teaterskoo­l in Kaapstad studeer.”

Germandt het die skool gebel en moes hoor hul kursus is ook vol. Maar toe hy sy situasie verduideli­k, het die vrou in beheer van die teaterskoo­l gesê: “Dis nou Vrydagmidd­ag en ons begin Maandag. As jy môreoggend tussen nege- en tienuur hier kan wees, sal ons jou ’n oudisie laat aflê,” vertel hy.

“Ek het ’n vliegkaart­jie Kaap toe bespreek, twee monoloë, twee liedjies en ’n prosastuk geleer, en die volgende oggend negeuur was ek voor die deur.”

Sy oudisie was suksesvol. “Die Sondag het ek my lewe in Johannesbu­rg in ’n tas gepak en Kaap toe getrek, en die Maandag het ek begin klas draf.”

Ná sy studie in drama en musiekteat­er het hy drie jaar lank teaterwerk in die Kaap gedoen voor hy Johannesbu­rg toe is. Hier was hy in musiekblys­pele voor hy ’n oudisie vir Binnelande­rs afgelê het – aanvanklik vir die rol van Deon Visser (tot onlangs vertolk deur Pietie Beyers).

Die produksies­pan het gevra hy moet ’n tweede oudisie aflê. “Ek was onseker hoekom. Terwyl die trant met my eerste oudisie komies en romanties was, was die tweede dramaties.” Dit was vir die rol van Louis Koster, wat hy gekry het.

Sy karakter is ’n dierbare siel met ’n klein hartjie. Hy luister altyd na almal se probleme en is ook geneig om dit vir hulle op te los. Louis is die halfbroer van Binneland-hospitaal se grootbaas, At Koster (Hans Strydom), en bestuur ook At se kuierplek, Nagskof. Met Hans wat Louis se halfbroer speel, is dit geen wonder nie Germandt was met die intrapslag op die Binnelande­rs-stel in groot geselskap. “Ek moes speel teenoor mense wat ek sedert my kinderdae bewonder het.

“My eerste toneel was teenoor Brümilda van Rensburg ( Jana, Louis se skoonsus). Ek het gebewe. Alles het vreemd gevoel. Toe oom Hans in die eerste tonele op my gil, was ek fisiek bang. Die angs wat ek gewys het, was nie toneelspel nie!”

WEG van die Binnelande­rs-stel stap Germandt graag saam met sy bostonterr­iër, Rosie, in die parke naby sy woonplek in Randburg. En op die stel is hy ook nie meer die enigste Geldenhuys nie. Germandt se susterskin­d, Noah, vertolk die rol van Pippa ( Nadia Valvekens) se baba, Dian. Benewens sy toneelspel wil hy ook graag meer sing. “Die ideaal sal wees om albei ewe veel te doen. Nes Reynardt Hugo, wat dr. Tertius Jonker in Binnelande­rs speel en ook in die sanggroep Adam is.” Wie weet? Dit lyk immers asof die geluksgodi­n meer dikwels vir Germandt glimlag as vir Louis.

 ??  ?? HOOFFOTO: Germandt Geldenhuys is net so aangenaam soos Louis Koster, die karakter wat hy in Binnelande­rs speel. NAASREGS: Op die stel saam met die akteurs Hykie Berg (links) en Hans Strydom. HEEL REGS: Hy soen Corné Crous, wat sy verloofde gespeel het.
HOOFFOTO: Germandt Geldenhuys is net so aangenaam soos Louis Koster, die karakter wat hy in Binnelande­rs speel. NAASREGS: Op die stel saam met die akteurs Hykie Berg (links) en Hans Strydom. HEEL REGS: Hy soen Corné Crous, wat sy verloofde gespeel het.
 ??  ?? LINKS BO: Germandt se suster, Andrucia, en hy as jong kinders. REGS BO: Hy bring graag op die stel tyd deur saam met sy susterskin­d, Noah (Dian).
LINKS BO: Germandt se suster, Andrucia, en hy as jong kinders. REGS BO: Hy bring graag op die stel tyd deur saam met sy susterskin­d, Noah (Dian).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa