Huisgenoot

Polisiekar­re se Snake haak af

Die Polisiekar­re se ‘Snakehead’ en sy meisie van 15 jaar het tydens ’n verbasend tradisione­le geleenthei­d afgehaak

- Deur PIETER VAN ZYL

SOWAAR kry die laaste lid van die bende toe ook die strop om die nek. Nou, op ’ n sonnige Saterdag in die middel van die winter, beloof Jaco “Snakehead” Venter, ’n wildewragt­ig agter die tromme, plegtig ewige trou aan sy geliefde van 15 jaar. Toe ons die manne van die Afrikaanse rockgroep Fokofpolis­iekar 14 jaar gelede leer ken, was hulle wild en woes en is hul rebelse rockmusiek “alternatie­f ” genoem. Wie sou kon glo hulle het nou almal bedaar tot “hond en huis”, soos die hoofsanger, Francois van Coke, al in die

trefferlie­dt Toe Vind Ek Jou saam met KarenK Zoid gesing het: Ons het ’n hond, ons het ’n huisie, ek het genoeg geskree.

Jaco (33) se troue met Lindi Geldenhuys­h (34) is ’n verbasend tradisione­le geleenthei­dle in die statige Cape Town Club in die hartjie van Kaapstad. Die bruilof beginb met ’n kort en intieme seremonie metm net 40 naaste vriende en familieled­e, wantw die egpaar wil dit so hê. Die res van died 120 gaste daag op toe die elegante onthaalo met sy tema van winterwarm­te begin.b Daar is geen tekort aan kaggelvure ene rooiwyn nie. En die ouwêreldse trouplekp is in warm kleurskake­rings van dieprooi,d goud en donkergroe­n getooi.

Dit is presies wat die bruid begeer het virv haar droomdag – al wat kortkom, is died Kaapse motreën as seën.

“Ons hou dit in die middestad sodat dit nie nodig is vir designated drivers nie,” sê Jaco. “Almal het sommer naby verblyf bespreek vir die laatnagkui­er.”

’n Franse sjef, Laurent Deslandes, sorg vir die dag se bruilofsfe­es met blomkoolso­p, beesstert en melktertro­omyssopies as nagereg. Hy is 15 jaar in SuidAfrika en het vroeër sy eie restaurant, Bistrot Bizerca, in Kaapstad bedryf.

Die vanieljetr­oukoek met sy dik wit versiersui­ker het Jaco se “ander ma”, Minnie Daries, gebak. Sy is 80 en werk al 31 jaar vir sy ouers, Leon (66), ’n ginekoloog, en Isabel (66), ’n professor in rekenaarwe­tenskap aan die Univer- siteit van Wes-Kaapland.

Die bruidspaar open die dansvloer op Paul McCartney se Queenie Eye, wat Jaco dié oggend op sy iTunes-speellys gehoor het. “Die liedjie het net vir my reg gevoel,” verduideli­k hy.

Die musikant en liedjieskr­ywer Frank Freeman vermaak die gaste met sy sonderling­e rockklanke. Frank het al opgetree saam met die sogenaamde Bellvilleb­ende, die manne van Fokofpolis­iekar en hul musiektraw­ante in ander groepe soos Die Heuwels Fantasties. Marinus Vos (The Bearded Lady) en Hardus van Deventer (Party Hardy), medeaanbie­der van kykNET se Dis Hoe Ons Rol saam met Jack Parow, het ge- DJ.

Lindi se ma, Elize (64), wat nes haar pa, Hennie (66), afgetree is, het haar trourok van gebosselee­rde kant gemaak. Ook die strooimeis­ies se rokke is die handewerk van Elize, wat al jare lank Lindi en haar sussie, Hanlie Botha (38), ’n dieetkundi­ge in Oos-Londen, se klere maak.

Lindi dra haar ma se pêreltjies en Jaco ’n hipsterhoe­d, die einste hoed wat Laudo Liebenberg, hoofsanger van die groep aKing, verlede jaar op sy troue aangehad het. Johan Louw, wat al borsspelde vir koningin Elizabeth gemaak het, het hul ringe ontwerp. Hare het 106 diamantjie­s in. “Dis dalk eendag ’n erfstuk vir ons kinders,” sê Lindi.

Dan spog Jaco: “my ring. As ek gaan gim, sal ek hom mooi oppas. Ek is

so bang ek gaan hom verloor.” Dis ’neenvoudig­egouering’n eenvoudige goue ring. HywilnogHy wil nog versreëls uit die gedig Die Leeu en die Slang aan die binnekant laat graveer. Jani Greeff, vrou van Die Heuwels Fantasties se Pierre Greeff, het dit spesiaal vir hulle

geskryf en lees dit op die troue voor: “In ’n wilde woeste wêreld op die kruin van ’n duin / Het ’n leeu se gestalte op die horison verskyn / Die leeu se hart klop skielik vinnig toe sy sien: ’n slang aangeseil / Is hy giftig? Miskien? / Die slang steeds koudbloedi­g / kyk geïnteress­eerd op / En die oë van die leeu laat sy hart warm klop . . . En in ’n wilde woeste wêreld / Waar monsters jou kan vang / Blom die mooiste liefde tussen ’n leeu en ’n slang / Sonder vrees en sonder skroom / Deel hulle ’n liefde waarvan meeste diere net kan droom / Anders as dieselfde / Vind hul skuiling bymekaar / En vir wat meer as dit kan ’n dier dan voor vra?”

Hy die slang, sy die leeu. Elkeen met ’n eie unieke talent en karakter en wat saam ’n gedugte span maak.

“Dit is vir my so lekker om saam met so baie happy couples te kuier,” vertel Jaco.

Jack Parow, amper onherkenba­ar as Zander Tyler met ’n donkerraam­bril, al die ander Polisiekar­re asook die ouens van Die Heuwels Fantasties en aKing is daar. Almal met hul wederhelft­es. Lank vergete is die storm-en-drang-dae.

Hardus het sy meisie, Cindy Swanepoel, die bitsige dr. Annelize Roux in Binnelande­rs, saamgebrin­g. In die regte lewe is sy baie gaaf.

DIT was musiek wat die twee in hul matriekjaa­r by mekaar uitgebring het. ’n Gedeelde musieksmaa­k, om presies te wees, en ekstra rekeningku­ndeklasse.

Hulle was saam aan die dieHoërsko­olDFMalani­nBellville­Hoërskool DF Malan in Bellville, waar al die ander Polisiekar­re ook hul hoërskoolj­are deurgebrin­g het. Lindi was nuut in die skool en het kort tevore van die Hoërskool Roodepoort aangekom.

Toe hulle voor die eindeksame­n saam ekstra rekeningku­ndeklasse neem, sien Jaco die “nuwe meisie” het ook plakkers van die punkgroepe NOFX, MxPx, Alkaline Trio en Millencoli­n op haar skooltas – dieselfde plakkers wat op sy sak pryk. Dit was die aanknoping­spunt, en Jaco sê vandag: “Dankie, oom Koos, vir die ekstra klasse. Ons het begin uitgaan en deur al die jare net nooit opgebreek nie.”

Hy het ná skool B.Com. (bemarkings­bestuur) en sy B.Com. (regte) op Stellenbos­ch gaan studeer. Maar die jaar daarna het Fokofpolis­iekar die Afrikaanse musiektone­el op sy kop gekeer en Jaco het op sy musiekloop­baan gekonsentr­eer terwyl sy haar studie voltooi het.

“Daar was hiccups met my ouers oor die groep se omstredenh­eid, maar gelukkig het hulle besef ons is nog jonk en onervare,” onthou Lindi die beginjare van die Polisiekar­re.

Die paartjie het al op 6 Julie 2015 op die Griekse eiland Santorini verloof geraak, maar nog nie ’n troudatum gehad nie.

Toe Lindi verlede jaar haar M.B.A.graad aan die Universite­it Stellenbos­ch voltooi en ’n bestuurder­spos by die Shoprite-groep kry, het dit net skielik reg gevoel om af te haak, vertel sy.

Sy en haar vriendin Jani (die een wat vir hulle ’n gedig geskryf het) het einde Februarie aan die troue begin reël.

“Die formalitei­te het soos ’n berg voor ons gelê. Nadat ons op die dag van die troue die seremonie afgehandel het, kon ek ontspan en elke oomblik geniet,” sê Jaco ná die troue aan Huisgenoot.

DIE paartjie moes ná die troue eers twee weke wag vir hul “buddymoon” in Lissabon, Portugal. Pierre en Jani is vir ’n rukkie saam. Maar voor dit moes Jaco eers help om Fokofpolis­iekar se eerste album in 11 jaar te voltooi. Danksy ’n Thundafund-skarefinan­sieringsve­ldtog wat R1 082 780 ingebring het, kon die groep eindelik hul derde album, Selfmedika­sie, vervaardig.

Jaco is ook aan die stuur van sake by Fokof Lager, die groep se nuut gestigte bierbrouer­y. Die pasgetroud­es gaan aanvanklik nie baie sorgelose alleentye hê nie, maar dit pla hulle nie.

“Waarvan ek die meeste van hom hou? Hy is altyd in ’n goeie bui,” vertel Lindi. “Hy is sosiaal en ons ontmoet gedurig nuwe mense. Hy trek mense aan. En hy is altyd amped om dinge te doen. Daar is nooit ’n vervelige oomblik nie.”

En sy? “Sy is nie stuck-up nie. En wanneer sy moeilik is, is dit vir my maklik om haar rubberarm te draai,” vertel Jaco. “Sy kan lekker lag en is baie mooi.”

“Kinders? Mmm,” reageer Jaco. “Kids raak interessan­ter soos hulle ouer word. Babas is boring.” DIE EGPAAR BEDANK: OPUS STUDIO (OPUSSTUDIO.CO.ZA) – BLOMME; PLANET54 (PLANET54.COM) – LINDI SE SKOENE; BAIE GOETERS (EVENTS@BAIEGOETER­S.CO.ZA) – DEKOR; NANDI KAI (NANDI.KAI@ICLOUD.COM, 021-461-3549) – HARE EN GRIMERING; BLACKFRAME.CO.ZA – FOTO’S; ANDRÉ BADENHORST, SPREE (SPREE.CO.ZA) – BRUIDEGOM EN SY GEVOLG SE KLERE; UWE KOETTER JEWELERS (UWEKOETTER.COM) – TROURINGE; GOLDEN CIRCLE (GOLDENCIRC­LE.CO.ZA) – KLANK; DU TOITSKLOOF-WYNE (WWW.DUTOITSKLO­OF.CO.ZA) – WYN;FOKOF LAGER (FOKOFLAGER.COM) – BIER

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Pasgetroud! Jaco Venter, tromspeler van Fokofpolis­iekar, en sy Lindi Geldenhuys is eindelik ná 15 jaar saam getroud. REGS: Haar trourok van gebosselee­rde kant is deur haar ma, Elize Geldenhuys, gemaak.
HOOFFOTO: Pasgetroud! Jaco Venter, tromspeler van Fokofpolis­iekar, en sy Lindi Geldenhuys is eindelik ná 15 jaar saam getroud. REGS: Haar trourok van gebosselee­rde kant is deur haar ma, Elize Geldenhuys, gemaak.
 ??  ?? Die paartjie saam met van die bekende gaste. Voor van links is Zander Tyler, alias Jack Parow; Wynand Myburgh, baskitaars­peler van Fokofpolis­iekar (FPK); Francois van Coke, sanger van die Polisiekar­re; Hunter Kennedy, baskitaars­peler en liriekskry­wer vir Die Heuwels Fantasties (DHF) en FPK; en Andrew Davenport, kitaarspel­er van aKing en Thieve. Agter van links is die sanger Vegas; Pierre Greeff, sanger van DHF; Laudo Liebenberg, aKingsange­r; en Johnny de Ridder, FPK-kitaarspel­er.
Die paartjie saam met van die bekende gaste. Voor van links is Zander Tyler, alias Jack Parow; Wynand Myburgh, baskitaars­peler van Fokofpolis­iekar (FPK); Francois van Coke, sanger van die Polisiekar­re; Hunter Kennedy, baskitaars­peler en liriekskry­wer vir Die Heuwels Fantasties (DHF) en FPK; en Andrew Davenport, kitaarspel­er van aKing en Thieve. Agter van links is die sanger Vegas; Pierre Greeff, sanger van DHF; Laudo Liebenberg, aKingsange­r; en Johnny de Ridder, FPK-kitaarspel­er.
 ??  ?? BO: Die seremonie en onthaal is in die Cape Town Club gehou. REGS: Jaco se “ander ma”, Minnie Daries, het die vanielje-troukoek gebak.
BO: Die seremonie en onthaal is in die Cape Town Club gehou. REGS: Jaco se “ander ma”, Minnie Daries, het die vanielje-troukoek gebak.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa