Huisgenoot

Emily Ratajkowsk­i trots op kurwes

Emily se kurwes het haar al werk gekos, s, maar dis juis haar vuurwarm lyf wat nou ou haar ster helder laat blink

- Saamgestel deur LARARA ATSON

SY IS byna bekender vir haar stomende selfies in skrapse bikini’s as vir haar loopbaan as model en aktrise. Maar dis nou nie asof die 26-jarige Emily Ratajkowsk­i kla nie; dié Instagram-liefling is maar alte trots op haar sexy kurwes. Tog het sy al werk verloor omdat sy “te sexy” is, vertel die Amerikaans­e skoonheid. “Dis soos ’n antivrou-ding. Mense wil nie met my werk nie, want my borste is te groot. Wat skort met my borste? Dis ’n pragtige, vroulike ding wat gevier moet word. Hoekom is dit ’n kwessie?”

Dis juis danksy dié rondings dat sy ’n bekende naam is.

Emily het in 2013 kitsroem verwerf toe sy bostukloos haar wilgerlatl­yfie gewikkel het in ’n eksplisiet­e weergawe van die sanger Robin Thicke se musiekvide­o vir sy treffer Blurred Lines. Sedertdien het haar ster die hoogte ingeskiet.

Sy het in 2015 haar loopplankd­ebuut gemaak vir die modereus Marc Jacobs tydens die New Yorkse Modeweek. En sy was al op die voorblad van tydskrifte soos Vogue en Harper’s Bazaar.

Sy spog ook met ’ n rapsie meer as 14 miljoen aanhangers op Instagram. Sy het dalk nie die meeste volgers op dié sosiale netwerk nie – dié eer kom die sangeres en aktrise Selena Gomez toe – maar mense kan blykbaar skaars genoeg van haar kry. Sy is die model wie se Instagram Stories (regstreeks­e video’s en kiekies wat net 24 uur lank beskikbaar is) die meeste op dié sosiale netwerk gekyk word, meer as dié van beroemder modelle soos Kendall Jenner, Gigi Hadid en ons eie Victoria’s Secret Angel, Candice Swanepoel.

Sy maak ook naam as aktrise. Sy het al die Hollywood-ster Ben Affleck op die silwerdoek verlei in sy lokettreff­er Gone Girl en meer as 100 vroue uitgestof om die romantiese­antiese hoofrol te speel teenoor noor Zac Efron in We Are Your Friends. Sy was onlangsang­s in Italië doenig op diee stel van die nuwe fliek Welcome Home – teenooror nog ’n hartebreke­r, Aaronn Paul van Breaking Bad-faam. am.

Sy word gereeld gebraai ebraai omdat sy haar as ’n feminis “voordoen”. Emily, ’n n feminis? Sy poseer dan heeldag eeldag kaal en in einaklein bikini’s in die sosiale media, braak haar kritici gal.

Dit steek Emily dwarsars in die krop. “As ’n vrou besluitslu­it om sexy aan te trek, betekeneke­n dit nie sy is nié ’n feminisnis nie,” het sy onlangs aan an die skoonheids­tydskrif Allure vertel. “As dit die vrou rou se keuse is, en dit laat haar goed voel, dan is dit fantasties.”

En vroeër het sy vertel:rtel: “Dis baie frustreren­d dat die samelewing voeloel vroue kan nie polities, s, feministie­s én ’n seks- simbool wees nie.”

NAAKTE AMBISIE

“My ouers was in hul 40’s toe hulle my gehad het en het my altyd meer soos ’n gelyke behandel,” het sy al vertel.

In haar grootwordj­are het sy saam met hulle op naakstrand­e in Europa uitgehang en was sy omring deur kunswerke van naakte vrouefigur­e. Dis dus geen wonder sy is so gemaklik in haar vel nie.

Emily het in 2012 die koppe laat draai toe sy in haar evasgewaad vir die voorblad van die erotiese en skonekunst­e-tydskrif Treats! poseer. Die sanger Robin Thicke het dié voorblad een kyk gegee en daarop aangedring Emilymily verskyn in sy musiekvide­o Blurred Lines. Sy het aanvanklik nee gesê. “Op papier het dit mal geklink. Dit was kaal meisies wat ronddans,” sê sy. Sy het later ingestem, en danksy dié omstrede musiekvide­o was haar naam op almal se lippe. En die Hollywood-ster Ben Affleck was so beïndruk dat hy glo daarop aangedring het sy speel sy skelmpie in die rolprent Gone Girl, wat ’n jaar later die silwerdoek getref het.

’N WARE VOORBLADL LIEFLING

Vogue, Marie Claire, Allure, In InStyle . . . Emily het al gep pryk op al wat ’n tydskrifv voorblad is. Tydskrifte soos FHM en Rolling Stone het haar al aangewys as een van die sexyste vroue en vuurwarmst­e sekssimbol­e op aarde. En ’n mens kan sien hoekom. Intussen lag sy die hele ent bank toe. Emily is ’n multimiljo­enêr met sowat R80 miljoen agter haar naam.

GOEIE GENE

Dis nie moeilik om te sien waar Emily haar goeie gene vandaan kry nie. Sy het die tonge laat klap toe sy vir Moedersdag vanjaar ’n foto van haar en haar ma, Kathleen, op Instagram deel – albei in ’n bikini! Meer as 620 000 gebruikers het van die foto gehou. “Sy moes ook in die Blurred Linesvideo gewees het,” het ’n aanhanger geskryf. “Ons hoef nie te raai waar jy jou skoonheid vandaan kry nie!” het nog g een laat hoor.

INSTAGRAM-SUPERMODEL

Stomende fotosessie­s, eilandvaka­nsies, sexy bikini-selfies . . . Op Instagram gee Emily, oftewel die gebruiker @emrata, gereeld haar miljoene aanhangers ’n kykie in haar glanslewe. Sy en die ewe mooi model Bella Hadid het einde verlede jaar alte lekker in die Bahamas uitgespan. Die twee het boonop op jetski’s rondgerits – in bikini’s natuurlik! Haar lenige lyf en plat magie is nie te danke aan ure se sweet in die gim nie, het sy al verklap. “Vir my gaan dit oor goed voel oor wat jy eet. Ek hou van borrie-enbeet-sap. Maar ek het nie ’n fiksheidsi­nstrukteur nie en gaan nie juis gim toe nie. Ek wandel ver saam met vriendinne. Dis omtrent al.”

MODENOOI

Sy sit altyd haar beste modevoetji­e voor en wys maklik lyf op die rooi tapyt. Sy haal gereeld tydskrifte soos Vogue en Harper’s Bazaar se lys besgeklede­s. En sy hang uit saam met die room van die modebedryf. Emily het vanjaar ook ’n handsakree­ks vir die Franse modevervaa­rdiger The Kooples help ontwerp en bekendstel.

FEMINIS OF OPPORTUNIS?

Emily is ’n uitgesprok­e feminis oor alles van vroueregte en seksualite­it tot vrouegeson­dh heidsvraag­stukke. Maar is sy ’n feminis of opp portunis wat net feminisme uitbuit? wil die A Amerikaans­e joernalis Amanda Hess weet.

Emily het die tonge laat klap toe sy verlede jaar j met bostukloos­die werklikhei­dsteren middelving­erKim Kardashian­in die lug vir saam’n se selfie poseer. Dit was nadat Kim vir ’n soortgely lyke selfie gekritisee­r is. “Ons vroue moet vry wees om te kies wanneer en hoe ons ons seksu sualiteit uitdruk,” het sy by dié foto geskryf.

Toe sy verlede jaar vir die soveelste keer naak po poseer – dié keer vir Harper’s Bazaar – het die TV TV-persoonlik­heid Piers Morgan getwiet: “Wil jy hê ek moet vir jou klere koop? Dit lyk of jy vries.”

“Dankie, maar ek het nie klere nodig soos jy di die media nodig het nie,” het sy laat hoor.

Piers het nie gaan lê nie: “My enigste probl bleem met mej. Ratajkowsk­i is dat sy beweer sy la laat die klere waai in die naam van feminisme; di dis in die naam van g geld.”

HAAR LIEFDESLEW­E

Sy is drie jaar in ’ n verhouding met die betreklik onbekende musiekverv­aardiger en musikant

Jeff Magid. Die paartjie het in Desember 2014 begin uitgaan.

Die twee koer omtrent op Instagram en rits die wêreld vol. Boonop is hy haar grootste ondersteun­er. Hoor ons trouklokke lui?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa