Huisgenoot

‘Tannies’ van ouds nou net meerjarig

Verby is die dae dat jy op 40 of 50 oor die muur is – dié groep is nou die ‘ouderdomlo­se’ generasie

- Deur JANA SMIT

WAAR is al die tannies heen? ’n Dekade of twee gelede kon ’ n mens maklik sien ’n vrou is aan die ander kant van 40. En enigiemand kon haar sommer tannie noem, selfs iemand wat net ’n paar jaar jonger was. Maar waag jy dit vandag om ’n vrou in haar middeljare “tannie” te noem, is die kans goed jy kry ’n kwaai kyk en word toegesnou: “Wie is jou tannie?”

Vandag lyk destyds se “tannies” boonop aansienlik anders en dit is byna onmoontlik om hul ouderdom te raai.

Wat het verander? Dit was nie net die kortgesnyd­e perm en stywe skouerkuss­ings wat destyds vroue se middeljari­gheid verklap het nie. Ma’s van gister het ook graag die kinders lastig geval om hul TV-sepies op te neem, want “nuwe” tegnologie soos die video-opnemer was dikwels Grieks vir die ouer garde.

Daarby was ma’s en tannies se idee van gesond eet meestal ’n bord gekookte kos, waaroor geen kind of tiener ooit opgewonde raak nie. En die gim met sy harde musiek en wilde bewegings was waarskynli­k die laaste plek waar jy “ouer vroue”, bedoelende dié bo 40, sou aantref. “Tannies” het meer bedaard geleef.

Maar nou is 40 nie meer die oor-diemuur-ouderdom wat jong mense jare gelede geglo het dit is nie. “Middeljari­g” is nie meer ’n skelwoord nie. Vroue in dié ouderdomsg­roep dink vandag modern, hulle is ingelig en tegnologie­s bedrewe, lyk beter as ooit en voel jonk van gees. Hulle inspireer selfs die jonger geslag.

Volgens die Londense dagblad The Telegraph is vroue van 40 en 50 die nuwe “ouderdomlo­se generasie”. Dit het selfs ’n naam: meerjarige­s ( perennials). Ja, soos die blomme wat heeljaar blom.

Polly Kemp, die 51-jarige ma van ’n 19-jarige dogter, het aan die koerant gesê mense moet haar mooi verstaan: “Ek verkeer onder geen wanindruk ek is of lyk 19 nie. Ek is baie gemaklik in my eie vel – plooie, grys hare en al. Maar ek weet ek leef baie anders as hoe my ma en ouma op my ouderdom geleef het. Ek en Iggy (haar dogter) leen gereeld mekaar se klere, hoewel ons dit nie eenders dra nie.”

Polly sê wanneer sy die benaming middeljari­g hoor, moet sy stilstaan en dink: “Is dit veronderst­el om ek te wees?”

Vroue in Suid-Afrika stem saam. Al is hulle 40, 50 of selfs ouer, beskou hulle hulle allermins as middeljari­g.

Die aktrise Hannelie Warren (52), wat Ilse, ’n heelwat ouer karakter as syself, in die sepie Binnelande­rs speel, meen ons houdings het verander. “Die samelewing het altyd vir ons besluit. Maar ek dink die samelewing het nou half van ons vergeet en sê nie meer vir ons wat om te doen

nie. Ons is die samelewing. Ons ma’s was in hul 20’s toe hulle ons gehad het. Ek was 37 toe ek my seun gehad het.”

Hannelie erken sy voel nie ’n dag ouer as 20 nie. “Ons is baie meer in beheer van ons eie lewe.”

Annie Malan (42), aktrise en hoof- uitvoerend­e lid van Annie Malan Promotions, sê in haar omgewing is ouderdom of geslag nie ’n faktor nie. “Ek speel gholf, gim gereeld, en baie van my goeie vriende is in hul middel-20’s. Maar ek dink grys hare is pragtig, en die dag dat ek grys word, sal ek dit graag en met trots ten toon stel.

“Wat wel vir my belangrik is, is om alles met passie en oorgawe te doen. ’n Mens is elke dag dankbaar as jy alles kan vermag wat jy die dag graag wil doen. Ouderdom speel nie ’n rol in alles wat ek gedoen kry nie, maar ’n goeie ontbyt beslis.”

MARYKE Groenewald, ’n lewensafri­gter van Pretoria, sê die meeste vroue wat by haar aanklop, is in hul 40’s en 50’s. “Hulle word nie geklassifi­seer as die ‘ tannies’ waaraan ons destyds gewoond was nie. Hulle is in die fleur van hul jare, reg om nuwe goed aan te pak, dalk hul eie ondernemin­g te begin en het ’n ‘jonger’ gesin.” Baie van hulle is enkellopen­d, maar gereed vir nuwe verhouding­s en selfs om met ’n gesin te begin.

Vroue kry deesdae later in hul lewe kinders. Dit is dalk een van die redes waarom hulle langer jonk bly, meen K aren Pot gieter ,’ n skoonheid s terapeut van Bloemfonte­in.

“Ons kry ons kinders op 35, maar ons ma’s het op 21 kinders gehad.”

Karen sê jong kinders hou jou noodwendig langer jonger van gees omdat jy as 40-jarige ouer steeds langs die rugbyveld moet op- en afhardloop en met jou kinders wil speel. “Oumas moet op 60 nog kan boomklim en by ’n pophuis inkruip,” sê sy. Karen, wat op 40 self ma is van ’n driejarige, sê die benaming “middeljare” beteken vandag nie meer “oud” nie. “Jy kan mos nie nou gaan stilsit en babaskoent­jies brei nie.

“Deesdae is die lewenskost­e ook van so ’n aard dat ma’s nie meer kan bekostig om by die huis te bly nie,” voeg Karen by.

Die tydsgees waarin ons leef, is die hoofrede vir die verskynsel van meerjarige­s, glo Maryke. “Die werkomgewi­ng het baie veranderen­d aar is groot ouderdom s verskille. Van 20- tot 60- jariges werk saam en dit is onprofessi­oneel om hulle te ‘oom’ en ‘tannie’, of selfs ‘meneer’ en ‘mevrou’.”

Sy sê die opvatting van jonger mense teenoor ouer vroue het ook verander. “Hulle kommunikee­r en sosialisee­r op dieselfde vlak, nes met enige van hul jonger vriende.

“Vanweë die veranderde persepsie oor ouer vroue voel hulle self nie meer ‘oud’ nie. Boonop is almal deesdae ingestel op gesond leef. Mense besef hoe belangrik dit is om aktief te bly en ’n gesonde leefstyl te volg. Daar is geen onderskeid op grond van ouderdom nie. Ouer vroue en tieners doen saam joga of Pilates en geniet mekaar se geselskap.”

“Hoewel ’n goeie dieet en gesonde leefstyl op die oog af gering voorkom, kan dit ’n groot verskil maak,” sê Maryna Johnson, ’n kliniese sielkundig­e van Bellville. “Vroue verouder liggaamlik goed. Hulle weet hulle hoef nie soos jong meisies te lyk nie en is tevrede met hul voorkoms.”

Sy sê al hierdie faktore lei daartoe dat vroue energiek voel en positief oor hulself en lewenslust­ig is.

Ouderdom speel ook nie vandag meer so ’n groot rol in jou vriendekri­ng nie, sê Maryna. “Ouer mense meng makliker as vroeër met jonger mense, wat ook help met die ontwikkeli­ng van nuwe belangstel­lings.

MAKLIKE toegang tot tegnologie help mense ingelig, oopkop en modern bly.

“Almal kan aan die sosiale media deelneem. My ouers is byvoorbeel­d baie meer aktief op Facebook as ek en hulle is altyd op die hoogte van wat in die wêreld aangaan,” sê Maryke.

Die media speel ook ’n baie groot rol, meen sy. “Oral sien ’n mens ouer vroue wat jonk, goed versorg en avontuurlu­stig is. ‘Ouer’ mense word in die media verteenwoo­rdig deur bejaarde mans of vroue in hul 70’s of 80’s; beslis nie deur mense in hul 40’s of 50’s nie.”

Sy glo opvattings speel ’n belangrike rol. “Persepsies wat uitgebeeld word, is die persepsies wat mense aanneem. Mense is geneig om hulle met ander te vergelyk en glansperso­onlikhede te kies met wie hulle hulle kan vereenselw­ig.”

Tog is dit nie altyd goed nie, want mense se openbare beeld is nie altyd die waarheid nie, maan Maryna. Mense is geneig om die “perfekte” lewe in die sosiale media uit te beeld, wat allermins lewensgetr­ou is. Eindelik stel mense onrealisti­ese verwagting­s aan hulself en dink as hulle “beter” lyk, sal hulle gelukkig wees.

Sy sê om langer jonk te bly gaan oor jou ingesteldh­eid. “Glo jy jy is oud of glo jy jy is jonk? Wat ook al jy oor jouself glo, sal jou waarheid wees.” Mense bo 50 het ook die voordeel van meer ervaring en gee nie meer soveel om wat ander dink nie, meen sy.

Solank ’n mens hulle net nie “tannie” noem nie.

‘Jy kan mos nie nou gaan stilsit en babaskoent­jies brei nie’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa