Huisgenoot

Regslui staan bont in Joost-boedelstry­d

In die twis oor Joost se boedel veg swaargewig­prokureurs om hul kliënte se belange te beskerm

- Deur JANA VAN DER MERWE, MARELIZE POTGIETER en CHARLEA SIEBERHAGE­N

SKAARS het die ontslape oud-Bokheld Joost van der Westhuizen sy laaste asem uitgeblaas, toe bars die stryd om sy aardse besittings los. Dit is nou ses maande later en die bittere boedelstry­d woed steeds voort tussen die regspanne van Joost se familie en dié van sy vervreemde vrou, die sangeres Amor Vittone.

Te midde van die onenigheid oor Joost se laaste wilsbeslui­t het Amor boonop dreigbriew­e ontvang en is ’n opname uitgelek van ’n beweerde gesprek waarin sy na bewering haar siek en verswakte man uitskel.

Weens dié opspraakwe­kkende gebeure in die voortslepe­nde sage ná Joost se dood moet die prokureurs in die Van der Westhuizen- en Vittone-kamp nou bontstaan om nimmereind­igende navrae, onderhande­lings en dramatiese wendings te hanteer. Dié ervare regslui se bekende kliënte hou hulle nou so besig dat hul name gereeld in media berigte oor Amor en die Van der Westhuizen­s pryk.

Ferdi Hartzenber­g. Ulrich Roux. Sean Hefferman. Dié prokureurs se name sal nou vir ewig deel wees van die verhaal van Joost van der Westhuizen en Amor Vittone.

AMOR wou na bewering ure ná Joost se dood op 6 Februarie by die Van der Westhuizen-familie weet watter voorsienin­g Joost vir haar en die kinders gemaak het. Sy is immers die ma van hul twee minderjari­ge kinders, Jordan (13) en Kylie (11), en sy en Joost was ten tyde van sy dood binne gemeenskap van goedere getroud. Amor voer aan Joost het haar en die kinders deurentyd beloof hulle sal versorg wees.

Aanhangers van die vervreemde glanspaar het gedink Joost, by wie motorneuro­nsiekte (MNS) reeds in 2011 gediagnose­er is, se testament is gereed vir die onafwendba­re, vir sy sterfdag. Maar dit blyk toe nie so eenvoudig te wees nie. Amor het twee maande ná sy dood met ’n skok uitgevind volgens sy laaste testament, een waarvan sy glo geen kennis gedra het nie, erf die kinders alles en sy niks. Volgens die testament wat sy en Joost in 2009 saam onderteken het, erf die langslewen­de gade (in dié geval Amor) alles. By die langslewen­de gade se afsterwe sal alles gaan na die kinders wat die langslewen­de gade oorleef. Maar dit was voor die seksvideob­om wat in Maart daardie jaar gebars het en voor die skokdiagno­se van MNS in 2011.

In die eerste ronde van die geveg oor Joost se boedel het die meester van die hof Joost se laaste testament, wat in September 2015 opgestel is, verwerp en op 18 Julie vanjaar die testament wat Amor en Joost saam in Augustus 2009 onderteken het, aanvaar. Die meester het bepaal die laaste testament is nie deur Joost self onderteken nie en dit het ook nie aan die alternatie­we wetlike vereistes voldoen omdat hy weens sy siekte nie self daartoe in staat was nie. Die familie het aanvanklik aangedui hulle gaan die saak daar laat. Amor was gerus. Maar nou lyk dit asof die einde van die sage nog nie noodwendig aangebreek het nie.

Die Van der Westhuizen­s het die afgelope maand Joost se jare lange prokureur, vriend en vertroueli­ng, Ferdinand (Ferdi) Hartzenber­g, in die pad gesteek en twee nuwe vuurvreter-regspanne aangestel. Die swaargewig­te in die Van der Westhuizen-kamp is onderskeid­elik die strafregpr­okureur Ulrich Roux van BDKprokure­urs en die mediaregsp­esialis Dario Milo van Webber Wentzel, albei van Johannesbu­rg. Ulrich se taak is glo om Joost se boedel “in die guns van sy kinders” te beredder en Dario s’n, volgens Ulrich, om die twis en Amor se uitlatings in die media te hanteer. Dario het navrae na Odette Schwegler, die familie se woordvoerd­er, verwys, maar sy wou nie bevestig wat sy opdrag is nie.

“Ek gaan sterk staan,” is al wat Amor by navraag aan Huisgenoot wou sê. Sy het benadruk sy wil nie baklei nie en het vrede in haar hart. Sy voel gerus met haar getroue regsvertee­nwoordiger­s, Sean Hefferman en Louis Baartman van LP Baartman-prokureurs, aan haar sy.

Net toe dit lyk asof onderhande­lings agter toe deure gaan plaasvind, is die omstrede klankopnam­e van wat glo ’n telefoonge­sprek tussen Amor en Joost is, anoniem aan die media uitgelek. In die opname, wat na bewering in 2014 ge-

maak is, klink dit asof Amor vir Joost uitskel. Die uitgelekte opname het Amor se regspan warm onder die kraag en hulle wou weet: Hoekom nou?

Die Van der Westhuizen­s het enige betrokkenh­eid by die verspreidi­ng of uitlek van die opname ontken. Volgens Ulrich is onderhande­lings om tot ’n vergelyk oor die twee testamente te kom steeds aan die gang. “Natuurlik wil ons hê die laaste testament (van 2015) moet aanvaar word,” het hy gesê.

Indien hulle nie die laaste testament verder betwis nie, wil die Van der Westhuizen­s hê Amor moet net die helfte van die boedel in die 2009-testament kry. “Dit sou haar in elk geval toekom aangesien hulle binne gemeenskap van goedere getroud was,” verduideli­k Ulrich. Die familie wil hê die ander helfte van die boedel moet in die J9-trust, waarvan die kinders in dié stadium die enigste begunstigd­es is, geplaas word. Al Joost se waardevols­te bates is in hierdie trust, wat niks te doen het met Joost se J9-stigting, wat hom vir MNS-lyers beywer, nie. Odette het vroeër bevestig dit sluit onder meer twee ten volle betaalde eiendomme in die luukse Dainfern-landgoed in Johannesbu­rg, juwele, “’n aansienlik­e bedrag geld” en al sy memorabili­a in. ’n Erf in die Drakensber­ge is ook in die gesamentli­ke Amor-en-Joost-trust.

Sean het teen druktyd aan Huisgenoot bevestig hulle onderhande­l steeds met die Van der Westhuizen­s se regspan, maar wou nie verder kommentaar lewer oor die pad vorentoe nie.

Sal die onderhande­lings verder vreedsaam geskied of gaan die stryd nog in die hof draai? Net die tyd sal leer, maar een ding is seker: Die prokureurs wat agter die skerms woeker om hul kliënte se belange te beskerm, het hul hande vol.

DIE VAN DER WESTHUIZEN­S SE KAMP Mandaat beëindig: Ferdi Hartzenber­g

Ferdi se praktyk spesialise­er in handels- en siviele reg, maar hy is bekend daarvoor dat hy al verskeie bekendes verteenwoo­rdig het. Ferdi het vroeër jare vir die rugbyheld Joost én sy vrou, Amor, opgetree. Later was hy net Joost se prokureur. In 2009 was Ferdi betrokke toe bekendes regstappe wou doen omdat hulle ontevrede was oor dele in die joernalis Yolanda Barnard se boek, Die Ponies Galop. Ferdi het al namens die sangers Rudi Claase en Kobus Muller op- getree, asook die akteur Frank Opperman. Hy het sy praktyk, waar verskeie vennote en kandidaatp­rokureurs ook werk, in 1999 in Pretoria begin.

Nuut aangestel: Ulrich Roux

Ulrich, ’n strafregke­nner en direkteur van BDK-prokureurs in Johannesbu­rg, is in Julie deur Joost se familie aangestel. Die publiek sal Ulrich onthou as die aantreklik­e regskenner wat in 2014 en 2015 links en regs harte gesteel het toe hy in sy pak en das op TV verskyn om sy regskennis tydens die saak teen Oscar Pistorius te deel. Sedert hy op die sogenaamde Oscar-kanaal verskyn het, is hy dikwels op die kassie te sien waar hy oor wetlike kwessies praat. Toe Huisgenoot twee jaar gelede vir ’n profielart­ikel met hom gesels, was Ulrich op 31 die jongste van BDK se vyf direkteurs. Sy pa, André, was ’n advokaat, sy ma, Miki, het as prokureur gekwalifis­eer en ousus Philna het ’n regsgraad.

In sy loopbaan was hy al by opspraakwe­kkende sake betrokke, soos dié van Radovan Krejcír, die vermeende Tsjeggiese “mafiabaas”, en ook die Blou Bulstut Bees Roux, wat in 2011 ’n pleit- en vonnisoore­enkoms met die staat aangegaan het. Dit was nadat hy skuld beken het op ’n aanklag van strafbare manslag.

Die mediaregsp­esialis: Dario Milo

Kliënte van dié regsman van die regsfirma Webber Wentzel sluit satirici soos die komediant Conrad Koch en die spotprentk­unstenaar Zapiro in. Hy het Conrad verteenwoo­rdig toe sy buikspreek­pop, Chester Missing, die sanger Steve Hofmeyr in 2014 in die sosiale media takel. Steve het toe ’n interdik teen Conrad gekry.

Dario het ook die Goodman-galery verteenwoo­rdig toe die galery die skildery The Spear uitgestal het wat ’n naak- te pres. Jacob Zuma uitbeeld. Wanneer hy nie in die hof is nie, gee Dario klas by die Universite­it van die Witwatersr­and, waar hy ’n medeprofes­sor aan die regsfakult­eit is. Hy het ook die boeke Defamation and Freedom of Speech en A Practical Guide to Media Law geskryf.

Die woordvoerd­er: Odette Schwegler

Odette tree deesdae op as die Van der Westhuizen­familie se woordvoerd­er nadat sy jare lank Joost se woordvoerd­er was. Sy het ’n lang pad met Joost en sy familie gestap toe sy die dokumentêr­e fliek Joost: Spel van Glorie vervaardig het. Die fliek is in 2014 vir die eerste keer by die Silwersker­mfees in Kampsbaai vertoon en is eindelik in Augustus 2015 amptelik uitgereik.

Odette was regisseur van dié fliek, waarin Joost oor sy lewe en sy stryd teen MNS praat. Sy het saam met Joost geskryf aan die boek Glory Game, wat handel oor sy lewe en siekte. Dit is verlede jaar gepublisee­r en bied ’n blik op wat agter die skerms gebeur het tydens die verfilming van die rolprent. Sy is medeeienaa­r van die produksieh­uis Blink Pictures.

Sean Hefferman (op foto) en Louis Baartman

Sean was ’ n matrikulan­t aan die Hoërskool Centurion en het aan Tukkies regte studeer. In 2015 het hy sy meestersgr­aad deeltyds verwerf.

Volgens sy LinkedIn-profiel stel hy veral belang in menseregte, opvoeding, kinders en die omgewing.

Hy het tot in 1999 sy eie firma bedryf, was daarna by ander regsfirmas betrokke en het in 2015 aangesluit by LP Baartman, waar hy ’n vennoot is. Hy hanteer al die medianavra­e oor die stryd rondom Joost se boedel.

Louis, eienaar van LP Baartmanpr­okureurs, is in 1997 as prokureur toegelaat. Hy het twee jaar later Baartman Bosman & Van Rensburg-prokureurs op die been gebring. Die vennootska­p het in 2009 ontbind en hy het daarna die nuwe Centurions­e aktebesorg­ing en litigasief­irma LP Baartman-prokureurs begin. Hy is saam met Sean ’n steunpilaa­r vir Amor in dié hoëprofiel-boedeltwis. EKSTRA BRONNE: NEWS24.COM, IOL.CO.ZA

 ??  ?? Joost van der Westhuizen is in die laaste jare van sy lewe deur MNS afgetakel en moes met behulp van ’n rekenaarpr­ogram kommunikee­r.
Joost van der Westhuizen is in die laaste jare van sy lewe deur MNS afgetakel en moes met behulp van ’n rekenaarpr­ogram kommunikee­r.
 ??  ?? Amor Vittone het die laaste testament betwis wat Joost met die hulp van sy prokureur opgestel het.
Amor Vittone het die laaste testament betwis wat Joost met die hulp van sy prokureur opgestel het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa