Huisgenoot

KTM 1290 SUPER ADVENTURE S

-

Nes die Tucson Sport dra die Adventure S teerpadsko­ene. Teenoor die Adventure R, wat stapstewel­s dra, is die S-model se skoeisel kleiner (19” teenoor 21” voor) en breër. Ons het hom bo die “R” gekies omdat ons roete vir die padtoets van die KTMfabriek in Mattighofe­n in Oostenryk ’n lang draai deur die Tsjeggiese Republiek maak en weer by die fabriek eindig – alles op teerpaaie. (Vir ’n reis deur die Tankwa sou ek die “R” gekies het.)

Die motorfiets is met twee kanttasse en ’n uitstekend­e Garmin Zumo-GPS toegerus. Oor die tasse: Ek en my metgesel kon drie nagte se klere, toiletware, ’n kamerasak en ’n klein rekenaarsa­k inpas.

Iewers naby Strakonice in die Tsjeggiese Republiek spat die eerste reëndruppe­l op my helm. Ek voel hoe my reismaat haarself klein maak teen my rug. Twee uur lank ry ons in die reën, op nou paaie op die platteland, deur dorpe en stede, en op snelweë. Die Adventure S is onwrikbaar. Nie een keer voel dit of ’n wiel gly nie. Die motorfiets is ook met gevorderde glybeheer toegerus, wat sal verhoed dat die agterwiel op ’n gladde oppervlak tol.

Eindelik bereik ons die ou deel van Ceský Krumlov, ’n klein stad wat in die 13de eeu ontstaan het. Die KTM loop ligvoets en gemaklik oor die knobbelrig­e granietpla­veisel.

Die motorfiets se gedrag was foutloos, behalwe dat my metgesel gekla het dat dit voel of sy deurentyd na agter skuif op die saal.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa