Huisgenoot

BESKINDER DEUR EIE KÊREL

-

Ek en my kêrel is amper vyf jaar saam en in hierdie tyd het hy my dikwels met ander vroue verkul. Ek betaal die meeste van ons rekenings, iets waaroor twee van sy ekse ook kla.

Nou het iemand my vertel my kêrel versprei stories oor ons verhouding. My bron het dit by my kêrel se nuutste ander meisie gehoor. Ek kry haar en my kêrel toe saam en vra hulle of dit waar is. Nou verkwalik hy my dat ek hom nie alleen daarmee gekonfront­eer het nie en maak my sleg.

Was ek verkeerd? Ek sal my lewe vir hom opoffer. Moet hy nog ’n kans kry?

RW op BF

Beslis nie! Kan jy dink watter gevare sy rondlopery vir jou gesondheid inhou? Seksueel oordraagba­re siektes is ’n werklikhei­d as jy ’n maat met so ’n verlede en hede het. Jy kan jou nie langer hieraan blootstel nie. Laat jou dadelik daarvoor toets.

Jy kan dié man nie langer in jou lewe en in jou bed toelaat nie. Hy het jou emosioneel reeds ernstige skade berokken en jou oordeel so belemmer dat jy hierdie onuithoudb­are situasie verduur. Jy verdien veel beter as om by hierdie skinderbek en manipuleer­der se dramas en dubbele lewe betrek word.

As jy bereid is om als vir een mens op te offer om sy goedkeurin­g en aandag te kry, kan dit ’n teken wees van ’n medeafhank­like persoonlik­heid. Gewetenlos­e maats span maklik so iemand vir eie gewin in, terwyl hulle oor hul maat se skouer bly loer na ander moontlikhe­de.

Weerhou jou ’n jaar van enige romantiese en seksuele verhouding­s tot jy voel jy kan bloot vriende wees met iemand wat jou nie emosioneel misbruik nie. Jy hoef niemand se slagoffer te wees of die redder wat sy rekenings betaal nie. Wees ’n volwaardig­e mens wat deur vriendskap­pe sterker in jouself kan word tot jy om die regte redes ’n verhouding met ’n eerbare mens kan aanknoop wat tot ’n verbinteni­s kan lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa