Huisgenoot

TANDOORI-HOENDERKEB­ABS MET KNOFFEL-NAAN

-

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 30 min. Marineer: 2-3 uur, of

oornag Rys: 1 uur Gaarmaak: 30 min.

HOENDER

6 hoenderbor­sfilette,

in blokke gesny 2 brandrissi­es,

fyn gekap 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 5 cm vars gemmer,

gerasper 250 ml (1 k) natuurlike

volroomjog­urt 10 ml (2 t) paprika 5 ml (1 t) fyn koljander 5 ml (1 t) komynsaad

jies, gerooster 2 ml (½ t) fyn kaneel sout en peper NAAN 125 ml (½ k) louwarm

water 5 ml (1 t) suiker 10 g kitsgis 500 ml (2 k) koekmeel 5 ml (1 t) sout 125 ml (½ k) natuurlike

volroomjog­urt olie, vir smeer 30 ml (2 e) botter,

gesmelt 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk RAITA 125 ml (½ k) jogurt of

karringmel­k ½ komkommer, fyn gerasper en gedreineer ’n knippie fyn komyn sout VIR AFRONDING 6-8 kebabstokk­ies 200 g babatamati­es,

in kwarte gesny hand vol koljanderb­lare

1 Hoender Plaas alles in ’n glasbak en meng goed. Bedek en marineer 2-3 uur of oornag in die yskas.

2 Naan Meng die water, suiker en kitsgis goed en laat 15 min. staan of tot ’n skuimlagie bo-op vorm.

3 Meng die meel en sout in ’n mengbak en maak ’n holte in die middel. Voeg die jogurt by die gismengsel en giet in die holte. Meng met ’n vurk tot ’n deeg begin vorm en keer op ’n meelbestro­oide oppervlak uit.

4 Knie die deeg 10 min. of tot glad. Strooi nog ’n bietjie meel oor, indien nodig. Rol die deeg in ’n bal. Smeer ’n bak met die olie en plaas die deegbal daarin. Smeer ook ’n bietjie olie oor die deeg. Bedek die bak met kleefplast­iek en plaas op ’n warm plek om te rys tot twee keer so groot.

5 Verdeel die deeg in 6-8 stukke en rol in sirkels uit. Meng die botter en knoffel.

6 Bespuit ’n rooster met kossproei. Braai die naan oor hoë kole tot gaar en liggies geskroei. Verf die naan met die knoffelbot­ter.

7 Raita Meng alles en geur met die sout.

8 Vir afronding Haal die hoenderblo­kke uit die marinade en ryg aan die kebabstokk­ies. Braai die kebabs sowat 20 cm bo kole tot gaar. Sit die kebabs voor saam met die naan, raita, tamaties en koljanderb­are.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa