Huisgenoot

‘SO HET EK JOOST JARE LANK VERSORG’

Plus: Pl Di Die d dag toe ons Joost se as op familiepla­as begrawe

- Deur JANA VAN DER MERWE

EKSKLUSIEF UIT OUBOET PIETER SE BOEK

MENSE noem my ’n held omdat ek my broer deur sy siektestry­d versorg het. Dis nie waar nie,” vertel Pieter van der Westhuizen, oudste broer va van die legendarie­se Springbok Joost va van der Westhuizen, oor die lewe as sy br broer se versorger. “Daar was niks beso sonders daaraan nie. Ek het gedoen w wat ek dink enige mens vir sy broer so sou doen, uit plig én liefde. “My voorneme was dat ek nie eend dag wou terugkyk en sê ek kon méér g gedoen het of dinge anders gedoen het nie. In my hart wou ek weet ek het voluitl gegaan; alles in my vermoë vir hom gedoen,” skryf Pieter in sy aan- grypende nuwe boek, In die Skadu van ’n Legende, op die rakke vanaf 30 Augustus.

Joost se uitmergele­nde pad weens sy stryd teen motor neuron siekte( M NS) is welbekend. Die oud-Springbokh­eld het tot sy dood op 6 Februarie vanjaar as’t ware voor aanhangers se oë weggekwyn. Maar wêreldwyd het hul respek en bewonderin­g vir Joost se moedigheid toegeneem – en ook vir die byna bomenslike toewyding wat Pieter aan sy broer betoon het.

Nadat MNS by Joost gediagnose­er is en hy ál meer verswak het, het Pieter, ’n voormalige polisieman, sy konstruksi­eondernemi­ng prysgegee om deurentyd aan sy broer se sy te wees.

Dit was hy wat Joost voor sy dood soms soos ’n voëltjie moes voer. Hy wat Joost aan die einde in die hospitaal moes

vra of hy wil huis toe gaan om te sterf. Hy wat die familie laat kom het om Joost vir oulaas te groet. Hy wat sy broer se openbare begrafnis moes reël. En hy wat ná Joost se dood die stryd moes aandurf om die Bokheld se boedel af te handel.

Intussen het Pieter en sy vrou, die Getroud met Rugby-aktrise Marijke van der Westhuizen, se huwelik ná sewe jaar op die rotse geloop. Ná hierdie traumaties­e tyd was die skryf van sy boek vir hom ’n genesingsp­roses, sê Pieter.

In twee eksklusiew­e uittreksel­s uit sy nuwe boek vertel Pieter van sy lewe as Joost se versorger en van die groot verlies wat sy familie nou verwerk.

Die lewe as my broer se versorger

My rol as versorger het spontaan begin. Ons was een aand in 2013 by ’n geleent- heheid en Joost wou toilet toe gaan. Pa Party mense het gedink hy is dr dronk omdat hy gesukkel het om te loop. Ons twee het sukkel-sukke kel by die toilethokk­ie ingeskuife­l en toe sê hy iets waaroor ek vanda dag lekker lag, maar op daardie oo oomblik was dit ’n groot skok. “Haal hom uit. Ek kan nie m meer nie,” het my broer gesê en n na sy kroonjuwel­e beduie. “Wat?! Ek kan dit nie doen n nie!” het ek teëgekap, verbaas en a agterdogti­g. Maak hy al weer ’n g grap? Dit was geen grap nie. Joost het bloot sy skouers opgehaal en gesê: “Ek kan regtig nie meer nie. My hande wil nie saamwerk nie. Help!” Dit was die eerste keer dat ek my nuwe pos in sy lewe besef het, nie meer net as broer nie; van hier af vorentoe sou dit meer as dit moes wees. Hy sou hulp nodig hê met dinge wat ek nooit gedink het ’n probleem sou wees nie. Dit het maar erg eienaardig gevoel in daardie klein toilethokk­ie, maar met tyd raak ’n mens alles gewoond. Ou Joost was nooit terneerged­ruk oor sy situasie nie – hy was van nature ’n positiewe mens. Hy was net partykeer geïrriteer­d met sy liggaam wat nie wou saamwerk nie. Dit was nogal ’n pyn wanneer ons gesukkel het om tot mekaar deur te dring. Dis mos maar menslik.

“J-y i-s geïrriteer­d met my,” het hy eenkeer afgehaal gesê waar ons aan ’n restaurant­tafel gesit het. Ons was in Engeland en het gaan uiteet. Ek het twee stukkies hoender vir hom bestel, maar Joost wou vier gehad het. Toe sê hy ek is gefrustree­rd met hom en gee nie meer om nie.

“Is nie waar nie,” kap ek terug, oor- moeg en nie lus vir baklei nie. Twee hoenders; vier hoenders . . . Wat maak dit saak? Al wat ek in daardie stadium wou doen, was om te slaap.

Wanneer ons oorsee gegaan het, was daar amper nooit tyd vir my om ’n oog toe te maak nie. Al was ons in die gerief van besigheids­klas, moes ek steeds wakker bly vir wanneer hy iets sou nodig kry. ’n Slukkie water, die toilet of om op sy ander sy gedraai te word. Niemand anders sou hom verstaan as hy iets sou vra nie. Bedags was ons program ook so bedrywig, daar was geen tyd vir ’n uiltjie knip nie.

“Jammer,” het ek op die ou end bes gegee. Toe voel hy sleg en ek voel sleg; toe maak ons maar weer vrede.

Met sy stem se agteruitga­ng moes ek leer om sy lippe baie fyn te lees. Partykeer het hy van die een onderwerp na die volgende gespring, en dit was moeilik om by te hou. Frustrasie op die stasie. Gelukkig het ons nooit lank vies gebly vir mekaar nie.

My rol as versorger het met klein dingetjies begin: hare kam, naels knip, was en tande borsel; sulke goed. “Borsel harder, soos jy Juwan se tande sal borsel. Hárder, man!” het hy my gereeld aan die begin oor die kole gehaal. Juwan, my jongste, was toe nog klein. Dis nou maar een ding: Joost was nie ’n sissie nie. Dinge moes hard en reg gedoen word. My teenwoordi­gheid het mettertyd vir Joost ál meer noodsaakli­k geword. Hy sou my elke paar minute roep om iets vir hom te kom doen. “Dis eintlik net omdat hy jou heeltyd by hom wil hê,” het my pa opgemerk.

Aan die begin, voor my broer so swak geword het, het hy die situasie lekker uitgebuit. Ek sou net my sit kry in die kantoor op die boonste verdieping en begin werk, dan roep hy.

“Ja?” kom ek afgehardlo­op. Dan word so ’n bietjie oor onbenullig­hede gepraat, en dan verkas ek weer boontoe. Halfpad op roep Joost my terug, en wanneer ek weer langs hom staan, uitasem, lag hy te lekker.

“Ek wil net kyk hoe gim jy op die trap,” sou hy met daardie stoutseun-ondeundhei­d van hom sê. Of hy sou my tart: “Wonder jy ook hoe ver jy sou gewees het as ek jou nie teruggeroe­p het nie?” Haha-ha. Vir hom was dit die grootste grap op aarde!

“Ek dink ons moet vir jou ’n mooi Rus-

siese bruid of twee bestel,” het ek teruggespo­t, “sodat hulle beurte kan maak om na jou te kyk.” Joost het dan groot oë gemaak om te wys hy stem saam.

Of ons twee sou ’n sjokolade deel: ’n blokkie vir jou en ’n blokkie vir my. Dan hou hy my met arendsoë dop om seker te maak ons kry ewe veel.

Ander kere was dit ernstiger tussen ons. “I-s j-y skaam vir my?” wou Joost weet die eerste keer toe ek hom in die openbaar in sy rolstoel stoot.

Ek het voor hom gaan kniel. My hart wou breek. “Luister hier, ek sal nooit ooit skaam wees vir jou nie. Al loop jy hóé of praat jy hóé, ek sal my nooit vir jou skaam nie.” Toe het ek besef watter groot impak hierdie ding op hom het.

’n Mens kon nie anders as om met nuwe oë na die wêreld om jou te kyk nie. Ek was naderhand so daarop ingestel om elke liewe eenvoudige ding te waardeer. ’n Bord kos het skoon anders geproe.

Ek het gedink: Hoe gelukkig is ek nie dat ek dit kan kou en afsluk nie! Of dat ek myself soggens kan aantrek. Wat ’n voorreg. Dit was iets wat my broer nooit weer sou kon doen nie. Of om van die motor af voordeur toe te stap . . . die grootste seën op aarde. As hy maar net nog één dag lank sy bene kon gebruik!

Hy het elke moontlike kuur beproef. Stam sel behandelin­g, bok serum ... Mense van oraloor het raad gestuur; wonder kure aan ons probeer verkwansel. Soveel mense het medisyne en masjiene aangedra en gesê dit sou help. En wanneer ek sou vra hoeveel MNS-pasiënte hulle daarmee genees het, dan sê hulle nog nie een nie.

Ek wou nie hê Joost moes almal se proefkonyn wees nie. Baie mense het goeie bedoelings gehad; ander wou net vir hulself naam maak.

Baie mense het ook aangebied om vir Joost te kom bid, en het dit ook gedoen. Ons het baie dinge beproef, baie mense ingenooi, maar ook baie weggewys. Dit raak naderhand net te veel.

Joost was selfs by ’n genesingsd­iens van ’n bekende prediker. Daar was TV-kameras en alles. Die ou het vir my broer gebid en hom toe ’n stamp gegee dat hy lê. Dit het hom baie afgeskrik.

Dit het ook aan die lig gekom hy is op die een of ander manier tydens sy siekte vergiftig. Ons moes twee keer met hom hospitaal toe jaag. By twee geleenthed­e is groot hoeveelhed­e organofosf­ate in sy bloed bemerk, maar die bewyslas was te groot om enigsins verdere ondersoek te kon instel.

Ons gesin het wel in albei gevalle die omstandigh­ede ontleed en saam besluit om Joost nie weer sonder ’n versorger te laat uitgaan nie.

Ongeveer ’n week nadat Joost destyds uit die hospitaal ontslaan is, het hy in ’n onderhoud met die span wat Glory Game vervaardig het alles verduideli­k. Ek het toe besef dat Joost al in 2010, vóór sy diagnose, gesê het hy vermoed hy word vergiftig. Ons sal seker nooit heeltemal berusting hieroor kry nie. Maar dit daar gelaat.

Om sy versorger te wees het baie emosies in my wakker gemaak. Nie net vriendskap en broederlik­e liefde nie, maar ook

Ek het gedink: Hoe gelukkig is ek nie dat ek my kos kan kou en afsluk nie! Of dat ek myself soggens kan aantrek. Wat ’n voorreg

intense deernis. Ek kon nie miskyk hoe maer hy word en hoe swaar hy kry nie. Of hoe moedig hy bly stry het teen die siekte nie. Dit was ’n voorreg om hierdie pad saam met hom te loop.

Noudat my broer nie meer hier is nie, is daar ’n groot leemte in my binneste. In ’n stadium wanneer die foon gelui het, het ek outomaties gedink dis iemand wat bel en sê ek moet Joost gou kom help. Maar dan onthou ek: Nee, wag, hy’s nie meer hier nie.

Dit voel heeltyd asof ek nog iewers iets vir iemand moet doen. Asof iets skort in my lewe; in my lyf. Net die tyd sal leer hoe en wanneer hierdie gat in my siel toegepleis­ter sal word.

Hoe ons familie die verlies verwerk

Om by die Pretoriuss­e se familiebeg­raafplaas op oupa Joost se plaas te gaan inloer (my ma se kant van die familie) was soos om heilige grond te betree. Wanneer ons op die plaas gekuier het, het ek en Joost soms tussen die grafte gaan rondloop en die grafskrift­e een-een gelees. Of uitgewerk hoe oud ons gestorwe familieled­e geword het; sommer uit nuuskierig­heid.

“Ek wil reg langs oupa begrawe word,” het Joost jare later gesê toe hy reeds baie siek en in ’n rolstoel was. “Nét hier,” het hy na die oop plek onder die groot ou doringboom beduie. “En hiér,” het hy links van die grafte gewys, “moet die biertuin staan.”

Dit was so tipies Joost: nooit ’n ou vir ’n emosionele gesanik en huilery nie. Hy wou altyd hê daar moes gelag en grappies gemaak word, feesgevier word, selfs al is iemand dood. Veral met sý dood. “Wees bly en hou partytjie, want dan weet julle mos ek het huis toe gegaan,” het hy in die laaste paar jaar van sy lewe gesê.

Op 15 Julie 2017 het sowat 50 stuks van ons familie my broer se laaste wens geëer deur hom te ruste te lê langs oupa Joost, nes hy gevra het. Dit was een van die mooiste wintermidd­ae in die Bosveld. Die droë veld en doringbome is in spatsels geel en groen afgeëts teen ’n sonnige, blou winterheme­l. Vir ’n wyle het dit geklink asof selfs die natuur kop onderstebo staan en saam afskeid neem. Die stilte is net af en toe verbreek deur ’n snik hier of ’n snuif daar.

Ons het probeer, Joost . . . régtig . . . om net te lag en die mooi te onthou. Maar toe ma (Mariana) saam met pa (Gustav) vorentoe stap en jou wit kissie met die as vir oulaas teen haar bors vasdruk, kon ek dit self nie meer hou nie.

Ma het haar kop skuins gedraai en desperaat opgekyk na pa. Haar skouers het geruk, asof sy vir oulaas ’n antwoord op haar grootste vraag wou afsmeek: “Hóé laat ek ons seun gaan?” Niemand van ons het geweet nie.

Sy en pa het afgebuk en gekniel. Ek en Gustav het by hulle kom staan terwyl hulle jou boksie met as in die holte van die gedenkstee­n geplaas het. Dankie tog vir die grênd pers mat wat op die grond voor die graf neergelê is, want ma-hulle het lank so gekniel gebly, hulle hande op die wit kissie, terwyl hulle vir ’n heel laaste keer koebaai sê. Om hulle so in rou gebrokenhe­id te sien het my eie trane weer van voor af laat opdam en oorloop. Die finaliteit van alles was net te groot.

“’n Leeftyd in ’n oomblik saamgevat,” het E tien ned uP les sis( van Martinsbeg­rafnisonde­rnemers) tydens die gedenkdien­s in sy boodskap gesê. Sulke waar woorde. Om jou te groet was moeilik. My knieë het net onder my ingegee . . .

Skies, Joost. Ek het hard probeer om sterk te bly, maar ek kon nie. Laat ek dit nou maar eenmaal erken. As kind het ek dalk die karatemove­s gehad, maar jy was emosioneel nog altyd die sterkste van ons twee.

Almal het beurte gemaak om vorentoe te kom en jou vir oulaas te groet: Sonja, Marijke, die seuns, ons tannies, ooms, niggies, nefies . . . Almal wat so geheg was aan jou het eeneen kom groet, gaan buk by jou gedenkstee­n, ’n wit roos voor die kissie neergesit of saggies met jou gepraat, asof jy kon hoor.

Ek kan my net indink watter grappe jy oor dié statige petalje sou maak. Jy sou beslis die een of ander tyd gesê het: “Ag, toe nou, julle, dis nou genoeg. Hou nou

Skies, Joost. Ek het hard probeer om sterk te bly, maar kon nie

maar op met grens. Ek’s regtig oukei!”

En as jy kon, sou jy beslis ’n paar poetse gebak het om ons lekker op hol te jaag. Dalk is pa reg. Hy het ’n paar keer deur die loop van die dag gesê-vra: “Wat van as Joost net hier iewers op ’n paal sit en ons dophou?”

Ek dink op ’n manier wou ons graag glo jy was daar. Maar ek dink jy’s te gelukkig in jou nuwe tuiste om nog hier rond te hang. Waar jy nou is, is vrede. Jy’t ons almal voorgespri­ng. Jou gelukkige blikskotte­l!

Ek troos my daaraan elke dag hier op aarde is ’n daggie nader aan wanneer ons mekaar weer sal sien. In die gedenkbrie­f het ons vir jou geskryf: “Ons mis jou so baie en verlang na jou, elke dag. Ons stuur vir jou goeie wense, vandag en al die jare vorentoe, tot ons eendag weer ontmoet.”

Nou nog wanneer ek bid, vra ek elke dan en wan: “Here, gee Joost ’n drukkie. Stuur vir hom groete.” Jy moet seker die ou in die hemel wees wat die meeste drukkies kry.

Jy sou ook baie gelukkig gewees het met hoe die res van die dag verloop het. Dit was rustig en lekker. Vredevol. Geen media of flitsende kameras nie. Ons hele familie het langs die ou plaashuis, in die koelte onder die groot boom, sit en kuier – die boom waarin ons almal kleintyd so graag geklouter het. Onthou jy nog? Daar, weg van jou gedenkstee­n af, hét ons lekker gelag en grappies gemaak.

Arme Marijke is weer uitgevang toe een van die seuns haar cappuccino met bier dokter. Van ons gaste het selfs ’n poets op mý gebak. Jy sou gelê het van die lag.

En toe die dag amper klaar was en die Bosveldson reggemaak het om te gaan slaap, het ons almal ’n shootergla­sie met ’n kort strooitjie in die hand gevat en vir oulaas ’n heildronk op jou lewe gedrink. Jy moes ons 50 se geslurp gehoor het! Ons het spontaan uitgebars van die lag.

Joost, ek moet ook net sê Kylie en Jordan kon ongelukkig nie daar wees nie. Ma het ’n mooi foto van elkeen gaan uithaal en “Love you, Dada” agterop geskryf. Sy het dit saam met ’n foto van haarself, pa en ’n brief wat sy vir jou geskryf het langs die kissie geplaas. Daarna is die opening verseël. Ek’s seker daarvan jy sou dit ook so wou gehad het.

Weet jy, om al hierdie dinge neer te skryf is soos terapie. Dit help ’n bietjie met die genesingsp­roses. Die tyd sal dalk nie alles heelmaak nie, maar dit sal ons groot verlies draagliker help maak. Ek mis jou, broer, en ek is lief vir jou.

Ons familie hanteer Joost se dood elkeen op sy of haar eie manier. My ma vind troos daarin om haarself besig te hou. Sy ry soggens in doodse stilte werk toe, en in haar kantoor trek sy die deur agter haar toe en huil haar hart uit en praat met God. Elke dag.

Sy’s nie meer kwaad nie. “Die Here het Joost nou sý kind gemaak,” sê sy nou die dag. Om kwaad te bly is net so goed soos om haarself in selfsug toe te vou, besef sy. Dit sal bloot nie reg wees nie.

Pa hou hom sterk, maar wanneer hy dink niemand kyk nie, huil hy ook maar om die hoekie.

My ouers weet nie eintlik wat om met al hul vrye tyd oor naweke te doen nie. Dit was gewoonlik die tye dat hulle vir Joost gaan kuier het, kos aangedra het, liefde gegee het . . . Nou lê hulle soms sommer net ure lank op die bed en dink en verlang.

Ons jongste broer, Gustav, het ook sy eie spoke om te verjaag. “Die prentjie in my kop van Joost se laaste oomblikke, daar op die hospitaalb­ed in sy sitkamer, kan ek net nie afgeskud kry nie,” sê hy. Maar hy koester die laaste paar jaar waarin ek, hy en Joost nader aan mekaar beweeg het. Ons het hegte vriende geraak, veral deur Joost se siekte, en dis iets waarop ek en Gustav gaan voortbou van hier af vorentoe.

Jy moet die ou in die hemel wees wat die meeste drukkies kry

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Joost (links) en Pieter as leerders aan die Laerskool Derdepoort in Pretoria. Hulle was meer as broers, vertel Pieter. Hulle was sielsgenot­e en beste vriende.
Joost (links) en Pieter as leerders aan die Laerskool Derdepoort in Pretoria. Hulle was meer as broers, vertel Pieter. Hulle was sielsgenot­e en beste vriende.
 ??  ?? HOOFFOTO: Pieter van der Westhuizen het In die Skadu van ’n Legende in die maande ná sy broer die oud-Springbokh­eld Joost van der Westhuizen se afsterwe geskryf. HEEL BO: Pieter (links) en Joost as kleuters. BO: Van links is die drie Van der...
HOOFFOTO: Pieter van der Westhuizen het In die Skadu van ’n Legende in die maande ná sy broer die oud-Springbokh­eld Joost van der Westhuizen se afsterwe geskryf. HEEL BO: Pieter (links) en Joost as kleuters. BO: Van links is die drie Van der...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? (Van vorige bladsy) Pieter was elke stap van Joost se stryd teen motorneuro­nsiekte aan sy broer se sy. Joost was teen die einde van sy siekte, wat in 2011 by hom gediagnose­er is, aan ’n rolstoel gekluister.
(Van vorige bladsy) Pieter was elke stap van Joost se stryd teen motorneuro­nsiekte aan sy broer se sy. Joost was teen die einde van sy siekte, wat in 2011 by hom gediagnose­er is, aan ’n rolstoel gekluister.
 ??  ?? Pieter vertel in sy boek sy rol as versorger het spontaan in 2013 begin. Maar dit was ’n moeilike rol om te vervul en een wat heeltydse versorgers later moes oorneem. Joost kon later in sy siekte nie meer self eet of drink nie en was heeltemal van...
Pieter vertel in sy boek sy rol as versorger het spontaan in 2013 begin. Maar dit was ’n moeilike rol om te vervul en een wat heeltydse versorgers later moes oorneem. Joost kon later in sy siekte nie meer self eet of drink nie en was heeltemal van...
 ??  ?? Pieter ondersteun Joost tydens ’n onderhoud met Huisgenoot. Joost moes eindelik deur middel van ’n spesiale rekenaar kommunikee­r, wat die beweging van sy oë gevolg en op ’n skerm getik of in ’n rekenaarst­em gepraat het.
Pieter ondersteun Joost tydens ’n onderhoud met Huisgenoot. Joost moes eindelik deur middel van ’n spesiale rekenaar kommunikee­r, wat die beweging van sy oë gevolg en op ’n skerm getik of in ’n rekenaarst­em gepraat het.
 ??  ?? Die Van der Westhuizen-familie het in die week ná Joost se dood op 6 Februarie vanjaar hul mooiste herinnerin­gs van hul seun en broer gedeel. Van links is sy jonger broer, Gustav jr., pa, Gustav sr., ma, Mariana, en ouer broer, Pieter. Pieter skryf in...
Die Van der Westhuizen-familie het in die week ná Joost se dood op 6 Februarie vanjaar hul mooiste herinnerin­gs van hul seun en broer gedeel. Van links is sy jonger broer, Gustav jr., pa, Gustav sr., ma, Mariana, en ouer broer, Pieter. Pieter skryf in...
 ??  ?? * IN DIE SKADU VAN ’N LEGENDE, DEUR PIETER VAN DER WESTHUIZEN EN UITGEGEE DEUR CARPE DIEM, IS VAN 30 AUGUSTUS TEEN R149 IN UITGESOEKT­E BOEKWINKEL­S SOOS CUM, PNA EN BARGAIN BOOKS BESKIKBAAR OF AANLYN BY VOELGOEDBO­EKE.CO.ZA.
* IN DIE SKADU VAN ’N LEGENDE, DEUR PIETER VAN DER WESTHUIZEN EN UITGEGEE DEUR CARPE DIEM, IS VAN 30 AUGUSTUS TEEN R149 IN UITGESOEKT­E BOEKWINKEL­S SOOS CUM, PNA EN BARGAIN BOOKS BESKIKBAAR OF AANLYN BY VOELGOEDBO­EKE.CO.ZA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa