Huisgenoot

Dít beplan Kiwi-breier met Blou Bulle

Ná ’n swak seisoen tot dusver het die Bulle nou ’n nuwe afrigter. Kenners sê hoe hy sake kan regruk, en hy vertel wat hy beoog

- Deur JACQUES MYBURGH

MENIGE Saterdagmi­ddag het Steve Hofmeyr se lirieke Die Blou Bul eet nie van die vloer af nie weergalm oor die luidspreke­rs van ’n stampvol, triomfante­like Loftus Versfeld. Maar dit was in die goeie ou dae . . .

In die onlangse Superrugby-seisoen was daar bitter min om oor te juig vir ondersteun­ers van die Pretoriase span wat dié trofee op hul kruin al drie keer gewen het. En in die stryd om die Curriebeke­r gaan dit so beroerd, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het pas die hoofafrigt­er, Nollis Marais, met die Nieu-Seelander John Mitchell vervang.

John, wat net ’n maand tevore een van Nollis se hulpafrigt­ers geword het, sou hom eers ná die huidige Curriebeke­rseisoen vervang het. Maar ná die Bulle se derde nederlaag agtereenvo­lgens, met 40-41 teen die Cheetahs, is die veranderin­g summier aangebring.

“Ons wil weer sukses behaal,” het Barend van Graan, die BBM se uitvoerend­e hoof, aan ons bevestig. “En die vertroue en geloof in ons handelsmer­k herstel.”

Die 53-jarige John was van 2011 tot 2012 hoofafrigt­er van ’n jong, onervare en onsuksesvo­lle Leeus-span, maar is onder ’n wolk weg omdat die spelers glo nie van sy hardhandig­e bestuursty­l gehou het nie.

Tog meen sommige kenners hy het die fondament gelê waarop sy opvolger, Johan Ackermann, voortgebou en eindelik groot sukses met die Leeus behaal het.

Sedert John destyds by die Leeus weg is, was hy hoofafrigt­er van Amerika se nasionale rugbyspan. Hy het die Amerikaner­s vir die eerste keer in hul geskiedeni­s tot in’ n Wêreldbeke­r rugbytoern­ooi gebrei.

In ’n onderhoud met Huisgenoot op Loftus Versfeld pas voor die BBM se aankondigi­ng dat hy Nollis as hoofafrigt­er vervang, vertel John: “Ek het dinge by die Leeus verander en sal ook by die Bulle, maar met hulle sal ek ’n heel ander benadering volg. Die Leeus was in ’n veel meer benarde situasie as die Bulle,” meen hy. “Mense sien ooreenkoms­te, maar die Bulle het puik geriewe en ’n fanatiese, lojale ondersteun­ings gemeenskap .”

Die probleem met die Bulle, meen kenners, is hulle speel verbeeldin­glose, vervelige rugby en hul basiese vaardighed­e

isis gebrekkig gebrekkig. MaarMaar wat sal dit verg om diewat sal dit verg om die Bulle reg te ruk, en wat is John se aksieplan?

DOELWIT 1: BEGRAWE STAMPKARRU­GBY

Dis ’n vloekwoord onder ontleders van die spel: stampkarru­gby. En dis die groot probleem met die Bulle, verklaar die SuperSport-kommentato­r en oud-Bok Kobus Wiese. “Die Bulle het ’n vervelige patroon aangeneem waar die groot voorspeler­s die teenstande­rs probeer omhardloop, pleks van die bal vinnig met die agterlyn langs na die punte (dus na die vleuels) aangee,” sê hy.

Sy SuperSport-kollega en Boklegende Naas Botha stem saam. “Anders as die Leeus speel hulle nie innoverend­e rugby nie. Hulle moet die gapings in die verdedigin­gslyn soek en daarin speel.”

Die gerekende rugbyskryw­er Bokkie Gerber vertel dié uitgediend­e spelpatroo­n werk net nie meer met teenstande­rs wat teen ’n vinniger tempo speel nie. “Die BBM weet dit, maar het nog nie die afrigters gehad om ’n meer moderne spelpatroo­n te ontwikkel nie.”

John sê sy hoofdoel is om die spelers aanvallend­e rugby te leer speel, pleks van die konserwati­ewe patroon waarin spanne weens stampkarru­gby verval. Dit beteken hulle sal al die basiese dinge – soos balhanteri­ng en -verspreidi­ng, skrumtegni­ek, aanvalslyn­e, hardloop, duik en skop – vinniger moet doen. En om dit reg te kry, moet hulle topfiks word.

DOELWIT 2: ONTWIKKEL JONG TALENT

Die Bulle se sukses het baie lank berus op ’n kerngroep topspelers, manne soos Victor Matfield, Bakkies Botha, Fourie du Preez en Morné Steyn. Maar jong talent is nie betyds ontwikkel om by die ou strydrosse oor te neem toe hulle uittree nie. Bokkie meen John moet veral daarop konsentree­r om jong spelers te slyp.

“Ek was nog nooit bang om ’n jong speler te kies nie,” sê John. “Dis een van my prioriteit­e om belowende jonges kans te gee en van hulle uitmuntend­e spelers te maak.”

Volgens hom sal hy nou met Tukkies se Hoë prestasie sentrum saamwerk om aan jong talent te skaaf. “Ek kan nie in hierdie stadium veel verklap oor hoeveel jong spelers ek sal kies nie. Dit gaan nie oor ouderdom nie,” verduideli­k hy; “dit gaan oor prestasie.”

DOELWIT 3: BOU ’N TOPSPAN

Naas meen individuel­e spelers is nie die rede vir die Bulle se swak prestasie nie. “Sport is eenvoudig: Daar moet resultate wees, so nie moet die afrigter en kaptein die skuld daarvoor kry.”

Maar John sê hy sal nie huiwer om in te klim as iets moet verander nie. “Ek stel nie belang in verskoning­s, selfverwyt of blaam nie. Daar sal streng standaarde wees. Spelers moet bereid wees om hul foute te erken en daaruit te leer, anders waai hulle.”

Maar hy is nie nou bereid om spelers uit te sonder nie. “Ek is nog net ’n maand by die Bulle. Ek luister en kyk nog. Spankeuses en hoe ek dinge gaan verander, sal mettertyd vir my duideliker word.”

DOELWIT 4: KWEEK SPANWERK

Die Bulle speel nie goed saam as ’n n span nie, meen Kobus. John stem saam: “Elke speler wil vir homself f presteer eerder as om vir die span te speel. Kortom: Hulle moet meer onselfsugt­ig speel en die bal aangee na ’n spanmaat wat in ’n beter posisie is om die verdediger­s te klop.”

Kobus sê dit kan gedoen word as behoorlike dissipline gekweek word. “Dis hoe John die Leeus reg- geruk het. Hy is daarvoor bekend dat hy hom toespits op spandissip­line pleks van die individu s’n. So bou jy goeie spangees en ’n fondament vir goeie samespel.”

DOELWIT 5: MAAK DIE STADIONS WEER VOL

Die Bulle sal gedy wanneer hul aanhangers weer bankvas agter hulle staan. “Loftus se mense floreer op oorwinning­s en vergaan met nederlae,” sê Bokkie. “John se benadering moet wees om Loftus weer vol te kry met die span se spel. Die druk om te wen sal groot wees.”

John weet dit kan op net een manier vermag word: Die Bulle moet weer begin wen. “Ons moet konsekwent goed speel. Dit skep vertroue by die toeskouers en gee hulle waarde vir hul geld. Goeie spel beteken pret op die paviljoen.”

 ??  ?? LINKS en BO: Die eens magtige BlBlou BBullell kkan vandagd niei resultate wys nie. ONDER: John Mitchell is ontbied om die Bulle reg te ruk. REGS ONDER: Bakkies Botha (links) en Victor Matfield in ’n triomfante­like oomblik nadat die Bulle in 2004 die...
LINKS en BO: Die eens magtige BlBlou BBullell kkan vandagd niei resultate wys nie. ONDER: John Mitchell is ontbied om die Bulle reg te ruk. REGS ONDER: Bakkies Botha (links) en Victor Matfield in ’n triomfante­like oomblik nadat die Bulle in 2004 die...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa