Huisgenoot

SEUN DEPRESSIEF NÁ TRAUMA

-

My seun was ’n borrelende, pragtige, hardwerken­de, godvresend­e jong man. Jare gelede het iets vreesliks met hom gebeur. Dit het hom soos handomkeer laat verander. Daarna kon hy nie lank ’n werk hou nie.

Nou is hy al jare lank sonder werk. Sy stiefpa kan nie verstaan depressie kry hom onder nie. Hy is al amper 40 en wil graag ’n vrou en kinders hê. Sy geloof beteken baie vir hom. Hy wil nie medikasie drink nie, want hy voel nie dit werk vir hom nie. Hy is ’n opgevoede man.

Ma op KL

Jy meld nie watter trauma jou kind beleef het nie. As hy nie deurlopend­e en diepgaande berading gekry het om dit te verwerk nie, sal hy ongemotive­er bly om die lewe aan te durf en werk te soek. As hy boonop nie mediese behandelin­g vir sy depressie ontvang nie, kan dit hom emosioneel lamlê.

Geen kitsoploss­ings bestaan hiervoor nie. Jy en sy steunnetwe­rk sal hom nog geruime tyd moet dra. Geduldige en liefdevoll­e leiding is nodig sonder dat jy hulpeloosh­eid of oorafhankl­ikheid in die hand werk.

Vir eers moet jy hom oorreed om pastorale berading vir die trauma te kry omdat sy geloof ’n groot rol in sy lewe speel. Kyk of daar nie mediese behandelin­g vir sy depressie is waarvoor hy wel kans sien nie.

Niebedreig­ende leefstylaa­npassings is nodig soos om te sorg dat hy genoeg sonlig, slaap en oefening kry. Dit gaan oor die dag-tot-dag-bestuur van sy lewe.

Struktuur kan hom weer ’n lewensdoel help vind, maar as te groot doelwitte gestel word, kan dit angs veroorsaak by mense soos hy wat vir min kans sien.

Kan hy dalk heropgelei word vir ’n nuwe loopbaanri­gting? Vrywillige werk vir ’n welsynorga­nisasie ’n paar uur per week kan hom moontlik met ’n besluit help om ’n ander lewensrigt­ing in te slaan. As dit met sy geloof verband hou, des te beter.

Ook jy het steun en uitlaatkle­ppe nodig. Jou man se uitgangspu­nt maak jul lewe moeiliker, maar vir eers moet jy konflik daaroor vermy. Jou doelwit is om jou seun proaktief te help om sy uitdagings te bestuur en deur jou voorbeeld begrip daarvoor te kweek.

Baie sterkte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa