Versuim om berekende risiko’s te neem sal ons ekonomie en opvoedingstelsel laat stagneer
Ouers sukkel dikwels om die prosesp van leer te prys, want hulle is op die resultaat ingestel
(Van vorige bladsy)
ge gevolge inhou. Omdat so baie hi hiervan ’n sosiale aspek het – di die behoefte om jou vriende te be beïndruk of in te pas – plaas ons a adolessente risikoneming onder “W“Waar staan ek?” Ons weet ty tydgenote is vir tieners baie bela langrik, want adolessente r risikoneming kom gewoonlik in g groepe voor.
Kinders het ruimte nodig om r risiko’s te loop en hul perke te t toets. En hulle moet slaag en misluk om hul eie perke te ontdek. As jy kinders wil help om ’n sterk se selfbeeld te ontwikkel, het “helikopterouerskap” net mooi die teenoorgestelde uitwerking.
Neem die ouers Lien en Johan as voorbeeld. Hulle is selde buite bereik van hul kinders – of die kinders hulle nou nodig het of nie. Hulle probeer alles glad en maklik vir hul kinders maak en dring daarop aan dat Henko in sy skool se eerste rugbyspan speel.
Lien en Johan is ouers wat “alle hindernisse uit hul kinders se weg probeer ruim”, selfs wanneer hul kinders nie dink daar is ’n probleem nie. Hulle bedoel goed; wie wil hê hul kind moet swaarkry? Maar die ouers bewys hul kinders geen guns nie. Hoekom moet Henko altyd in die beste span wees? Moet hy nie ook leer hoe om mislukking te hanteer nie?
Dit gaan dikwels verder deurdat die ouers Henko se huiswerk doen en hom so laat dink hy is op ’n A geregtig. Soos ons sê vir die ouers wat af en toe ons universiteit se kantoor bel: Jou kind (eintlik ’n volwassene) het nie misluk weens enigiets wat jy gedoen het nie; jou kind het misluk weens wat hy of sy self nié gedoen het nie.
Ouers wat so inmeng, bou nie kinders se selfvertroue op nie; hulle dra implisiet die boodskap oor: “Jy kan dit nie sonder my doen nie,” ’n boodskap waarby Henko of ander “helikopterkinders” wat moet leer om op hul eie op te styg en te land nie sal baat vind nie.
VLAK 3: BEREKENDE RISIKO’S
Ons derde vlak vertroue behels die neem van berekende risiko’s en leer uit jou foute. Onvermydelik neem jy nie altyd die regte besluite nie. Maar ’n versuim om kanse te waag sal jou verlam, opgeskeep met die studiekursus wat nie ’n “uitdaging” was nie, opgeskeep met die loopbaan wat jy nie bevredigend vind nie, en opgeskeep met jou ou, onbetroubare skedonk van ’n motor. Versuim om berekende risiko’s te neem sal ook ons ekonomie en opvoedingstelsel laat stagneer. Die selfvertroue om verandering teweeg te bring kan deur jou huis, skool of selfs die breër samelewing gevorm word. Jong meisies word steeds so gesosialiseer dat hulle dikwels dink vro vroue kan nie al die soorte werk doe doen wat mans doen nie; dus het hu hulle nie die selfvertroue om ’n uit uitdagende loopbaan aan te durf nie nie. W Wanneer kinders leer om berek rekende kanse te waag, leer hulle on onafhanklik dink, vernuwing aa aangryp, en hul intellektuele, so sosiale en kulturele wêreld b bevraagteken. Ouers speel hierin ’n groot rol,
want as hulle kinders aanmoedig om aan te hou probeer wanneer hulle moeilike take teëkom – soos huiswerk – sal hulle aanhou nuwe dinge beproef en nie ophou eksperimenteer nie.
Volhardingsvermoë word gekoester deur kinders nie te laat tou opgooi nie, maar hulle aan te moedig om te kyk wat hulle kan doen. Soms is die opbreek van groot take in kleineres al wat kinders nodig het om te weet hulle kan sukses behaal.
VLAK 4: WAAG OM TE MISLUK
Die laaste vlak selfvertroue word bereik wanneer ’n mens waag om te misluk in die wete dat die grootste vordering aan die grense van ons gemaksone gebeur. Trouens, diegene wat berekende risiko’s aan die rand loop, misluk dikwels langs die pad en klim dan terug na sukses. Hulle kry dit reg om sukses te behaal, want hulle leer uit hul mislukkings en het die volhardingsvermoë om dit te oorkom en met hul lewe aan te gaan.
As dit net die regte antwoord is wat vir jou saak maak, eksperimenteer jy nooit met ’n ander manier om ’n probleem op te los nie. In werklikheid bied elke mislukking leergeleenthede.
Ouers sukkel dikwels om die proses van leer te prys, want hulle is so op die resultaat ingestel.
Iemand onthou sy het haar pa trots haar rapport gegee met ’n blink 95% daarop. Hy het as ’n grap gesê: “Wat het van die ander 5% geword?”
Sy reaksie het haar harde werk vir daardie punt geringgeskat. Die ingesteldheid op die resultaat het blykbaar al haar moeite uitgevee. Sulke gedrag ondermyn die selfvertroue wat ons nodig het om aan te hou probeer.
Om realisties te wees oor die moeite wat by leer betrokke is, kweek selfvertroue. Om leerders te help verstaan mislukking is ’n onvermydelike deel van die leerproses, lei tot groter vasberadenheid en deursettingsvermoë. Maar kinders se huis- en skoolomgewing kan hul selfvertroue manipuleer en vorm.