Huisgenoot

WAT JOU ROMMEL VERKLAP

Jou opgaargoed kan baie sê oor wat in jou gemoed aangaan. Met nuttige opruimraad uit ’n nuwe boek kan jy jou lewe verbeter

-

LAAIE so vol geprop, ’n mens is bang om dit oop te maak. Stapels ou papierwerk. Hope boeke wat wag dat jy hulle lees. Klere wat jy jare gelede laas gedra het . . .

Rommel. Ons almal weet hoe dit lyk, maar om daarvan ontslae te raak is ’n heel ander storie.

Jy begin dalk met goeie bedoelings en probeer dit vertrek vir vertrek aanpak, maar dis so maklik om oorweldig te voel en stoom te verloor.

Kerri Richardson, ’n Amerikaans­e leefstylon­twerper en -afrigter, het met die jare reeds al die moontlike verskoning­s gehoor terwyl sy duisende kliënte gehelp het om van ou bagasie ontslae te raak sodat die lewe beter en ’n ryker ervaring kan wees.

Ontrommeli­ng is moeilik omdat dit jou liggaamlik en geestelik uitdaag, sê sy. Dit gebeur selde dat jy net ’n ongebruikt­e item gryp en besluit om dit weg te gooi.

Die meeste van jou besittings het ’n geskiedeni­s. Jy het dit met ’n rede jou huis binnegebri­ng en so lank daaraan vasgeklou. Maar soms besit die goed jou op die ou end, pleks van andersom.

“As jy ’n ander werk, beter verhouding, meer geld of liefdevoll­e vriende wil hê, maar jou lewe is propvol nadelige verhouding­s, bokse vol aandenking­s of stapels en stapels boeke, lê jy letterlik self ’n struikelbl­ok in jou pad,” sê Kerri.

Maar as jy vasbyt en jou ruimte terugeis, sal jou huis nie net agtermekaa­r en silwerskoo­n wees nie; jy sal ook ontslae raak van al die rommel in jou kop wat jou terughou, soos daardie knaende kommer, berou, griewe en teleurstel­lings.

Dit skep die nodige ruimte om nuwe mense en dinge in jou lewe in te bring.

In hierdie uittreksel uit Kerri se nuwe boek, What Your Clutter Is Trying to Tell You, verduideli­k sy hoekom die rommel in jou huis opgaar en wat jy daaromtren­t kan doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa