Huisgenoot

STOKVISBOB­OTIE

-

Dié bobotie is ook lekker as oorskietvi­s. Ons voeg botterbone by om dit meer substansie te gee. GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 45 min. VIS 400 g stokvis,

sonder vel sout en vars gemaalde

peper 15 ml (1 e) olyfolie BOBOTIE 30 ml (2 e) olyfolie 2 uie, in blokkies gesny 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 5 cm vars gemmer,

fyn gerasper 5 ml (1 t) komyn

saadjies 30 ml (2 e) geroos

terde masala 5 ml (1 t) borrie 60 ml (¼ k) goue

sultanas 1 x 410 g-blik botterbone, afgespoel en gedreineer 15 ml (1 e) suur

lemoensap EIERVLA 250 ml (1 k) room

of melk 2 eiers, geklits SAMBAL 2 tamaties, in klein

blokkies gesny 1 ui, in klein

blokkies gesny 15 ml (1 e) asyn VIR VOORSIT vars gekapte

koljanderb­lare

Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

1 Vis Sit die vis op die bakplaat, geur met die sout en vars gemaalde peper en drup die olie oor. Rooster 15 min. of tot gaar. Vlok die vis rofweg en verwyder al die grate.

2 Bobotie Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie, knoffel en gemmer tot geurig. Voeg die komynsaadj­ies by en roerbraai nog ’n minuut.

3 Voeg die res van die bestanddel­e by en roerbraai 5 min. Geur met nog sout en vars gemaalde peper, indien nodig.

4 Voeg die vis by, roer deur en geur met sout na smaak. Skep die vismengsel in ’n oondbak. Bak 10 min. in die oond.

5 Eiervla Klits al die bestanddel­e goed saam. Giet oor die bobotie sodra dit uit die oond kom. Plaas terug in die oond en bak 20-25 min. of tot die eiervla gestol het.

6 Sambal Meng alles en geur met sout en vars gemaalde peper.

7 Vir voorsit Sit die bobotie voor saam met die sambal en die koljanderb­lare.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa