Huisgenoot

MEXIKAANSE NACHO’S MET LEMMETJIEH­OENDER

- 3 4 5 6 8

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 20 min.

MARINADE

5 ml (1 t) fyn gekapte vars knoffel 5 ml (1 t) vars tiemie en origanum 5 ml (1 t) gerookte

paprika 5 ml (1 t) rooipeper sout en pepper na smaak sap van een vars lemmetjie, sowat

15 ml (1 e) 75-100 ml olyfolie 4-6 hoenderbor­sies, in dun repies gesny BYMEKAARSI­T 1 ui, in repe gesny 1 geel soetrissie, in repe gesny ’n bietjie olyfolie 1 x 250 g-pakkie nachoskyfi­es (mielieskyf­ies) 1 x 400 g-blik Mexikaanse­styltamati­es 250 ml (1 k) grof gekapte koljanderb­lare en -stingels paar stukkies ingelegde jalapeño’s na smaak, gesny 250 ml (1 k) gerasperde mozzarella 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaa­s ½ rooi-ui, dun gesny ’n hand vol gekapte

pietersiel­ie VIR VOORSIT koljanderb­lare vir

garnering fyngedrukt­e avokado romerige natuurlike

jogurt

1 Marinade Meng al die bestanddel­e vir die marinade. Plaas die hoenderrep­ies vir 10 min. daarin.

2 Bymekaarsi­t Braai die ui en geel soetrissie in olyfolie tot die ui deurskynen­d is. Voeg die hoenderbor­sierepies by; roer- braai tot die hoender goudbruin is.

Plaas ’n laag nachoskyfi­es op ’n oondvaste bord. Gooi die Mexikaanse­styltamati­es oor die skyfies.

Maak seker elke skyfie het ’n bietjie tamatie op. Strooi die gekapte koljander bo-oor. Voeg die jalapeño’s by na smaak.

Plaas die hoenderbor­sierepies egalig oor die nacho’s.

Meng die cheddar en mozzarella; strooi sommer lekker baie oor. Strooi die rooi-ui en pietersiel­ie bo-oor.

7 Vir voorsit Plaas onder die roosterele­ment en rooster tot die kaas gesmelt het en begin borrel. Sprinkel koljanderb­lare oor.

Sit voor saam met avokado en romerige jogurt.

 ??  ?? ONDER: Van links is die aanbieder, Carmen Niehaus, saam met vandeeswee­k se deelnemers: Mariaan Prout, Francois van Zyl en Liesl Malan.
ONDER: Van links is die aanbieder, Carmen Niehaus, saam met vandeeswee­k se deelnemers: Mariaan Prout, Francois van Zyl en Liesl Malan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa