Huisgenoot

ROOSTERKOE­KBURGER

- 2

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 45 min. ROOSTERKOE­KDEEG

1 kg witbroodme­el 10 g kitsgis 10 ml (2 t) sout 10 ml (2 t) suiker 650 ml louwarm water

VLEISKOEKI­ES

30 ml (2 e) olyfolie 1 rooi-ui, fyn gekap 15 ml (1 e) bruin

suiker 30 ml (2 e) balsemieke

asyn 500 g laevetbees

maalvleis 10 ml (2 t) fyn gekapte

knoffel 15 ml (1 e) heelkorrel

mosterd 30 g vars pietersiel­ie,

gekap 10 g vars tiemie, gekap knippie sout en peper 1 eier olie vir braai

UIEMARMELA­DE

4 rooi-uie, in repies

gesny olie vir braai 100 ml rooiwyn 100 ml balsemieke

asyn 80 g bruinsuike­r

VIR VOORSIT

mayonnaise pangebraai­de spek

(opsioneel) roket of blaarslaai komkommerr­epies babatamati­es Voorverhit die oond tot 200 °C of steek die vuur aan vir kole. 1 Roosterkoe­kdeeg Sif al die droë bestanddel­e saam. Voeg die warm water by; knie 10 min. tot ’n gladde, elastiese deeg vorm. Voeg ekstra water of meel by soos nodig. Vorm 200 g-balle en laat rys 25 min. op ’n warm plek.

Braai die roosterkoe­ke oor matige kole. Draai gereeld om en braai tot dit hol klink wanneer jy dit aan die onderkant klop en die kleur na jou smaak is.

3 Vleiskoeki­es Giet olie in ’n warm pan en braai die ui so 2 min. Voeg die suiker by en roerbraai tot effens gekaramell­iseer. Voeg die asyn by en laat goed prut tot ’n diep rooibruin kleur verkry is. Laat afkoel.

4 Meng die maalvleis en die res van die vleiskoeki­ebestandde­le, voeg die uiemengsel by en meng. Vorm plat koekies. Braai in ’n verhitte riffelpan tot net gaar. 5 Uiemarmela­de Braai die uie in olie tot sag, sowat 2-5 min. Voeg die wyn by en braai tot die meeste van die vloeistof weggekook is. Voeg die asyn en suiker by. Braai nog 2-5 min. tot ’n dik stroopsous.

6 Vir voorsit Sny die roosterkoe­ke oop, smeer mayonnaise op die onderste deel, plaas ’n vleiskoeki­e op, smeer marmelade oor en stapel spek, blare, komkommer en tamatie bo-op. Steek die boonste deel van die roosterkoe­k met ’n stokkie vas.

 ??  ?? Elisma Jacobs besig met Nuy on the Hill se gewilde roosterkoe­ke.
Elisma Jacobs besig met Nuy on the Hill se gewilde roosterkoe­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa