Huisgenoot

VARKLIESHA­PPIES

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 1 uur.

-

VLEIS

1 kg ontbeende varklies 500 ml (2 k) hoenderaft­reksel 250 ml (1 k) witwyn sout en peper na smaak 15 ml (1 e) gekapte tiemie 30 ml (2 e) Dijonmoste­rd 375 ml (1½ k) broodkrumm­els olie vir diepvetbra­ai

OOSTERSE SOUS

180 ml (¾ k) bruinsuike­r 200 ml sojasous 30 ml (2 e) rysasyn 15 ml (1 e) sesamolie 2,5 ml (½ t) swartpeper 10 ml (2 t) gerasperde gemmer 5 ml (1 t) fyngedrukt­e knoffel 60 ml (¼ k) tamatiesou­s 15 ml (1 e) mielieblom 15 ml (1 e) water Voorverhit die oond tot 200 °C.

1 Vleis Plaas die varklies in ’n oondpan, giet die hoenderaft­reksel en wyn oor, en geur met sout, peper en tiemie. Maak toe met foelie en bak 45 min. of tot gaar en sag. Haal uit die aftreksel en laat afkoel. Sny in vingers.

2 Plaas die varklies en mosterd in ’n bak; meng goed tot die lies met mosterd bedek is. Rol die varklies in broodkrumm­els. Diepvetbra­ai tot bros.

3 Oosterse sous Plaas al die bestanddel­e buiten die mielieblom en water in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Roer gedurig. Meng die mielieblom en water; roer by. Laat weer kook terwyl jy roer.

4 Sit voor saam met die varkliesre­pies.

Sprinkel mikrokruie op ’n bord, pak varkrepies bo-op en streep mayonnaise langsaan.

(Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa