Huisgenoot

HOE BESTUUR EK DIT?

-

Erkende en beproefde medikasie soos metielfeni­daat, byvoorbeel­d Ritalin en Concerta, stimuleer en verbeter die brein se bestuurste­lsel. Die voorgeskre­we medikasie is nie gevaarlik of verslawend nie. Maar medikasie is nie genoeg nie, maan Dave.

Terapie vir die individu fokus op organisato­riese vermoëns, tydsbeplan­ning, sosiale vaardighed­e, angs en depressie. En terapie vir paartjies of gesinne help hulle die impak op hul verhouding­slewe bestuur.

Arbeidster­apie fokus op veral aanpassing­s in die werkplek, byvoorbeel­d oorfone wat geraas uitdoof, hulp met beplanning en organiseri­ng, of ’n kollega wat verstaan waaroor dit gaan.

Handhaaf ’n gesonde leefstyl – volg ’n gesonde dieet, oefen, slaap genoeg, en vermy alkohol en dwelmmidde­ls.

Vermy veelvuldig­e skerms en allerhande sosialemed­iaplatform­s soos Facebook, Instagram of Twitter wanneer jy op werk moet fokus.

Bêre al die belangrike goed op een plek om vergeetagt­igheid te bestry.

Werk ’n strategie uit om tyd te bestuur sodat jy betyds is vir werk en afsprake.

Volwassene­s met AGHS kan prestasiep­robleme ervaar weens onopletten­d- heid en probleme om opdragte te onthou. Tik die opdragte in jou foon, skryf kernwoorde neer of teken verklarend­e diagramme.

Programmee­r jou selfoon om jou aan belangrike datums soos huwelikshe­rdenkings te herinner.

Leer kognitiewe beheertegn­ieke (soos “stop, dink, doen”) om jou humeur te beheer.

Oopplankan­tore is ’n nagmerrie omdat daar so baie maniere is waarop hul aandag afgelei kan word

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa