Huisgenoot

AS JOU GELIEFDE AGHS HET

-

Dit is ’n toestand wat die hele gesin raak. Dis waar die riglyne steeds tekort skiet in die behandelin­g van die toestand, meen die afrigter van volwassene­s met AGHS Dave Pughe-Parry. Mediese behandelin­g is byna altyd gemik op die individu. Wat jy kan doen om te help:

Lees na oor AGHS sodat jy verstaan wat die simptome en die uitwerking daarvan op jou geliefde en jul verhouding is, wat die regte behandelin­g en terapie is en hoe jy hom of haar kan help om dit te bestuur.

Moenie AGHS’ers te veel inligting of opdragte op ’n slag gee nie; dis onwaarskyn­lik dat hulle dit sal onthou. Skryf ’n lys of stuur ’n WhatsApp van dinge wat hulle moet kry of doen eerder as om te verwag dat hulle alles memoriseer.

Moenie verwag dat hulle konformeer nie. Laat hulle toe om hulself te wees.

Woon ’n slypskool by wat jou sal toerus met maniere om die AGHS’er te help.

Gebruik helderkleu­rige onthounota­s en grafieke om hulle te help beplan en organiseer, is die raad van dr. Anitha Gangaram, ’n psigiater wat aan die Netcare Waterfall City-hospitaal in Midrand praktiseer. Help hulle om doenlyste op te stel en take te prioritise­er.

Maak seker hulle het jou aandag voor jy met hulle praat. Raak hulle byvoorbeel­d aan om hul aandag te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa