Huisgenoot

DIESELFDE STORIE MET TWEEDE HUWELIK

-

Ek en my man was 23 jaar getroud toe hy van my skei vir sy broer se stiefdogte­r, ’n vrou wat al self groot kinders het. Ek en my jongste dogter, wat toe in matriek was, het uit die huis getrek.

Ons was drie maande in ’n woonstel, toe laat weet my man deur my seun hy wil my terughê. Ek het aan my kinders gedink en maar teruggetre­k. Ons trou toe weer.

Nou kom ek agter hy probeer steeds kontak maak met die vrou. Hy sê ook die tyd saam met haar was die lekkerste van sy lewe, en dit terwyl hy my hand vashou.

Hy manipuleer my, eet vreeslik baie, is suinig met geld en wil gedurig slaapkamer toe gaan. Ek is raadop.

Anoniem op P

Soms kan ’n mens net nie glo iets is verby nie, en dan probeer jy weer en weer. Moenie te streng met jouself hieroor wees nie. Jy het swaar genoeg gekry. Dit is onrusbaren­d dat hy jou doelbewus wil seermaak, maar dit is presies wat jy van so ’n selfsugtig­e boelie kan verwag.

As jy by hom bly, gaan niks verander nie. As jy hom verlaat, het jy ’n kans om ná ’n tyd van konflik en seerkry weer geluk en vrede te vind. Jou kinders is waarskynli­k nou meer volwasse en kan self agterkom jul tweede huwelik was ook nie ’n sukses nie.

As jy dit nie kan bekostig om jou eie potjie te krap nie, sal jy ’n goue middeweg moet vind om elke dag met waardighei­d voort te gaan. Ek vermoed dit sal moeilik wees om ’n oop gesprek met jou man hieroor te voer. Manipuleer­ders skep ’n magswanbal­ans sodat hulle alles tot hul voordeel kan gebruik. Hy sal jou swakhede teen jou gebruik; daarom moet jy werk maak van jou onsekerhed­e.

Jy het die reg om vir jouself in die bres te tree en jou gevoelens te verwoord. Begin deur nee te sê vir klein versoeke, sonder dat jy daaroor skuldig voel. Dis nie jou werk om hom te red of te verander nie. Gebruik dié emosionele energie om jou sterker te maak sodat jy vorentoe goeie keuses maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa