Huisgenoot

KRY SO DIE BESTE RAAD

Doen jou huiswerk voor jy ’n finansiële kenner kies om jou met jou geldsake te help

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

D IE meeste van ons is nie ’n finansiële kundige nie en het profession­ele hulp met ons geldsake nodig. Sowat 39% van stedelike Suid-Afrikaners wil finansiële raad kry, maar volgens navorsing deur Old Mutual vind hulle dit moeilik om iemand te kry wat hulle vertrou. Hierdie vrae en antwoorde kan jou ’n goeie beplanner help kies.

Watter soort adviseur is jy?

Daar is twee soorte finansiële raadgewers: dié wat spesifieke maatskappy­e verteenwoo­rdig en net daardie maatskappy­e se produkte en dienste bied, en onafhankli­ke adviseurs wat deur geen maatskappy gebind word nie. Onafhankli­ke adviseurs behoort jou ’n objektiewe mening oor ’n groot reeks produkte te gee.

Jou keuse van adviseur moenie afhang daarvan of die mens gebonde of onafhankli­k is nie, maar of hulle kundig is, ’n ordentlike behoefteon­tleding kan doen en of hulle die dienste kan verskaf wat jy benodig.

Wat is jou kwalifikas­ies?

Alle finansiële adviseurs moet deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD) gelisensie­er word. Om ’n lisensie te kry, moet hulle regulatori­ese eksamens slaag. Jy kan vra om die lisensie te sien en hul RFD-akkreditas­ie nagaan. Gaan na www.fsb.co.za, klik op Department­s en dan op FAIS.

Sommige adviseurs mag byvoorbeel­d net sekere polisse verkoop; ander kan namens jou geld belê. Die lisensie wys watter dienste gelewer mag word. Jy kan dit by die RFD bevestig.

Wat gaan jy vir my doen?

Die adviseur moet jou geldsake deeglik ontleed en vir jou ’n finansiële plan met langtermyn­doelwitte optrek. As jy byvoorbeel­d vir jou aftrede wil spaar, maar tans baie skuld het, moet hy uitwerk wat die beste manier is om jou skuld te delg en ’n spaarplan saamstel sodat jy meer kan spaar namate jou skuld minder word.

Raadgewers kyk ook na alle dekking, uitgawes soos ’n mediese fonds en die voertuigle­ning wat jy reeds het, jou inkomste, wat jy nodig het (soos korttermyn­versekerin­g), lewens- en ongeskikth­eidsdekkin­g, asook belasting en boedelbepl­anning, en werk dan ’n plan uit. ’n Gesonde finansiële plan is ’n padkaart om jou finansiële doelwitte te bereik, sê Thandi Ngwane van Allan Gray.

Hulle moenie net jou beleggings rondskuif of polisse verander nie; die raadgewer maak ook seker jou plan word uitgevoer. Dit moet minstens elke twee jaar hersien word of as jou omstandigh­ede verander.

Moet ek by die betrokke beplanner produkte koop?

Nee, jy is nie verplig om die polisof beleggings­produkte van ’n se- kere beplanner te gebruik nie. Jy kan ook deur ’n ander beplanner of regstreeks van die produkvers­kaffer koop.

Wat betaal ek?

Tradisione­el het die meeste adviseurs kommissie verdien op die finansiële produkte wat hulle verkoop. Die komende hersiening van kleinhande­ldistribus­ie, waardeur nuwe vereistes ingestel gaan word oor die aard en koste van adviseursd­ienste, gaan egter die betalingst­ruktuur verander. Kommissie sal nie meer op beleggings- en spaarprodu­kte betaal word nie; wel ’n diensfooi. Daar is klaar baie raadgewers wat bloot ’n fooi vir hul diens vra. Die betaling verskil volgens die werk wat hulle doen en die tyd wat hulle aan jou afstaan.

Jy kan verskillen­de raadgewers vra wat hul diensfooi is en die een met die beste waarde kies. Dis belangrik dat jy presies vra hoeveel jy vir wat betaal. Onthou, jy kan oor fooie onderhande­l.

Wat van kommissie op my bestaande produkte?

Die amptelike fooistrukt­uurverande­rings se implemente­ringsdatum is nog nie vasgemaak nie. Wanneer dit gebeur, sal dit waarskynli­k nie terugwerke­nd wees nie, sê Jacques Coetzer van Sanlam Persoonlik­e Finansies. Dit beteken jy sal steeds kommissie moet betaal vir die polisse wat jy reeds besit.

Hoekom moet ek vir advies betaal as ek produkte aanlyn kan koop?

Jy hoef nie tussen die twee te kies nie. Sommige mense koop produkte aanlyn, maar sien steeds ’n finansiële beplanner voor hulle besluit.

Waar kry ek ’n adviseur?

Jy kan organisasi­es soos die Finansiële Beplanning­sinstituut van Suider-Afrika (www.fpi.co.za) en die Finansiële Tussengang­ersverenig­ing van Suider-Afrika (www.fia.org.za) nader om uit te vind watter raadgewers in jou omgewing werk. Jy kan ook verwysings vra by finansieel suksesvoll­e familieled­e, vriende of kollegas.

Ondersoek meer as een kenner. Jy is nie verplig om die produkte van ’n beplanner te gebruik nie. Jy kan meer as een raadgewer besoek voor jy iemand kies wat ’n pad saam met jou kan stap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa