Huisgenoot

DIE MOOISTE AFRIKAANSE CHRISTELIK­E GEDIGTE

-

Saamgestel deur CAS VOS (Lux Verbi, R280)

Daar is meer poësie in die sneeuvlokk­ie as in die letterkund­e en baie meer poësie in die miskruier in die toktokkie in die meteorolog­ie en entomologi­e in die moremis en in die bergpiek die horison wat in die hemel wegraak in die rooswolk is daar baie meer liriek die aarde is deur ’n digter gemaak T.T. Cloete se God die Digter is een van die bekende gedigte wat byeengebri­ng is vir hierdie besonderse bundel. Verskeie ander digters wat net soos Cloete bekend is vir hul geestelike verse is hier opgeneem, onder andere Sheila Cussons, Lina Spies, I.L. de Villiers en Petra Müller.

Hier is ook digters wat ’n mens nie noodwendig in hierdie genre sou verwag nie, maar wat wel die spirituele wêreld roerend betree.

“Al is al die gedigte in die bloemlesin­g nie noodwendig streng ge- sproke Christelik van aard nie, is almal wel deeglik versoenbaa­r met die Christelik­e oortuiging­s,” verduideli­k Cas Vos, teoloog en self digter, in sy voorwoord.

Hy skryf hierdie versamelde gedigte is ’n “swart leertas” aan elke leser wat hy kan saamneem om hom voor te berei op die lang, onbekende reis van die lewe.

Daar is verfrissen­de jong stemme, soos dié van Ronelda Kamfer met haar skrynende ’ n Gewone Blou Maandagogg­end, Loftus Marais se uitdagende Wederkoms, en Carina Stander se Bid.

Die bundel sal in die smaak val van mense wat eerstens van gedigte hou, tweedens van ’n Christelik­e aanslag en derdens nie van soetlikhei­d nie. En wat kans sien vir die onvoorspel­bare, soos die slot van Nathan Trantraal se gedig Moenie vi Hulle Sê Ôs Gan Ie, Annes Wil Hulle Saamkom: Soms voel ek jammer vi ôs Ek kan sien hoe ôs rêrag moes gelyket en hoe die engele moes gelagget virrie country bumpkins Die laaste mense om yt te vinne Jesus het lankal gekom en hy is wee hie weg, sône ôs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa