Huisgenoot

SAAM WEGGERUK, 4 VAN ONS NAASTES

Hulle weet hul familie wat in ’n gru-ongeluk dood is, is by die Here, sê drie sibbes – maar wat van die kleinding wat oorleef het?

- Deur JACQUES MYBURGH Foto’s: ROWYN LOMBARD

SKAARS twee uur vroeër het die Sadies mekaar hartlik gegroet ná ’n heerlike naweek in die Klein-Kariba-oord naby Bela- Bela, waar hulle saamgetrek het om ouma Elsa Sadie se 60ste verjaardag te vier. Toe, ná beloftes oor die volgende familiekui­er, kies hulle koers na hul onderskeie uithoeke van die land.

Die 27-jarige Martin Sadie, ’n finansiële bestuurder van Louis Trichardt, het sommer van die vakansieoo­rd af na Sandton gery, waar hy die volgende dag vir sake moes wees. Hy was uitgerus ná die naweek, reg vir die week wat voorlê.

Die motorbande het lui oor die teer van die N1 gesuis en buite het die landskap verbygestr­eep. Hy was al goed op pad na Gauteng toe hy die oproep kry . . .

Martin het net daar omgedraai en te- ruggejaag noordwaart­s. Tussen Mookgophon­g en Mokopane het hy op die ongeluksto­neel afgekom. “Daar gekom, het ek net die sleepwaent­jie se deksel in die pad sien lê,” vertel hy. “My pa het daai waentjie met sy eie hande gebou.”

Amper die helfte van die Sadie-familie – Martin se ouers, Elsa en Dawie (62), sy suster Franzelle van Biljon (33), en dié se dogter Marizelle (6) – is dood toe hul Jetta met ’n ander motor bots. Net Franzelle se vierjarige, Zelmari, het oorleef.

Ons praat in hul ouerhuis op Louis Trichardt met Martin en sy oorlewende sibbes, Michael (37) en Magdaleen (39). ’n Somber stilte heers in die huis.

“Ons is deur gelowige ouers grootgemaa­k,” sê Magdaleen, ’n NG predikant van Pietermari­tzburg. “Ek dink dis ’n groot ding wat ons deur die hartseer dra. Hulle het ons met goeie waardes grootgemaa­k, en ons weet hulle is by die Here. Dit gee ons troos en vrede.”

Maar een ding is seker: Op Sondag 20 Augustus, die dag toe hul familieled­e eensklaps van hulle af weggeruk is, het die Sadies se lewe onherroepl­ik verander.

DAWIE, ’n motorwerkt­uigkundige, en Elsa, ’n administra­tiewe klerk, se lowergroen tuin getuig hier was nog tot onlangs sorgsame hande aan die werk. “My ma en pa het saam hierdie tuin versorg,” sê Magdaleen. “Hulle het geglo in elke bedding moet ’n clivia wees.”

Die huis en werf is vir die sibbes vol herinnerin­gs aan kleintyd se pret, gelag en kwajongstr­eke. “Ek onthou nog hoe ek deur die groot glasvenste­r by die voordeur geval het en 17 steke moes kry,” vertel Martin.

Die baksteenpa­adjie wat na die huis

lei, het hul ouers self gelê. “My ma sou vir my pa die stene aangee en hy sou dit pak,” sê Michael, ’n pastoor in die Kaap.

Die drie vertel al het die familie in onlangse jare verspreid tussen Louis Trichardt, Kaapstad en Pietermari­tzburg gewoon, het hulle plan gemaak om minstens een keer per jaar saam te kuier. Maar niemand sou kon droom vanjaar se saamtrek by Bela-Bela sou die laaste keer wees dat almal mekaar sou sien nie.

“Ons ouers is te vinnig en te gou weggeneem,” sê Michael. “Maar ten minste is hulle saam weg en hoef die een nie jare lank oor die ander te treur nie.”

Michael was reeds op die lughawe vir ’n vlug na Kaapstad en Magdaleen in haar motor onderweg na Pietermari­tzburg toe Martin daardie oproep kry. “Die versekeraa­rs het my gebel en my na ’n polisiebea­mpte op die toneel deurgeskak­el. Al wat hy vir my oor die foon gesê het, is ‘dis nie goed nie’.”

Martin het dadelik almal in sy ouers se motor gebel, maar niemand het hul foon geantwoord nie. Toe jaag hy terug. “Ek was sowat ’n uur daarvandaa­n. Dit was baie erg om te sien.

“Daar was niks oor van die twee motors nie. Ek het 50 m van die ongeluksto­neel gestaan. Ek kon nie die Jetta sien nie; dit was langs die pad in ’n sloot.”

Dit is toe dat ’n vrou wat op die ongeluksto­neel was Martin bel en sê Zelmari het oorleef en is per ambulans na die Voortrekke­r-hospitaal op Mokopane geneem.

Joshua Kwapa, woordvoerd­er vir die departemen­t van vervoer, het aan ons bevestig die drie insittende­s van die ander motor het almal gesterf. Net twee, Florence en Tinshawalo Malukele, se name is tans bekend. Volgens Joshua het die twee motors trompop gebots, maar dis nog onduidelik wat gebeur het.

Martin het Magdaleen en Michael in kennis gestel, en al drie is so gou moontlik na die hospitaal om klein Zelmari by te staan. Sy het ’n arm en ’n been gebreek.

“Dit was baie erg om die klein lyfie so gekneus te sien,” vertel Magdaleen.

“Ons het nooit gedink so iets sou gebeur nie,” sê Michael. “Ons het daai Sondagmidd­ag nog met my ouers sit en gesels terwyl die kinders ’n laaste keer in die swembad baljaar het. “Ons het ’n week voor die ongeluk vir my ma en pa vliegkaart­jies bespreek sodat hulle in Desember na ons kon kom,” onthou hy.

“My pa sou oor drie jaar aftree,” voeg Magdaleen by. “Hulle wou hul dae saam met die kleinkinde­rs verwyl.”

Magdaleen sê hulle het vrede gemaak met wat gebeur het en weet hul ouers is in die hemel. Die groot tragedie is Zelmari sal nou sonder haar ma en suster grootword. “Haar sussie, Marizelle, was ’n liefdevoll­e klein mensie en ’n wonderlike sussie vir Zelmari.”

Zelmari is ná ’ n week ontslaan en woon nou saam met haar pa, wat drie jaar tevore van haar ma geskei het, op Tzaneen. Voorheen het sy saam met haar ma en sussie by haar grootouers op Louis Trichardt gewoon.

Madaleen se stem begin kraak. “Ek dink nie sy begryp al wat gebeur het nie. En ons weet nie watter uitwerking dit later op haar lewe sal hê nie.”

ZELMARI knip ’n uiltjie toe ons die middag by haar en Marizelle se pa, Marius van Biljon, en sy tweede vrou, Elanna, op hul plaas by Tzaneen aankom. Dis sowat 100 km van Louis Trichardt af.

“Sy vra nie vreeslik baie vrae oor wat gebeur het nie,” sê Marius, ’n verkoopsma­n. “Sy wou wel weet of haar sussie ook by ons kan kom woon, maar ek’t toe vir haar gesê sy kan nie; sy is by Liewe Jesus.”

Marius vertel sy dogtertjie kan nog nie loop nie. “Ons stoot haar maar in die rolstoel. Sy wil gedurig na die bokkies gaan kyk; dan gaan stoot ons haar in die veld.”

Hier in die kerkhof op die plaas wat aan Elanna se familie behoort, is Franzelle en Marizelle onder ’n groot jakkalsbes­sieboom in een graf ter ruste gelê, hul kiste bo-op mekaar. Elsa en Dawie is veras. “Hier sal hulle lekker kan rus,” sê Marius terwyl hy skielik stil raak en die vlaktes in tuur. “Ons sal elke verjaardag vir Zelmari hiernatoe bring sodat sy vir haar ma en sussie kan kom kuier.”

En Zelmari sal ook saans haar familie in die sterre kan sien, vertel Marius.

“Ons het op die Suiderkrui­s besluit. Elke keer dat sy vra waar haar ouma, oupa, ma en sussie is, sal ons vir haar die vier sterre uitwys en sê: ‘Daar, daar skyn hulle in die hemel saam met Liewe Jesus.’ ”

 ??  ??
 ??  ?? VERSKAF
VERSKAF
 ??  ?? Zelmari woon nou by haar pa en stiefma, Marius en Elanna van Biljon, op ’n plaas buite Tzaneen.
Zelmari woon nou by haar pa en stiefma, Marius en Elanna van Biljon, op ’n plaas buite Tzaneen.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa