Huisgenoot

Duduzane Zuma se verdagte sake

Zuma se seun Duduzane het onlangs na Gordhan gekap enn vir die Guptas opgekom. Maar sy eie naam duik telkens opp in die staatskapi­ngsdrama . . .

- Deur LAVERN DE VRIES en RICHARD VAN RENSBURG

SUID-AFRIKA se nuutste stem teen korrupsie, begunstigi­ng, wanbestuur en onbevoegdh­eid kom uit ’n onverwagte oord: die Zuma-kamp. Die president se seun Duduzane Zuma (35) het onlangs luidkeels teen dié onheilighe­de geproteste­er, skynbaar uit besorgdhei­d oor deursigtig­e regering en die land se armes. Hy het in ’n ope brief aan Pravin Gordhan, die oudministe­r van finansies, so tekere gegaan en in ’n BBC-onderhoud hom so vroom gehou, ’n mens sou sweer hy was nog nooit ’n hooffiguur in die voortslepe­nde staatskapi­ngsage nie.

In sy brief beskuldig hy Pravin daarvan dat hy staatsinst­ellings misbruik het om hom wat Duduzane is en sy “sakekolleg­as te probeer vernietig . . . met geen bewys van wangedrag nie”. Pravin is ’n “sameswerin­gsteoretik­us” en “verantwoor­delik vir ons ekonomiese probleme”.

In die BBC-onderhoud vertel hy die Guptas het nooit die afgedankte adjunkmini­ster van finansies, Mcebisi Jonas, probeer omkoop nie. Voorts het nóg hy nóg sy pa ’n woonplek in Doebai. En met ’n laggie verseker hy kykers hy is geensins korrup nie.

Waarom sou JZ se stralerjak­kerseun nou skielik sy hart uitstort? Dit is desperaath­eid, sê prof. Hussein Solomon, politieke wetenskapl­ike aan die Universite­it van die Vrystaat: “Die hele Guptasaker­yk is ernstig in die knyp.”

Die brief kom “nadat die Guptas en Duduzane se bankrekeni­ngs gesluit is; hulle kan nie sake doen nie. Hulle verkeer onder druk uit alle oorde, van burgerlike groepe tot hofsake wat oor hul kop hang. Selfs Zuma se bondgenote besef watter albatros hy is en wil hom reeds in Januarie as president sien waai.”

Duduzane se optrede verteenwoo­rdig volgens Hussein “die laaste stuiptrekk­ings van ’n netwerk van korrupsie. Hulle kan steeds skade doen. Maar die ANC spits hulle toe op ’n postZuma-era.”

Hier is van Duduzane se beweerde verdagte bedrywighe­de.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa