Huisgenoot

Verpleër se “spel” lei tot 90 sterftes

’n Duitser het dalk sowat 90 mense vermoor deur hulle met dodelike dosisse medisyne in te spuit sodat hy hulle weer kon bybring

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

‘Ek is inderdaad een van die grootste reeksmoord­enaars’

HY HOU vol as verpleër wou hy net lewens red, maar volgens die Duitse owerheid is hy dié land se ergste reeksmoord­enaar ná die Tweede Wêreldoorl­og. Niels Högel het sowat 90 mense se lewe geneem – en ondersoekb­eamptes meen daar is dalk nog slagoffers waarvan niemand weet nie.

Die 40-jarige Högel, wat nou teregstaan op verskeie klagte van moord, erken hy het pasiënte met genoeg kardiovask­ulêre medisyne ingespuit om hulle dood te maak.

Hoekom? Omdat hy gesmag het na die bewonderin­g wat hy sou kry wanneer hy hulle weer bybring. Ongelukkig vir talle van sy slagoffers het hy daarmee misluk.

Nadat ’n kollega hom op heterdaad betrap het, is Högel in 2008 aanvanklik vir sewe en ’n half jaar tronk toe gestuur weens poging tot moord.

As gevolg van mediaberig­te oor sy verhoor het die dogter van ’n slagoffer snuf in die neus gekry en aan die polisie gesê sy dink hy was moontlik ook vir haar ma se dood verantwoor­delik.

’n Nuwe ondersoek is van stapel gestuur. In die ondersoek is bevind die sterftekoe­rs in die Delmenhors­t-hospitaal naby Bremen het amper verdubbel toe Högel daar gewerk het. Boonop het die verbruik van hartmedisy­ne terselfder­tyd skerp toegeneem.

Die owerheid het sedertdien bewyse gevind Högel se fiksasie met hoërisikob­ehandeling was die rede vir die hoë sterftesyf­er.

Tydens Högel se tweede verhoor in 2015 het die hof gehoor hy wou sy kollegas beïndruk deur pasiënte by te bring. Toe gee hy vir hulle dodelike dosisse van ’n middel wat hul kardiovask­ulêre stelsel afskakel.

In die hof het hy gesê hy het eufories gevoel wanneer hy hulle daarna met sy “uitstekend­e” vaardighed­e weer kon bybring, maar was verslae wanneer hulle gesterf het.

Högel het ook getuig hy het begin God speel met die pasiënte in sy sorg bloot omdat hy “verveeld” was.

Ondersoeke­rs het intussen meer as 500 pasiënte se lêers ontleed en boonop meer as 130 lyke in Duitsland, asook Pole en Turkye, waar Högel voorheen gewerk het, opgegrawe.

Hulle glo nou hy het nog 88 moorde gepleeg benewens die twee waarvoor hy reeds tronkstraf uitdien.

En in ag genome dat baie van sy slagoffers dalk veras is, kan die syfer selfs hoër wees.

As hy aan al die moorde skuldig bevind word, sal dit Högel die bedrywigst­e moordenaar in Duitsland ná die Tweede Wêreldoorl­og maak. “Die dodetal is uniek in die geskiedeni­s van die Duitse republiek,” sê die hoofpolisi­eondersoek­er, Arne Schmidt.

MIN is oor Högel bekend buiten dat hy getroud en die pa van ’n dogter is. Hy was trouens net as Niels H. bekend tot sy mees onlangse verhoor, waartydens die gesette, blesworden­de man sy gesig agter pienk hofdokumen­te vir die kameras weggesteek het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa