Huisgenoot

Angelique verwag identiese dogters

Pa Jacques se wens vir ’ n tweeling het waar geword. Angelique vertel hoe sy drie kleingoed gaan grootmaak

- Deur MARISA FOCKEMA

HUL eersteling, Jacques jr., was skaars gebore, toe vra die Bulls-rugbyspele­r Jacques Potgieter sy vrou, Angelique: “Wanneer is dit tyd vir die volgende een?” Angelique lag toe sy daaraan terugdink.te “Jacques wou dadelik nog ’n kind hê; ek’t gesê hy moet my kans gee om Jacques’ieJa (soos sy hul seuntjie noem) net eers tot by ’n jaar te kry. “Maar hyh het aanhou karring. Ek het later beslu besluit ek los dit nou in die Here se hande.” ’n Maand later was die fyn geboude aktrise en TV TV-aanbieder, wat ons as Angelique Gerb Gerber in die rol van Clara in 7de Laan leer k ken het, swanger. En nie m met een baba nie, maar ’n identiese twee tweeling. Drie babas binne twee jaar. En va vandag het Huisgenoot ’n eksklusiew­e brokkie nuus: Angelique en Jacques ve verwag twee dogtertjie­s. “Ons kanka dit nie glo nie,” sê sy opgewonde. “Ek“E en Jacques het gedink dit gaan seun seuntjies wees; dus was dit vir ons albei ’n gro groot verrassing.” Ons ges gesels met haar in hul gesellige vierslaap vierslaapk­amerhuis in die ooste van Pretoria Pretoria. Op die mat voor ons kruip haar 10 m maande oue babaseuntj­ie woelig rond rond. En elke keer dat sy mamma met ho hom gesels, is dit pure kuiltjies soos hy skaterlag. Ange Angelique tref nou die laaste voorbereid bereidings om op 7 September saam met h hul kleinman na Japan te vlieg. Jac Jacques is reeds die afgelope twee maan maande in die stad Fukuoka, waar hy v vir die rugbyspan Munakata Sani Sanix Blues uitdraf. An Angelique en Jacques’ie sluit vir die volgende drie maande by hom aan aan. Daarna speel Jacques weer in die Superrugby­reeks vir die Bulls. Die egpaar sal betyds terug tuis wee wees vir hul tweeling se verwagte kom koms begin Maart.

SY HET in Julie naar en opgeblaas begin voel en sommer by die huis ’n swangerska­pstoets gedoen, sê Angelique. “Ons het geweet ons salsa betreklik gou ’n tweede kind wil hê, maar ek het nie gedink dit sal so vinn vinnig gebeur nie.” Sy het d daarna ’n afspraak by haar ginekoloog g gemaak vir ’n sonar.

“Jacques het die dag rugbyoefen­ing gehad. Ek het gevra die dokter moet op ons baba se hartjie inzoem sodat ek vir my man ’n video daarvan kan neem.

“Toe vra sy my of ek sien wat sy sien. Ek het gevra: ‘Nee, wat?’ Sy het gesê ek moet mooier kyk. En toe sien ek hoe twee hartjies gelyk klop. My dokter kon dadelik vir my sê dis ’n identiese tweeling omdat hulle in dieselfde vrugwaters­akkie lê.

“Ek was skoon uit die veld geslaan. Ek het besef God gaan my ’n dubbele seën gee.”

Sy het Jacques dadelik gebel. “Ek het gesê hy moet gou sy foon dophou. Toe stuur ek hom die sonarfoto waar ’n mens die twee hartjies kan sien. Hy het onmiddelli­k teruggebel. Hy kon dit nie glo nie en was in vervoering. Jacques het nog altyd gesê hy wens ons volgende kinders is ’n tweeling. Hy is die Here se oogappel en sy wense word werklik waar.”

Toe Angelique einde Augustus net langer as 12 weke swanger was, het hulle uitgevind sy verwag twee dogtertjie­s.

“Ek is baie opgewonde oor die dogtertjie­s. Dis twee klein mini-mes,” lag Angelique. “Ek dink al klaar hoe ek vir hulle tutu’s wil aantrek. Ek droom en wonder hoe hulle gaan lyk. Ek hoop hulle het hul pa se donker hare, blas vel en mooi bene.”

Al staan Jacques 1,94 m in sy sokkies, is hy “’n sagmoedige reus en die teerste ou beer”, vertel Angelique. “Hy sal ’n ongeloofli­ke dogtertjie­pappa wees,” verseker sy. Sy het skaars die nuus gedeel dat hulle dogters verwag, toe begin hy al navorsing doen oor goeie skole vir meisies. “Hy dink so ver vooruit.”

Hulle het ook reeds aan name begin dink. “Ons hou beslis van Annabella. Ek was nog altyd mal oor Isabella. Ek het ’n bietjie na ander name met ‘Bella’ in gaan kyk en op Annabella afgekom. Jacques hou ook daarvan.”

Angelique vertel sy hou ook baie van Ava en Abigail. “Maar Jacques wil nog besluit.” Sy het ook nog altyd gedink aan Donnalee. Die aktrise Donnalee Roberts, een van haar beste vriendinne, was een van haar strooimeis­ies. “Sy is so ’n pragtige vrou en het so ’n mooi naam. Ons sal maar kyk wat gebeur.”

Angelique vermoed dit gaan ’ n uitdaging wees om hul dogtertjie­s uit mekaar te ken. “Met identiese tweelinge sukkel ’n mens blykbaar aan die begin. Ek het al gehoor sommige ouers verf ’n vingernael van die eersgebore­ne ’n sekere kleur. So kan jy makliker onderskei. Ons sal dit maar moet doen,” sê sy en lag.

SY BESEF drie kleingoed sal baie van haar tyd en aandag verg. Klein Jacques sal ’n jaar en drie maande oud wees wanneer sy twee sussies hul opwagting maak. ’n Paar weke ná Jacques’ie se geboorte verlede jaar op 16 November het nageboorte­depressie haar weens die min slaap beetgepak.

Net daarna het hulle ’n kinderoppa­sser, Sammy Snyman (23), aangestel. “Sy is ’n groot seën,” sê Angelique, wat steeds in die vermaakbed­ryf bedrywig is, sonder vaste werkure. Dit gee haar gemoedsrus dat iemand by hul kind is wat lief is vir hom en sy roetine help handhaaf.

Jacques’ie was die eerste kind wie se doek Angelique omgeruil het, die eerste wat sy ’n bottel gegee en wie se winde sy uitgevryf het.

“Ek dink ek weet nou beter wat om te verwag. Ek weet nie van tweelinge nie, maar is beter voorbereid op ’n baba,” vertel Angelique, wat tot onlangs saam met haar seuntjie in die VIA-werklikhei­dsreeks Angelique en Jr. te sien was.

“Ek weet nou hoe om winde uit te vryf, ’n doek om te ruil en nie vir die geringste geluidjie op te spring nie. Ek was aan die begin so bang ek vergeet iets of iets ge- beur met hom. Jacques’ie is ’n raserige slaper. Ek het aan die begin so min geslaap omdat ek hom vir elke geluidjie opgetel het. Ek’s nou meer ontspanne.”

Sy voel ook rustiger omdat die tweeling hul opwagting in SuidAfrika gaan maak. Klein Jacques is in Japan gebore. “Ek sal omring wees deur my steunnetwe­rk, en dokters en verpleegst­ers wat my verstaan. In Japan was die taalverspe­rring regtig rof.”

Haar senuwees as ma is ook al goed beproef. Die blye nuus van die tweeling wat op pad is, kom kort nadat Angelique in Junie ’n baie moeilike week beleef het.

Haar ma, Lynette Stemmet (56), pa, Ignazio Gerber ( 58), en klein Jacques’ie was almal gelyk in die hospitaal, terwyl groot Jacques ook mediese sorg moes kry.

Groeisels is verlede jaar aan haar ma se skildklier geïdentifi­seer. Dit is nog nie bekend of dit kwaadaardi­g is nie, “maar omdat jou skildklier so baie in jou liggaam beheer, laat dit haar soms baie siek voel”, verduideli­k Angelique oor haar ma se tyd in die hospitaal.

Haar pa het in dieselfde week ’n groot rugoperasi­e ondergaan. “Hy het met ’n geknypte senuwee in sy rug gesukkel wat gemaak het dat hy moeilik regop kon loop.” Die operasie was suksesvol.

Boonop was pa Jacques ’n paar weke lank op die krukkelys nadat hy weens postharsin­gskuddings­indroom kwaai hoofpyne, naarheid, moegheid en duiselighe­id ervaar het.

Jacques’ie was op sy beurt met longontste­king in die hospitaal. Al het hy haar aangesteek, was haar moederinst­ink sterk. Sy het elke aand by hom in die hospitaal geslaap. “Ek moes sterk wees vir my seuntjie.”

HAAR grootste uitdaging is om selfs met die tweeling hier genoeg aandag aan Jacques’ie te gee. “Ek wil net nie hê hy moet afgeskeep voel nie. “Hy is my seuntjie; my hart se punt.” Pa Jacques wou so graag hê sy kleinman moes eerste “pappa” sê. “Hy sal elke sin met die woord ‘pappa’ eindig: ‘Môre,

(Blaai om)

‘Party ouers verf ’n nael van die een baba om hulle uit te ken’

(Van vorige bladsy)

Pappa. Jy is oulik, Pappa. Ek is lief vir jou, Pappa,’ ” vertel Angelique.

Jacques se plan het gewerk, want “pappa” is Jacques’ie se eerste en tot dusver enigste woord.

Angelique sê die tweeling sal maar saam met hul ouboet moet rugby speel. “Hulle kan Barbie speel, maar moet dan ook ’ n bietjie saam met boeta rugby speel. Anders gaan arme boeta net heeltyd Barbie moet speel.”

Sy weet Jacques’ie is nog baie klein, maar gesels reeds met hom oor sy sussies wat op pad is. “Hy is nog ’n babatjie en verstaan nie alles nie, maar ek kan voel sy gees verstaan.

“Ek verduideli­k vir hom hy gaan ’n boetie word, en mamma gaan baie besig wees wanneer sy sussies eers hier is, maar ek sal nog net so lief vir hom wees.”

Sy kan die tweeling reeds binne haar voel beweeg. “Dis die ongeloofli­kste gevoel. Dis soos ’n vlinder wat in jou maag rondfladde­r,” sê sy en krul van lekkerte.

Angelique volg ’n veganistie­se leefstyl – sy eet geen vleis, suiwel of eiers nie – en vertel sy het met haar swangerska­p veral ’n eetlus vir kaas-en-tamatietoe­broodjies ontwikkel.

Sy het ’n gesondheid­swinkel gekry wat veganistie­se kaas verkoop. “Dit kan selfs smelt,” sê sy in haar noppies.

Sy gaan haar bes doen om haar veganistie­se dieet regdeur haar swangerska­p vol te hou. “Ek het dit met my eerste swangerska­p reggekry, maar sal nie my liggaam weerhou van iets wat dit nodig kry nie. My kinders kom nou eerste.”

Sy het net aan die begin van haar swangerska­p naar gevoel en dra op 13 weke nog glad nie swaar nie. Haar maag maak nog net ’n effense bult.

‘Dis veral moeilik vir Jacques omdat hy alleen daar oorkant is’

“Dit lyk in dié stadium asof ek te veel geëet het. Ek lyk nou soos ek op vyf maande met Jacques’ie gelyk het.”

Sy het tydens haar swangerska­p met hom 11 kg aangesit.

Angelique en die sangeres Karlien van Jaarsveld is goeie vriendinne. Karlien het self ’n tweeling, die driejarige Eliah en Daniël. Angelique sê sy sal beslis by Karlien om raad aanklop.

“Roetine is iets wat Karlien altyd beklemtoon. Ek dink dis belangrik met ’n tweeling, anders sal jy nie ’n lewe hê nie. Hulle moet saam gaan slaap en drink; gelyk wakker word, bad en eet.”

TERWYL ons met Angelique gesels, is haar en Jacques’ie se tasse vir Japan reeds gepak. Sy is maar senuweeagt­ig oor die vlug van 30 uur wat voorlê, maar dankbaar dat Sammy saam met hulle gaan. Die afgelope twee maande was rof sonder Jacques by die huis. Angelique het nog doktersbes­oeke en opnames as aanbieder van die kykNET NOU!-danskompet­isieprogra­m, Dans in Jou Taal, gehad en moes al die voorbereid­ings vir hul kleinman tref voor hulle by pappa kon aansluit. “Ons verlang verskrikli­k. Dis veral moeilik vir hom omdat hy alleen daar oorkant is. Jacques’ie hou my besig; dus is ek nie heeltyd bewus van hoe erg ek verlang nie.” Die gesin gebruik deurlopend Face Time om te kommunikee­r. Met dié app kan ’n mens op jou selfoon deur middel van video-, klank- en teksboodsk­appe met vriende en familie gesels. “Jacques vra altyd wanneer ek vir hom nog ’n video van klein Jacques stuur. Dan sê ek: ‘Maar ek het nou net vir jou drie gestuur! Hy speel nog met dieselfde speelding.’ “Nou verfilm ek maar alles, van bad- en eet- tot slaaptyd. En dis net soene vir pappa! Wanneer hy sy pappa op die selfoonske­rm sien, leun hy vorentoe en dan gaan daardie bekkie so oop en soen hy sy pappa op die skerm. “Ek en Sammy moet omtrent sy arm draai vir soene, maar pappa kry dit heeltyd,” sê sy en rol haar oë laggend. Sy het vroeër vanjaar haar hare van blond na donker gekleur. “Ek het verskeie films en ’n TV-program met my ligte hare gedoen en was lus vir ’n veranderin­g met Dans in Jou Taal. Ek keer hierna terug na my wortels deur my hare rooi te kleur.”

ANGELIQUE sien veral uit na die gehaltetyd wat sy en Jacques in Japan kan hê voor die tweeling hul opwagting maak. “Hy is Woensdae af. Dan kan ons ’n fliek gaan kyk en uitgaan vir middagete.”

Dis vir haar veral spesiaal om die kleinman saans te bad en in die bed te sit. “Ek het so ’n hele roetine met hom. Ek lees vir hom Bybel, bad hom en salf hom in.

“Dis vir my die belangriks­te dat my kinders die Here moet dien. My grootste gebed is dat hulle in sy weë sal loop, gehoorsaam aan Hom sal wees en Hom sal liefhê.

“Ek wil hulle grootmaak as kinders wat almal respekteer en liefhet, veral in ’n wêreld met soveel haat en oordeel.

“My man het gelukkig die mooiste persoonlik­heid. As my kinders al drie soos hy is, sal ek die gelukkigst­e ma wees. Ek het ook vir my ma gesê dit sal vir my wonderlik wees as die dogtertjie­s haar geaardheid het. Sy is ’n uiters sagte, pragtige en liefdevoll­e mens.”

Hoe hou sy en Jacques hul huwelik sterk in die fase waarin baba alles oorneem?

“Jy moet ’n man hê wat begrip het,” verduideli­k Angelique. “’n Mens kan nie vir ’n baba sê om op te hou huil net omdat dit nou mamma en pappa se tyd is nie. Dis ’n seisoen in jou lewe waar jou kind meer van jou nodig het. Namate hulle groter word, verminder dit.

“Ons albei weet waarvoor ons ons ingelaat het en dat kinders ’n voltydse werk is. Ons probeer waar moontlik alleentyd vir mekaar maak, al is dit 10 minute wat ons net stil raak en hoor hoe dit met mekaar gaan.”

Dit help ook dat Jacques so betrokke is, sê Angelique dankbaar.

“Ons sal saamwerk om ons seuntjie te bad, bottel te gee en sy doeke om te ruil. En so het ons ook meer tyd vir mekaar. Dis vir my wonderlik dat ek ’n man het wat so betrokke is en wil help.”

Met ’n superpa wat in spanwerk glo op en af van die veld af, sal hulle ook dié spel met drie baba’s in die huis onder beheer kan kry.

‘As al drie kinders soos hul pa is, sal ek die gelukkigst­e ma wees’

 ??  ??
 ?? INSTAGRAM ?? HOOFFOTO: Angelique Potgieter is opge-opgewonde oor die koms van haar tweeling in Maart volgende jaar. BO: By haar man, Jacques, en sy naamgenoot, Jacques’ie.
INSTAGRAM HOOFFOTO: Angelique Potgieter is opge-opgewonde oor die koms van haar tweeling in Maart volgende jaar. BO: By haar man, Jacques, en sy naamgenoot, Jacques’ie.
 ?? Foto’s: LUBABALO LESOLLE ??
Foto’s: LUBABALO LESOLLE
 ??  ?? Angelique besef nog twee kleingoed gaan baie van haar tyd en aandag verg, maar sy beskou dit as ’n dubbele seën. HEEL LINKS BO: Dit is vir haar belangrik om wanneer die tweeling eers hier is steeds genoeg aandag aan haar seuntjie te gee. ONDER: Jacques...
Angelique besef nog twee kleingoed gaan baie van haar tyd en aandag verg, maar sy beskou dit as ’n dubbele seën. HEEL LINKS BO: Dit is vir haar belangrik om wanneer die tweeling eers hier is steeds genoeg aandag aan haar seuntjie te gee. ONDER: Jacques...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa