Nuwe Proteas-breier “goeie keuse”
Die Wes-Indiër Ottis Gibson is die Proteas se nuwe afrigter. Maar hoekom ’n ander breier, en dit ’n uitlander?
EERS is die Blou Bulle se afrigtersweep aan ’n Nieu- Seelander oorhandig. En nou het Krieket Suid-Afrika (KSA) ’n voormalige Wes-Indiese snelbouler en boulafrigter van Engeland aangestel om die Proteas te slyp. Wat gaan aan? Is ons krieket so diep in die verknorsing dat g’n plaaslike afrigtingstalent die mas kan opkom nie?
Die 48-jarige Ottis Gibson neem middel vandeesmaand by Russell Domingo oor as afrigter van die Proteas. Russel se kontrak het onlangs verstryk.
Selfs die gehardste Blou Bul-ondersteuner moet erken John Mitchell het ’n geweldige taak op hande om die Pretoriase rugbyfranchise weer op die wenpad te kry. Maar al het die Proteas onlangs teleurgestel met toets-, eendag- en T20reeksnederlae in Engeland, is ons nasionale span tweede op die wêreldranglys in toetskrieket en eerste in eendagkrieket.
Juis omdat daar in die geheel beskou geen werklike insinking in ons krieket is nie, word om die koue skuimkoppe gevra: Is ’n nuwe afrigter wel nodig? En waarom nie ’n Suid-Afrikaner nie?
WIE IS OTTIS GIBSON?
As snelbouler wat ook die bal kon laat swaai, het hy die Windies in twee toetse en 15 internasionale eendagwedstryde verteenwoordig. Daarbenewens het hy in die drie krieketformate in meer as 400 wedstryde vir streekspanne gespeel, van sy destydse tuisspan, Barbados, tot Engelse graafskapspanne en Grens, Gauteng en Griekwaland-Wes.
In sy 20’s het hy hoeka vir Grens 13 paaltjies in ’n meerdaagse wedstryd teen Natal gevat.
Weens las van beserings het hy hom later deur die Engelse krieketraad as afrigter begin bekwaam. Hy het wel daarna weer graafskapkrieket gespeel en in dié plaaslike Engelse kompetisie loopbaanhoogtepunte met die bal en kolf behaal. Nadat hy in 2007 daar as die Beroepskrieketspelersvereniging se speler van die jaar aangewys is,s, is hy as Engeland se boulafrigter aangewys. gewys.
Van 2010 tot 2014 wass hy hoofafrigter van die Wes-Indiese span, n, wat hy in 2012 tot T20-wêreldkampioen n geslyp het.
In 2015 is hy weer as Engeland ngeland se boulafrigter aangestel.
Hy is Suid-Afrika se eerste rste buitelandse krieketafrigter sedert wyle le Bob Woolmer van Engeland. (Lees die kassie regs bo.)
HOEKOM 'N BUITELANDER? ANDER?
“In 2017 het ek nie ’n probleem obleem daarmee dat dit nie ’n Suid-AfrikaAfrikaner is wat ons nasionale e span sal afrig nie,” sê dr. Ali Bacher, een van die staatsmanne van ons krieket. “Jy behoort die beste moontlike kandidaat vir die werk te kry.
“Ek voel wel KSA sal slim wees as hulle ’n Suid-Afrikaner as ’n toekomstige afrig- ter identifiseer, ie iemand soos (die Lionsafrigter) Geoffrey Toyana, en sorg dat hy as assistentafrigter aangestel word om internasionale ervaring op te doen.”
'Hy moet allereers die respek en steun van die spelers kry' – DR. ALI BACHER
'Ons het Ottis se soort kundigheid bitter nodig in Suid-Afrika' – FANIE DE VILLIERS 'Ottis het 'n kardinale rol in ons vordering gespeel' – TREVOR BAYLISS
“Dis wonderlik om so ’n buitestander te kry wat holisties na Suid-Afrikaanse krieket kan kom kyk,” meen die ontleder en oudsnelbouler Fanie de Villiers. “Ons het Ottis se soort kundigheid bitter nodig in Suid-Afrika, veral die kennis wat hy opgedoen het met sy afrigting van snelboulers soos Stuart Broad en die swaaiboulwerk van James Anderson.
“Sy betrokkenheid by kolwers ook; al die ervaring van jare saam met Engeland en die Wes-Indiese Eilande.”
Ottis het vroeër as speler in SuidAfrikaanse provinsiale spanne indruk gewek met sy boulwerk, maar ook as kolwer onder druk. En hy is ook ietwat vertroud met Suid-Afrika se unieke uitdagings.
Fanie meen “dis lekker om iemand werklik professioneels te hê wat in SuidAfrika kom afrig. Ek twyfel of ons tans hier iemand het wat aan al die vereistes voldoen.”
Die Proteas kort ’n ander benadering wat spelers sal uitdaag, meen Kepler Wessels, voormalige Suid-Afrikaanse kaptein en SuperSport-ontleder. Die Proteas se gebrek aan sukses in byeenkomste van die Internasionale Krieketraad, soos die Kampioenetrofee- en die Wêreldbekertoernooi, asook die onlangse verswakking in hul spelpeil, het ’n verandering genoodsaak, reken Kepler.
“Ottis was verreweg die mees geskikte kandidaat uit die aansoekers om die pos. Ek ken hom goed en hy was nog altyd iemand wat sy eie kop volg. En dis presies wat hy moet wees om Suid-Afrika deur dié oorgangstydperk te dra. Hy moet vroeg die fyn balans vind tussen spelers vrye teuels gee en terselfdertyd sy gesag handhaaf.”
“Kyk, (Russell Domingo) het ’n skaflike jop gedoen,” sê Ali, “maar as krieketafrigter behoort jy al ná ’n paar jaar alles wat jy van die spel weet oor te gedra het. Wanneer jy ná vyf jaar jou nuwe idees uitgeput het, is dit tyd om met iets anders aan te gaan.”
Russell sal wel as afrigter van Suid-Afrika se A-span betrokke bly by die ontwikkeling van diepte in die nasionale spel.
AFRIGTINGSREKORD
“Ottis het ’n kardinale rol in ons vordering gespeel,” het Trevor Bayliss, hoofafrigter van Engeland, onlangs laat hoor. “Sy kennis van die internasionale spel en hoe hy al ons boulers in hul ontwikkeling gesteun het, was onmeetbaar.”
Die Engelse snelbouler Stuart Broad, wat met die naasmeeste toetspaaltjies vir Engeland spog, het Ottis geloof vir “sy reuse-invloed op my”.
Met die Wes-Indiese span kon Ottis egter nie veel in toets- en eendagkrieket uitrig nie.
“Maar ek sal dit nie teen hom hou nie,” sê Ali. “Die Windies se krieket was toe al immers lankal ’n tydbom. Die jare se binnegevegte sou dit vir enige afrigter baie moeilik maak.”
Fanie beaam dit: “’n Mens sou nie ’n afrigter net op grond van suksesse met sy eie land aanstel nie, maar vir die algehele internasionale kennis wat hy kon opdoen van al die fasette van krieket.”
WAT WAG OP OTTIS?
Hy moet allereers die respek en steun van die spelers kry, sê Ali. “Dit gaan nie net oor sy kennis van die spel nie, maar sy vaardighede as kommunikeerder en mensebestuurder.”
Wanneer spelers teëspoed beleef en terneergedruk raak, is dit ’n goeie afrigter w wat hulle weer kan opbe beur, motiveer en op ko koers kry, verduidelik A Ali. “En ek dink Ottis is g goed in daardie opsig.”
Van die nuwe breier s se uitdagings sal wees o om “na die hele SuidA Afrikaanse krieketopset te kyk, want hy sal sy krag grootliks uit steun op provinsiale vlak moet put – en dáár is groot tekortkomings”, sê Fanie.
“Tweedens sal hy welwillendheid by die senior spelers moet bewerkstellig as hy die span strategies goed wil bestuur. So kan hy hul eie afrigtingsvermoë en kennis behoorlik inspan. En dan sal hy die junior spelers so vinnig moontlik moet laat ontwikkel sodat hulle later by die seniors kan oorneem.
“Baie belangrik is om die senior spelers so te beïnvloed dat hulle topfiks en op hul beste spelpeil bly.”
Die baie beserings onder Proteaboulers is vir Vinnige Fanie ’n dringende kwessie. “Ek weet nie wat die rede is nie; dalk is dit ondervinding en strategiese bestuur wat tekort skiet.”
Met die kaptein en sy senior spelers wat die belangrikste besluitnemingsrol op die krieketveld vertolk, is dit goeie nuus vir Ottis dat Faf du Plessis en AB de Villiers laat blyk het hulle sien uit daarna om saam met hom te werk.
Ali stem saam. “Dit is wonderlik dat AB met sy passie terug is. Hy’s ’n inspirerende en seker die mees innoverende speler wêreldwyd. En ’n mens kan ’n myl ver sien watter goeie leier en motiveerder Faf is.”
Dit maak hom reeds positief oor die Proteas se vooruitsigte onder hul nuwe afrigter.
Fanie maan egter Bangladesj, wat einde vandeesmaand hier kom toer, moet nie onderskat word nie. En dan wag ’n taai somer op die Proteas, met Indië en Australië wat hier kom toer.
“Maar Ottis kom betyds om nog voldoende voor te berei op daardie latere, belangrike toere.” EKSTRA BRONNE: SUPERSPORT.COM, CRICKET.CO.ZA, ESPN.COM