Huisgenoot

Karin Kortjé se steil pad na genesing

Langer as ’n dekade ná die moord deur haar destydse kêrel vertel Karin van haar stryd daarna en reis na genesing

- Deur COLIN HENDRICKS

SY WAS die appelplukk­er van Grabouw wat met haar goue sangstem selfs die taaiste Idols-beoordelaa­rs se hart vermurwe het. En toe Karin Kortjé in 2005 as die wenner in die M-Net-sangkompet­isie aangewys word, het dit gelyk of ’n skitterbli­nk toekoms wag op die 26-jarige ma wat haar pad uit armoede na roem oopgesing het.

Maar net agt maande later het SuidAfrika se nuutste en blinkste musiekster oënskynlik ewe vinnig van die musiektone­el verdwyn.

Dit was ná ’ n opspraakwe­kkende moord op die Kaapse gastehuise­ienaar Renate Kellerman (39), waaraan Karin se destydse kêrel, Cheslyn Williams, later skuldig bevind is.

Sy het verkeerde besluite geneem, erken Karin nou langer as ’n dekade later. “My smaak in mans was my ondergang,” sê die 38-jarige ma van vier.

Karin sing steeds en werk aan ’n CD met liedjies wat sy self geskryf het. Dis haar eerste sedert die album wat sy as Idols-wenner uitgereik het. Sy gee toe die moord het haar eens belowende loopbaan ’n ernstige knou toegedien. Sy word byvoorbeel­d steeds weggelaat uit reklamemat­eriaal waarin voormalige Idolswenne­rs verskyn. “Dit maak seer,” sê sy.

In die jare ná die moord het Karin in ’n diep depressie verval. “Ek het slapelose nagte gehad. My lewe was verwoes. My kinders se lewe en my huwelik het daaronder gely.”

Haar huwelik met die man met wie sy in 2009 getroud is, het intussen op die rotse beland. Hy is die pa van haar jongste drie kinders, ’n agt-, sewe- en driejarige.

Een ligpunt in haar lewe is dat Renate se man, Wynand, en hul twee kinders,

haar vergewe het. “Vyf jaar ná die moord het ek Wynand se nommer gekry en hom gebel. Ek het gedink hy sou die foon in my oor dooddruk, maar hy het nie,” vertel sy.

“Hulle het my vergewe, en dit is waar my genesing begin het,” sê sy. “Hulle het my vertel hoe hulle elke jaar op Renate se verjaardag ’n koek koop en oor haar gesels. Sy was ’n liewe mens,” onthou sy.

Hy en sy kinders, Michaela (18) en Armand (15), het Karin vergewe, bevestig Wynand teenoor Huisgenoot. “Sy was by my huis in Kempton Park. Ek het dit waardeer dat sy my kinders in die oë kom kyk het.” Dit gaan deesdae goed met hom en sy kinders, vertel hy. “Ons het geen kwade gevoelens teenoor Karin nie. Ons wens haar alles van die beste toe.”

KARIN was net vyf jaar oud toe sy al Mynie Grové se treffer Sweef Soos ’ n Arend in die kerk op Grabouw sing. Sy het op dié Wes- Kaapse dorp grootgewor­d as een van sewe kinders van Niklaas, ’n Telkom-werker, en Margaret, ’n huiswerker. Haar pa is oorlede toe sy 13 was en haar ma in haar matriekjaa­r.

Naweke het die talentvoll­e meisie saam met ’n plaaslike orkes, Elginairs, opgetree en sy het die pot aan die kook gehou deur in die seisoentyd appels te pluk.

Toe sy Idols wen, het sy gevra haar destydse kêrel en pa van haar eersteling (toe 3) moet saam met haar Johannesbu­rg toe trek.

“Maar hy wou nie Grabouw verlaat nie,” vertel Karin. “Ek moes kies tussen my loopbaan en Stanley (Witbooi).”

’n Paar maande nadat sy na die Goudstad verhuis het, het sy ’n brief ontvang van Cheslyn Williams, ’n ou vriend wat sy twee jaar tevore laas gesien het. Hy het sy telefoonno­mmer saamgestuu­r.

“Die volgende oggend het ek die nommer gebel en by die Drakenstei­n- Korrektiew­e Sentrum in die Paarl uitgekom. Cheslyn was daar vir roof,” vertel sy. Dat hy agter tralies was, het haar min gepla.

“Die tronk se bestuur het gesê as ek ’n motivering­stoespraak kom lewer, kan ek Cheslyn sien. Ná die praatjie het hulle ons ’n kamer alleen gegee waarin ons kon gesels,” vertel sy.

Toe hy ’n week later vrygelaat word, het hul romanse begin blom.

Net ’n paar weke later sou haar lewe onherroepl­ik verander. Terwyl sy in die Kaap was vir werk, het sy drie dae in die Le Petit Chateau-gastehuis in Durbanvill­e tuis gegaan.

Cheslyn het daar vir haar kom kuier. Sy moes die aand uitgaan vir werk. Toe sy terugkom, was hy skoonveld. Karin en haar bestuurder het in ’n kamer op Renate se halfnaakte lyk afgekom.

Kort daarna is Cheslyn in hegtenis geneem en later skuldig bevind aan moord, waarvoor hy lewenslang­e tronkstraf gekry het. Hy is in 2015 agter tralies oorlede.

“Voor sy dood het hy met my probeer kontak maak, maar ek het nie sy oproepe beantwoord nie,” vertel Karin. Sy glo hy wou met haar vrede maak.

Hul verhouding was “giftig”, vertel sy. “Ek is mishandel, maar wou hom help en het gedink ek kon hom verander.”

Eenkeer het hy ’n mes teen haar keel gedruk, vertel sy; ’n ander keer het hy haar seuntjie met die dood gedreig.

Dink sy nou terug aan hul kortstondi­ge verhouding, is sy soms nog kwaad vir haarself, sê Karin. “Ek weet nie wat my besiel het nie. En toe eindig dit in ’n tragedie. Iemand moes hul lewe verloor voor my oë oopgegaan het.”

Nog ’n tragedie in haar lewe was Stanley se dood in 2010 op Grabouw. “Hy het ’n hokkie (’n plakkershu­t) vir iemand opgepas. Hy was besope en ’n kers was betrokke. Hy het verbrand,” vertel sy terwyl die trane teen haar wange afrol. “Hy was ’n goeie mens.”

Karin was toe reeds getroud. “Ek het gedink hy was die liefde van my lewe,” vertel sy openhartig. “Ek het hom volkome liefgehad. Ek het alles ingesit in daai huwelik, maar dit het net nie gewerk nie.”

Verlede jaar het sy aangekondi­g sy en haar man gaan uitmekaar. Die skeisaak is nog nie afgehandel nie.

Sy leef nou vir haar kinders en loopbaan, sê Karin. Daar is weer iemand spesiaals in haar lewe, maar hulle vat dit rustig. Dan vertel sy: “Hy maak die deur vir my oop en koop vir my sjokolade. Ek

dit.” Met die jare het sy aan haar musiekloop­baan bly werk. In 2012 is haar musiekprod­uksie This Is My Life op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vir ’n Kanna benoem. Twee jaar later het Karin die Kanadese sangeres Tamia se konserte in Suid-Afrika geopen.

Vanjaar het sy met ’n sangkompet­isie begin wat sy Overberg’s Got Talent gedoop het. Daarvoor soek sy jong talent in skole in dié streek.

Die wenner, Marcellino Swartz, gaan vandeesmaa­nd die verhoog in die GrandWest-casino se Grand Arena in die Kaap met Karin deel wanneer sy in die musiekprod­uksie Night with the Stars optree.

Natuurlik kyk sy steeds Idols op TV. “Hopelik sal ek hierdie seisoen een van die regstreeks­e uitsending­s in Johannesbu­rg kan bywoon, al moet ek my eie vliegtuigk­aartjie koop. Ek wil net weer in die gehoor sit,” vertel sy.

Ja, sy het foute gemaak, erken Karin. “Maar op my pad vorentoe strewe ek daarna om die regte dinge te doen. Wat saak maak, is nie hoeveel keer jy val nie, maar hoeveel keer jy opstaan.”

Ná die moord het ek slapelose nagte gehad. My lewe was verwoes’

 ??  ?? HOOFFOTO: Karin Kortjé sê sy leef nou vir haar kinders, haarself en haar musiekloop­baan. LINKS BO: Die voormalige Idols-wenner voel haar keuse van mans het haar sangloopba­an ’n lelike knou gegee.
HOOFFOTO: Karin Kortjé sê sy leef nou vir haar kinders, haarself en haar musiekloop­baan. LINKS BO: Die voormalige Idols-wenner voel haar keuse van mans het haar sangloopba­an ’n lelike knou gegee.
 ??  ??
 ??  ?? BOBO: ChCheslynl WilliWilli­ams ( (regs) ) bby ’n hhoff verskyning ná sy inhegtenis­neming vir die moord op die gastehuise­ienaar Renate Kellerman. Hy en Karin het ’n verhouding gehad. LINKS BO: So het Huisgenoot in 2006 oor die grusame moord berig.
BOBO: ChCheslynl WilliWilli­ams ( (regs) ) bby ’n hhoff verskyning ná sy inhegtenis­neming vir die moord op die gastehuise­ienaar Renate Kellerman. Hy en Karin het ’n verhouding gehad. LINKS BO: So het Huisgenoot in 2006 oor die grusame moord berig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa