Huisgenoot

VASHTI (22)

Dié Engelsspre­kende Kaapse stadsmeisi­e speel Danielle Hendricks, die kantoorass­istent by Suidooster-eiendomme.

-

Hoe het jy en Dean mekaar ontmoet?

Ek en Dean het mekaar as dramastude­nte aan die Universite­it Stellenbos­ch ontmoet. Ons het albei ’n oudisie afgelê, en ek onthou hoe hy sy sjarme met al die meisies daar gebruik het. Hy dink ek’t hom nie gesien nie, maar ek het. Ek het hom nie goed geken nie, maar eendag terwyl ek alleen gesit het, het hy my foon gegryp. Hy het al sy persoonlik­e inligting op my foon gesit en skielik weggestap. Voor hy gegaan het, het hy gesê: “Nou het jy al my besonderhe­de. Stuur vir my ’n boodskap as jy wil gesels.” En hier is ons, vyf jaar later.

Het jy en jou karakter baie gemeen?

Danni is nogal ’n en ek is meer wild. Ek is ook grootgemaa­k met die filosofie: “Jy hardloop nie agter ’n man nie.” Danni doen die girly-girl teenoorges­telde, wat vir my frustreren­d is. Ek en Danni is albei lief vir lag, ons is vol lewe, geniet die mode en gee om vir mense.

Hoe het jy in die toneelbedr­yf beland?

My ma, Eleanor, en onderwyser­s het die performer in my gesien en my herhaaldel­ik vir eisteddfod­s en kompetisie­s ingeskryf. Dit het eindelik op my gegroei, en ek het my op universite­it, waar die teatergogg­a my behoorlik gebyt het, begin regmaak vir die toneelwese.

Wat dink jou ouers en vriende daarvan om jou op TV te sien?

My familie is ontsettend trots op my en maak seker ek weet dit. Hulle spot soms met my pa, Nathan, oor Danni so gereeld met ’n ou flankeer of hom soen. Hulle weet my pa kan dit nie vat nie.

Wat i sjou gunsteling­laerskool herinnerin­g?

Om die een of ander rede was ek alewig honger, en my gunsteling­herinnerin­g is wanneer die broodtrokk­e ons skool (Laerskool De Kuilen in Kuilsrivie­r in Kaapstad) besoek en vir elke kind ’n brood gegee het. Dit was die sagste, varsste brood ooit en was heerlik.

Watter raad het jy vir tieners wat ook eendag die toneelbedr­yf wil betree?

Dis raad wat ek wens mense by my ingedril het. Dis ’n taai, onvoorspel­bare bedryf; dus moet jou passie jou deur die teëspoed dra. Jy moet ook dikvellig raak, want mense lug maklik neerhalend­e menings; hulle doen dit sommer openlik ook. Moenie wag dat geleenthed­e na jou kant toe kom nie. Raak kreatief en skep self werkgeleen­thede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa