Huisgenoot

Sterre skei as een meer skitter

Talle glanspare se paaie skei wanneer die een suksesvoll­er voller as die ander raak

- Saamgestel deur NICI DE WET

WANNEER ’n glanspaart­jie se paaie skei, dink ’n mens dadelik dis oor een van die twee die ander verkul, hul besige werkrooste­rs of die lang tye weg van mekaar.

Maar daar is soms ’n ander rede, een wat nie dikwels hardop erken word nie: mededingen­dheid. Wanneer een maat beroemder as die ander raak, soos in die geval met die Hollywood-akteurs Anna Faris (40) en Chris Pratt (38), gaan die liefde dikwels by die agterdeur uit.

Toe die twee mekaar in 2007 ontmoet, was die fyn geboude blondine “die beroemder en sexier” een, vertel ’n bron. Dit was danksy haar rolle in die Scary Movie-fliekreeks, Just Friends (2005) en The House Bunny (2008). Chris was bekend vir sy rol as die dierbare, oorgewig Andy in die sitkom Parks and Recreation.

Maar dinge het begin verander toe hy gewig afskud en spiere bou vir die lokettreff­ers Guardians of the Galaxy (2014) en Jurassic World (2015).

Die televisie-bleeksiel het as ’n aantreklik­e rolprenthe­ld ontpop, en die aanbieding­s het ingestroom. “Hy het ’n groot filmster geword en Anna het nie groot rolle gekry nie,” vertel iemand in die binnekring aan Us Weekly, en voeg by die twee het nog altyd met mekaar “meegeding. Wanneer hulle in ’n groep uithang, wil elkeen die een wees wat die snaaksste grap vertel. Toe hy eindelik ’n deurbraak maak, het dit die spanning in die verhouding laat toeneem.”

Dis ’n algemene verskynsel onder rykes en beroemdes. “Egskeiding­spraktisyn­s verwys dikwels daarna as mededingen­de-ego-sindroom,” sê Vanessa LloydPlatt, ’n Britse egskeiding­sprokureur. “Wanneer een maat suksesvoll­er as die ander raak of die ander een nie genoeg aandag trek nie, raak hulle gefrustree­rd en haal die woede op mekaar uit.”

Anna en Chris is nie die eerste glanspaart­jie wie se mededingen­de aard in die pad van huweliksge­luk gestaan het nie. Hier is nog ’n paar.

 ??  ?? HOOFFOTO: Chris Pratt en Anna Faris is glo uitmekaar oor sy sukses. Die bleeksiel van Parks and Recreation (LINKS BO) is nou ’n spiertier wat in Guardians of the Galaxy (BO) te sien was.
HOOFFOTO: Chris Pratt en Anna Faris is glo uitmekaar oor sy sukses. Die bleeksiel van Parks and Recreation (LINKS BO) is nou ’n spiertier wat in Guardians of the Galaxy (BO) te sien was.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa