Dít maak Suid-Afrika uniek
Leer ken deel van die ryk geskiedenis en natuurskatte wat Suid-Afrika so uniek maak
OP 24 September vier ons Erfenisdag. Wat presies is hierdie erfenis? Enigiets wat uit die verlede na die huidige geslag oorgedra is, vorm deel van ons erfenis. Of dit nou dinge is wat ons kan voel en sien, soos grond of ander eiendom, en of dit maniere van dink en doen is of die taal wat ons praat en die stories wat ons vertel – dit is alles deel van ’n kultuur se erfenis. Suid-Afrikaners is ’n uiteenlopende groep, en ons kultuur en erfenis kan nie op slegs een manier beskryf word nie. ’n Mens se erfenis bestaan uit die gebruike en tradisies wat van ouers na kinders oorgedra word. Dit gaan ook oor watter tradisies oorgedra is van die familie, gemeenskap en plekple waar mense grootword. Mense het ook ’n nasiona sionale erfenis. Ieman mand wat in SuidAfr Afrika gebore is, he het sowel ’n SuidA Afrikaanse as ’n A Afrika- erfenis o omdat hulle op d dié vasteland g gebore is. Die d doel van Erfenisda dag is om ’n SuidAfri Afrikaanse identiteit t te bevorder en ons verskeidenheidver as ’n bate te leerl beskou.
ONS KULTUURERFENIS
Ons kultuurerfenis word gevorm deur kreatiewe dinge of uitdrukkings. Dit kan spesiale monumente wees, soos ’n gebou, beeldhouwerk, skildery of grotwoning, of iets wat belangrik is vanweë sy geskiedenis, artistieke of wetenskaplike waarde. Geboue kan ook deel van ons kultuurerfenis wees vanweë hul argitektuur, waar hulle gebou is en waarvoor hulle gebruik is of word.
Robbeneiland, die Sterkfonteingrotte in die Wieg van die Mensdom, die uKhahlamba- Drakensbergpark en die ou stad Mapungubwe is alles voorbeelde van SuidAfrikaners se kultuurerfenis.
Suid-Afrika het ook ’n natuurerfenis: die pragtige omgewing en natuurlike hulpbronne soos goud en water. Ons het tans nege Wêrelderfenisgebiede wat verklaar is deur die Verenigde Nasies se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie, Unesco:
Kaapse Blommeryk: Die Wes-Kaapse fynbos is een van die wêreld se groot sentrums van plantverskeidenheid. Die streek sluit nasionale parke soos die TafelbergNasionale Park, natuurreservate, wildernisgebiede en bergopvangsgebiede in. Ongeveer 70% van die blomspesies kom nêrens anders op die planeet voor nie. Die
Tafelberg- Nasionale Park (1) het meer plantspesies in sy 22 000 ha as die hele Brittanje of Nieu-Seeland.
Robbeneiland (2): Hierdie beroemde baken in Tafelbaai is waar oudpres. Nelson Mandela en baie ander vryheidstryders jare in gevangenskap deurgebring het. Op ’n begeleide toer sal jy leer oor die geskiedenis en die omstandighede waarin die gevangenes geleef het.
Die eiland was ook vroeër ’n kolonie vir melaatses.
‡Khomani- Kulturele Landskap: Die ‡Khomani- Kulturele Landskap is aan die grens met Botswana en Namibië in die noordelike deel van die land geleë en val saam met die Kalahari-oorgrenspark. Daar is bewyse dat mense sedert die Steentydperk hier woon. Dit word toegeskryf aan die ‡Khomani-San (3) en die strategieë wat dit vir hulle moontlik maak om aan te pas by moeilike woestyntoestande.
Wieg van die Mensdom: Hierdie wêrelderfenisgebied is aan Gauteng se Wes-Rand en bestaan uit die Sterkfonteingrotte (4), Swartkrans, Kromdraai en omliggende dele. Dit word die Wieg van die Mensdom genoem omdat hier al meer as 850 fossiele van voormense gevind is. Baie van dié fossiele is die oorblyfsels van sommige van die oudste hominiede, vroeë voorgangers van die mensdom.
Die fossiele van Mevrou Ples ( 5) en Little Foot is albei hier in die Sterkfonteingrotte gevind.
Maloti-Drakensberg-oorgrenspark: Dié oorgrenspark is geleë in Suid-Afrika se hoogste bergreeks, die Drakensberge, en ons buurland Lesotho. Die park se uitsonderlike natuurskoon en uiteenlopende habitat met bedreigde plant- en voëlspesies maak dit die ideale plek vir avontuuraktiwiteite en bergklim. Benewens die pragtige omgewing is die park ook ’n baie belangrike wateropvangsgebied vir Suid-Afrika en Lesotho. Ewe belangrik is die kultuurerfenis in die omgewing, wat die tuiste van die grootste versameling rots
kuns (6) ter wêreld is. Amper 40 000 tekeninge op sowat 665 terreine is deur die San geskilder, wat langer as 4 000 jaar in dié gebied gewoon het.
iSimangaliso-vleilandpark: Dié riviermonding en strandmeerstelsel in KwaZuluNatal is een van die grootstes in Afrika. Die park is bekend vir sy uitsonderlike verskei- denheid plante en diere (7). Daar is byvoorbeeld meer as 520 voëlspesies. Die park het hoë sandduine, lang wit strande, koraalriwwe, vleilande, mangrovemoerasse, kuswoude en grasvelde. Die Tsongagemeenskap beoefen steeds hul tradisionele manier van visvang met fuike (vanghokke) en viskrale. Mapungubwe- Kulturele Landskap: Hierdie terrein uit die Ystertydperk word teen die noordelike grens van Suid-Afrika aangetref waar Zimbabwe en Botswana bymekaarkom. Mapungubwe was die grootste koninkryk in Suider- Afrika en toon tekens van ’n gevorderde inheemse samelewing wat eeue voor die Europese koloniale tyd bestaan het. Dit is in die 14de eeu verlaat, maar vandag kan ’n mens die oorblyfsels van die paleise en die nedersettingsgebied daar aantref, asook dié van twee vroeëre hoofstadsterreine.
Die landskap bied ’ n ongeëwenaarde prentjie van die ontwikkeling van maatskaplike en politieke strukture oor sowat 400 jaar.
Vredefortkoepel: Die nalatenskap van ’n enorme meteoriet wat die aarde getref het, is ’n krater wat 2 biljoen jaar oud is en ’n deursnee van tot 300 km het. Die meteoriet van 10 km in deursnee (so groot soos Tafelberg) het die aarde hier getref. Die impak van die meteoriet het ’ n verwoestende wêreldwye uitwerking gehad. Dit sluit volgens sommige wetenskaplikes belangrike evolusionêre veranderings in. Die Vredefortkoepel bevat belangrike bewyse van die aarde se geologiese geskiedenis en help ons die ontwikkeling van die planeet verstaan.
Richtersveld- Kulturele en Botaniese
Landskap: ’ n Merkwaardige woestyngebied met berge en vlaktes in die noordweste van die land wat net deur die Nama-gemeenskap besit en bestuur word. Die Nama swerf dikwels nog hier met hul vee van plek tot plek na gelang van die seisoen. Dit is die enigste gebied waar die Nama steeds draagbare matjieshuise bou. Hulle versamel medisinale en ander plante en het ’n sterk mondelinge tradisie waarin stories oor die verskillende plekke en eienskappe van die landskap oorvertel word.