Huisgenoot

TYDSKRIFTE

-

Mense is dol oor tydskrifte! My pel Kylie het stapels daarvan in haar huis gehad, meestal van ’n spesifieke publikasie waarvan sy gehou het. Sy het hulle reeds gelees en geniet, maar in ’n boks gehou ingeval sy dit weer wil deurblaai. Die probleem? Hulle lê al jare in daai boks.

Sy het my gevra of dit as rommel beskou kan word as sy mal is daaroor. As jy gek is oor iets, is dit gewoonlik nie rommel nie, maar omdat dit twee jaar in ’n boks was en sy in daardie tyd nie daarna gekyk het nie, het die antwoord verander.

Omdat die tydskrifar­tikels handel oor ’n leefstyl waarvan sy gedroom het, het sy gevrees as sy daarvan ontslae raak, sou dit beteken sy laat vaar ook die droom. Ek het voorgestel dat sy dit deurblaai en ’n visiebord (’n versamelin­g foto’s en woorde op ’n plakkaat of papier) van haar droomleefs­tyl maak en dit iewers ophang waar sy dit gereeld kan sien. Dit sou ’n veel beter hulpmiddel wees as tydskrifte wat in ’n boks op ’n solder weggepak is.

As jy tydskrifte het wat ophoop om “eendag te lees”, dink na oor wat daardie stapels eintlik voorstel. As dit niks meer is nie as “ek het die geld uitgegee; dus moet ek dit lees”, kan dit herwinning­sblik toe! En nee, jy hoef dit nie vooraf deur te blaai nie. As dit drie, ses of 24 maande daar was, bevat dit niks waarsonder jy nie kan lewe nie. Hou die jongste en naasjongst­e uitgawe. Die res? Gooi uit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa