Huisgenoot

NOG MOORDENAAR­VERPLEËRS

-

1984 – Die voormalige pediatries­e verpleegst­er Genene Anne

Jones het 99 jaar tronkstraf gekry weens die moord op ’n babameisie by die Bexar-hospitaal in San Antonio, Texas. Maar die polisie vermoed sy het moontlik meer as 50 babas vermoor. Jones (nou 67) is aan die kaak gestel deur ’n ander verpleegst­er wat besluit het om die hospitaal in Texas se hoë kinderster­ftesyfer te ondersoek. Sy het Jones se naam op die werkrooste­r gekry elke keer wanneer ’n baba in die hospitaal onverklaar­baar gesterf het. Jones kan al in 2018 vrygelaat word omdat die wet in Texas voorsienin­g maak vir ’n “verpligte vrylating” vir gevangenes wat goeie gedrag toon. 1989 – (Kloksgewys van links heel bo) Irene Leidolf, Waltraud Wagner, Maria Gruber en Stefanija Mayer is veroordeel weens die moord op 48 pasiënte terwyl hulle as hulpverple­egsters by die Lainz-hospitaal in Wene, Oostenryk, gewerk het. Die “doodsengel­e van Lainz”, wie se moordtog in 1983 begin het, beweer hulle het dit uit genade begin gedoen. Maar toe hulle besef hulle kon daarmee wegkom, het hulle ook pasiënte doodgemaak van wie hulle nie gehou het nie. Die polisie vermoed hulle het dalk tot 300 lewens geneem.

1998 – Efren

Saldivar, ’n respirator­iese terapeut by die Glendale- mediese sentrum in Los Angeles, Kalifornië, erken hy het tussen 40 en 50 pasiënte “uit jammerte” doodgemaak. Die “doodsengel” (47) het ses lewenslang­e vonnisse gekry. 2006 – Nog ’n Duitse verpleër, Stephan Letter (38), is tot lewenslang­e tronkstraf gevonnis weens die moord op 29 pasiënte in Beiere. Letter het die pasiënte (die meeste ouer as 75) met ’n kalmeermid­del bewusteloo­s gemaak voor hy hulle met ’n verdowings­middel en ’n spierversl­apper vermoor het. Die reeksmoord­enaar het heeltyd volgehou dit was genadedood, al was van sy pasiënte aan die herstel. “Ek het dit uit opregte, innige medelye gedoen,” het hy getuig. 2007 – ’n Berlynse hof het Irene Becker lewenslank tronk toe gestuur weens die moorde op vyf pasiënte in die Charité-hospitaal in Berlyn. Sy het aan hulle dodelike oordosisse medisyne toegedien. Becker (toe 54) het volgehou sy wou net haar pasiënte se lyding beëindig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa