Huisgenoot

VRA VIR HANNON

Die gewilde voorkomsko­nsultant gee wenke vir yl hare

-

’NVRAAG wat ek gereeld gevra word, is hoe om yl hare dikker te laat lyk. Party vroue wil ’n dik bos hare hê en ander se hare is so yl dat hul kopvel deurskyn. Benewens ’n haarsnit wat sal help, is hier ander der planne.

VERDONKER JOU KOPVEL

Wanneer jou kopvel opvallend onder jou hare sigbaar is, laat dit jou hare nog yler lyk. Die eenvoudige oplossing is om jou kopvel te verdonker.

Net soos jy jou yl wenkbroue met ’n wenkbroupo­tlood invul, kan jy jou kopvel ’n bietjie inkleur en verdonker. Jy kan ’n haarkleurk­ryt of bloot ’n grimeerpot­lood in die kleur van jou hare daarvoor gebruik.

Oral waar jou kopvel deurskyn, kleur jy dit in en gebruik jou vingers om die kleur effens te versprei – dit werk heel doeltreffe­nd en mense sal jou vra hoekom jou hare skielik soveel dikker lyk.

Daar is ook ’n meer permanente opsie as jy nie lus is vir elke dag inkleur nie – dit word mikropigme­ntasie-tatoeëring genoem en kan deur ’n skoonheids­terapeut gedoen word wat in permanante grimering spesialise­er. Deur klein kolletjies opo jou kopvel te tatoeëer sal jy selfs kan swem en sport beoefen terwyl die hare naby jou kopvel steeds dik en welig lyk omdato jou kopvel donkerderk is.

GEBRUIKG ’N SLIM KLEURTEGNI­EK

As jy jou hare, veral waar dit by die kopvel uitgroei, so een skakering donkerderd kleur, sal al jou hareha heelwat dikker lyk.

As al die fyn tussenin-haartjies wat gewoonlik effens ligter van kleur is skielik gesamentli­k meer opsigtelik is, sal die algehele haredos dikker lyk.

Mense wat hul grys hare kleur, weet ook as die grys by die kopvel begin uitgroei, lyk jou hare yler.

Jy kan dit elke dag ’n bietjie verdonker as jy ’n haarkleurk­ryt gebruik (dit lyk soos ’n lipstiffie en is die kleur van jou hare) en sommer ook die grys wat uitgroei daarmee kamoefleer.

VERDIK JOU HARE SE TEKSTUUR

Verskeie haarverdik­kers is op die mark. Jy sal dit elke keer moet aanwend wanneer jy jou hare stileer. Een daarvan is ’n aanspuitha­arverdikke­r ( more

hair volumising mist), wat jy aan jou nat hare spuit en wat elke haar laat uitswel sodra jy dit met ’n warm droër begin droogblaas.

Jy kry ook haarveselp­oeiers (in die kleur van jou hare) wat jy oor jou yl dele kan strooi en wat jou hare baie dikker laat lyk. Dit het egter die gewoonte om oraloor te beland, en as jy effens sweet, kan dit in strale oor jou gesig loop.

Jy moet jou maar koel hou as jy so ’n produk gebruik.

 ??  ?? As jou haredos nie so dik lyk nie, kan jy wel ’n plan maak.
As jou haredos nie so dik lyk nie, kan jy wel ’n plan maak.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa