Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Met dié dat jou persoonlik­e jaar eindig, is dit ’n goeie week om van die dolle gejaag weg te kom. Onttrek jou aan die sosiale lewe om oor die soet en suur van die afgelope 12 maande na te dink. Jou goeie voornemens ten spyt, is party take dalk nog onafgehand­el. As jy geneig is om uit te stel, moet jy dié tipiese Weegskaaln­uk nek omdraai. GELUKKIGE NOMMERS 23, 8, 19, 31, 35, 1

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Stel jou in op die toekoms en skenk aandag aan jou doelwitte op lang termyn. Of jy visioene van ’n persoonlik­e droom of ’n loopbaanpr­estasie het of die wêreld wil verander, jy moet nou duidelikhe­id oor jou mikpunte kry. As vasberade Skerpioen sal jy moontlik geen steen onaangeroe­r laat om jou wense waar te maak nie. Raadpleeg ervare mense. GELUKKIGE NOMMERS 25, 34, 43, 46, 2, 12

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die week kan taamlik stresvol begin. Of persoonlik­e verantwoor­delikhede jou vordering vertraag, ’n rusie met jou baas die spanning laat oplaai of ’n skeet of kwaal jou aan bande lê, die lewe kan bra moeilik voel. Gelukkig sal dié fase gou oorwaai. Die tegemoetko­mende Venus betree juis jou loopbaanho­roskoop en baan die weg vir aangename interaksie. GELUKKIGE NOMMERS 47, 9, 44, 27, 10, 7

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Venus, die godin van liefde, beweeg vandeeswee­k ’n medegrondt­eken binne. Jy kan uitsien na ’n tyd waarin jy en jou geliefde mekaar mooi sal verstaan. Dis ook maar goed jy het dié vreugde in jou lewe, want die week kan uitdagend begin, veral as jy ’n Steenbok is wat geneig is om die glas as halfleeg te beskou. GELUKKIGE NOMMERS 14, 49, 41, 22, 21, 30

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die klem val op alles wat jy en jou lewensmaat deel, of dit op ’n emosionele, intellektu­ele, geestelike of liggaamlik­e vlak is. Dis veral ’n goeie week om koppe bymekaar te sit oor jul materiële hulpbronne. Dalk wil julle dit oorweeg om saam ’n belegging te maak, ’n spaarreken­ing te open of eiendom te koop. Onthou, dit kan nie kwaad doen om kenners se raad in te win nie. GELUKKIG NOMMERS 45, 1, 29, 36, 23, 11

VISSE

19 FEB – 20 MRT Venus, die liefdesdiv­a, betree jou liefdeshor­oskoop, wonderlike nuus vir romantiese Visse, wat gedy wanneer hulle danksy die liefde sterre in hul oë het. Jy sal in die bewonderin­g van jou geliefde baai en al die aandag geniet. Dalk wil jy met rose of ’n spesiale geskenk wys hoe jy voel of jou geliefde met ’n kersligete of naweek vir twee bederf. GELUKKIG NOMMERS 11, 15, 20, 28, 47, 14

RAM

21 MRT – 19 APR As jy ’n tipiese Ram is, is jy geneig om vinnig te reageer pleks van om jou antwoorde te deurdink. Maar prontuit praat kan nou meer kwaad as goed doen, veral by die werk. Sorg dat jy ’n wag voor jou mond het, tensy jy vyande wil maak en moontlik brûe verbrand. As jy aanhou konsentree­r en jou optrede deurdink, kan jy vinnig met jou take vorder. GELUKKIGE NOMMERS 21, 18, 6, 48, 35, 25

BUL

20 APR – 20 MEI Venus, die liefdesgod­in, beweeg ’n medegrondt­eken binne; ’n gerusstell­ende gedagte vir hartsake. Liefde is hoeka in die lug en romanse kan blom. As jy iemand in die oog het, moenie op jou laat wag nie; sit liewer die bal aan die rol. Jy kan ’n tafel vir twee bespreek in ’n deftige restaurant of ’n piekniek iewers in die buitelug reël. GELUKKIGE NOMMERS 30, 32, 17, 5, 27, 46

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Al kan gesinsverp­ligtings en/of takies tuis jou aan die begin van die week aan bande lê, behoort dit later ál beter te gaan. Daar behoort vandeeswee­k genoeg bedrywighe­de te wees om jou hande en kop besig te hou. Dis so reg in die kraal van ’n Tweeling, wat verveling verpes. Tog moet jy ook tyd afknyp om oor jou innerlike lewe na te dink. GELUKKIGE NOMMERS 10, 3, 37, 16, 36, 22

KREEF

21 JUN – 21 JUL Vandeeswee­k moet jy jou neus by die deur uitsteek, al is jy ’n ingetoë Kreef wat die veiligheid van jou tuiste verkies. Of jy jou ondernemin­g wil bemark, steun vir ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie wil werf of ’n familielid wil help, dis ’n goeie tyd om kontakte op te bou. Al kry jy steun in jou buurt, kan ’n kort reis vrugte afwerp. Begin jou reisprogra­m beplan. GELUKKIGE NOMMERS 7, 38, 13, 33, 48, 28

LEEU

22 JUL – 22 AUG Spits jou nou toe op jou hulpbronne. Al dink jy dalk eerste aan jou geldsake, gaan dit ook oor jou talente. Die Leeu is die kreatiefst­e sterreteke­n; dus het jy waarskynli­k sluimerend­e talente. Maak werk daarvan en skryf vir kunsklasse of ’n skryfkursu­s in of leer ’n musiekinst­rument bespeel. Ontwikkel gerus ook jou geestelike krag. GELUKKIGE NOMMERS 2, 42, 26, 24, 16, 5

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa