Huisgenoot

WAT SÊ DIE REG?

-

Wanneer regte teen mekaar opgeweeg word, hang dit van die omstandigh­ede af watter reg die swaarste sal weeg, sê prof. Anneliese Roos, ’n regskenner aan Unisa.

“In dié geval sal testeervry­heid (die reg om met jou goed te maak soos jy wil) swaarder weeg (as geslagsgel­ykheid). Die oupagrootj­ie kon al sy besittings aan vreemdes nagelaat het as hy wou en die reg sou daaraan gevolg moes gee.”

Carel de Jager het waarskynli­k nie gedink sy dogters sou kon boer toe hy die testament opstel nie, meen Anneliese. Hoewel die meeste vroue hierdeur gebelg sou voel, is dit nie volgens wet genoeg rede om die bestaande regsreëls te verander nie, sê sy.

Anneliese sê vroueregte sal wel die swaarste weeg in ’n saak waar die openbare belang ter sprake is, byvoorbeel­d as geld bemaak word aan ’n trust wat beurse aan slegs manstudent­e gee.

Bepalings wat met ’n begunstigd­e se huweliksta­tus inmeng, kan ook betwis word, soos as ’n testateur sou bepaal sy dogter mag net erf as sy van haar man skei. “Sulke bepalings druis teen die goeie sedes in en sal nie aan gevolg gegee word nie.”

Adv. Kosie Olivier van Kaapstad sê die saak is ongetwyfel­d een wat eindelik in die konstitusi­onele hof kan gaan draai, waar dan sal besluit moet word of die bepaling onkonstitu­sioneel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa