Huisgenoot

3 AFFOGATO MET KLAPPERKOE­KIES

-

Maak die affogato net voor jy dit wil voorsit. Die koekies kan vooraf gemaak en gebêre word, GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 5 min. 60 ml (4 e) whisky 8 skeppe vanielje

roomys sterk, warm filterkoff­ie VIR VOORSIT klapperkoe­kies (sien resep onder)

Verdeel die whisky tussen die glasies en voeg die roomys by. Giet die filterkoff­ie oor en sit voor saam met ’n klapperkoe­kie. KLAPPERKOE­KIES LEWER SOWAT 20 Bereiding: 20 min. Staan: 1 uur Bak: 8 min. per baksel 100 g fyn klapper 100 g fyn gemaalde

amandels ’n paar druppels amandelgeu­rsel (opsioneel) 150-200 g versier

suiker 2 eierwitte ekstra versiersui­ker

om in te rol Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Stuif met mielieblom.

1 Meng die klapper, amandels, geursel (indien gebruik) en versiersui­ker.

2 Klits die eierwitte styf en meng by die amandelmen­gsel in. Laat staan 1 uur.

3 Rol lepels vol in bolletjies, druk effens plat en rol weer in die versiersui­ker. Pak taamlik ver uitmekaar op die bakplate.

4 Bak sowat 8 min. tot goudkleuri­g maar steeds effens sag in die middel. Laat heeltemal afkoel voor jy daaraan vat. Bêre in ’n lugdigte houer.

5 Sit voor saam met die affogato.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa