Huisgenoot

TWIS OOR TESTAMENT VERDEEL KINDERS

-

My pa is onlangs oorlede en ons kinders baklei nou oor dinge wat vroeër gebeur het wat die opstel van sy testament betref.

Hoe oud moet ’n mens wees voor jy ’n testament mag hê? En hoe oud moet die getuies wees wat ’n testament se onderteken­ing bevestig? As iemand se testament dan verander word, is dit nodig dat die oorspronkl­ike getuies die gewysigde een weer onderteken? WW, SMS Volgens wet mag enige mens van 16 jaar of ouer wat verstandel­ik bevoeg is om die gevolge van sy optrede te verstaan ’n testament opstel.

Getuies moet ouer as 14 wees en moenie die testateur se huweliksma­at of erfgenaam wees nie.

’n Getuie mag ook nie as eksekuteur van die boedel optree nie.

Dit is nie nodig dat dieselfde getuies wat oorspronkl­ik die testament onderteken het die gewysigde een onderteken nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa