Huisgenoot

DIE REIS GAAN INWAARTS – DIE KUNS VAN STERWE IN KREATIEWE WERKE VAN KAREL SCHOEMAN

-

Deur CAS WEPENER (Sun Press, R325) Bestel by orders@ africansun­media.co.za.

“Eerstens is dit ’n groot liefde vir Schoeman se romans wat al baie jare aankom wat my groot motivering was,” verduideli­k Cas Wepener die ontstaan van sy boek. “Ek het sy boeke gelees en herlees en mettertyd besef dat een van die kerntemas in sy werk sterwe en dood is, maar op ’n baie besondere wyse. Ook dat daardie tema iets met die leser doen; hom op ’n besondere wyse betrek en op ’n dieper oftewel inwaartse reis neem.”

Prof. Wepener, hoof van praktiese teologie aan die Universite­it van Pretoria, het sy mini-verhandeli­ng vir ’n M.A. in kreatiewe skryfkuns uitgebrei tot hierdie volledige boek. Ernstige studente van die Schoeman-oeuvre sal dit interessan­t vind om sy werk hier vanuit ’n ander hoek bekyk te sien.

Wepener het in April vir die eerste maal met Schoeman kontak gemaak om hom in kennis te stel van die publikasie wat kom. Die skrywer het hom bedank vir sy “vriendelik­e opmerkings” en ook geskryf: “In die huidige omstandigh­ede wil ek liewer geen verpligtin­gs aangaan so ver in die toekoms soos Julie nie.” Twee dae later is hy ná selfdood oorlede.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa