Huisgenoot

EWIGE PESSIMIS

-

Twee vriende, die een ’n optimis, die ander ’n pessimis, kan oor geen onderwerp saamstem nie. Op ’n dag meen die optimis hy het ’n goeie manier gekry om sy vriend van sy ewige pessimisme te genees.

Die optimis het ’n jaghond wat sowaar op water kan loop. Sy plan is om die pessimis en die hond in ’n boot uit te neem en eende te jag. In die middel van die meer skiet die optimis ’n eend en die hond loop onmiddelli­k oor die water om dit te gaan haal en na die boot te bring.

Die optimis kyk na sy pessimisti­ese vriend en sê: “En toe, wat dink jy daarvan?”

“Siestog, die hond kan nie swem nie,” sê die pessimis. LOUISE NOETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa