Huisgenoot

2 DADELSALAM­I

-

Die salami word nie gebak nie. LEWER 2 ROLLE MET SOWAT 20 SKYFIES ELK Bereiding: 15 min. 750 g dadels 3 ml (ruim ½ t) koek

soda 60 ml (4 e) kookwater 125 ml (½ k) kakao sout 100 g elk geroosterd­e heel amandels, pekan- en okkerneute (of geroosterd­e sonneblom- en pampoenpit­te), grof gekap sowat 250 ml (1 k) ge

roosterde sesamsade

1 Kap die dadels fyn en sprinkel die koeksoda en water oor. Verhit 1 min. in ’n mikrogolfo­ond. Laat staan tot afgekoel. Plaas in ’n voedselver­werker saam met die kakao en sout. Verwerk tot ’n pasta.

2 Skep uit, voeg die neute of pitte by en meng goed. Vorm in 2 rolle en rol albei in die sesamsade. Verkoel.

3 Sny in skyfies net voor opdiening.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa