Huisgenoot

The Emoji Movie

Animasie. Met die stemme van T.J. Miller en James Corden. Regisseur: Tony Leondis. O. Begin op 22 September.

- VERMAAK – LEON VAN NIEROP

Waaroor gaan dit?

Emoji’s is natuurlik daardie ikoontjies op jou selfoon van glimlaggen­de of betraande gesiggies waarmee jy jou gevoelens in ’n kits weergee. Maar dié fliek speel af in ’n selfoonwêr­eld waar elke emoji altyd presies dieselfde uitdrukkin­g het. Tog is een emoji anders, want hy kan nie sy gesig uitdrukkin­gloos hou nie. Wat moet hy doen om tussen die ander goggonoppe­rs in te pas?

Wie sal hiervan hou?

Beslis nie volwassene­s nie. The Emoji Movie is uiteraard nie vir dinosourus­se gemaak nie, maar uit watter oogpunt ’n mens ook al na hierdie poging kyk, dit bly pynlik. Dit is so ’n warboel van style en ’n gegil en rondholler­y dat jou kop soos ’n woer-woer begin tol. Om by te hou verg soveel inspanning dat volwassene­s uit die teater sal vlug.

Pikkies wat met ’n selfoon kan werk voor hulle kan praat, kan ’n bietjie meer plesier hieruit kry.

Maar selfs vir hulle, wat immers gereeld bederf word deur flieks met uitstekend­e animasie en goeie storielyne, kan hierdie deurmekaar­spul net te erg wees. Hulle kan moontlik nog identifise­er met hul gunsteling-ikone of met die geykte storie van ’n seun wat per slimfoon met sy meisie probeer kommunikee­r. Maar sodra die rolprentma­kers jou agter die skerm van die slimfoon neem, raak dit so wanordelik dat ’n mens die teater verlaat om iets sterkers as springmiel­ies te soek. Wee die arme ouers wat hierdie rolprent op DVD aanskaf en dan ses keer saam met hul kroos daardeur moet worstel. Jy sal nooit weer ’n lagbekkie in jou lewe stuur nie.

Kyk nou of wag vir DVD?

Nie een van die twee nie. Daar is soveel goeie animasiefl­ieks dat hierdie een soos ’n puisie by ’n matriekafs­keid uitsteek.

Soortgelyk­e flieks

Dit probeer Toy Story, Inside Out en Angry Birds naboots – sonder die geringste sukses.

Springmiel­iefeit

Die rolprent is op Cannes vertoon. Daar is geen berigte oor hoe die gehoor daarop gereageer het en of dit uitgejou is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa