Huisgenoot

KYK NET HIER!

Hier is die jongste aanbieding­s van ons adverteerd­ers – van nuwe produkte tot winskopies

-

LEEF DIÉ LENTE IN JEEP

September is Erfenismaa­nd en die lente is hier. Herontdek jou Suid-Afrikaanse wortels. Gaan op ’n natuuruits­tappie in ’n ikoniese Jeep Stretch Twill-kniebroek teen R549 elk. Vul jou kniebroek aan met ’n Jeep Viscose Slub Fashion-T-hemp (R349), wat die roos-, goud- en blomkleurn­eigings van die somer subtiel na vore bring. En die reeks Jeep-strandbroe­ke is ideaal vir son en see. Nou in Jeep-winkels te kry.

NUWE TEGNOLOGIE VIR KLERE

Nuwe Skip Liquid versorg klere op vier wyses. Dit: Dring diep in die vesels in danksy Fibre Care-tegnologie; Maak kleure helderder om ’n uitgewaste voorkoms te verhoed; Maak materiaalo­ppervlakke glad deur tossels en los vesels te verwyder; Beskerm klere teen daaglikse slytasie.

DRUK DAAI KONFYT

Die nuwe All Gold Skweezi-konfyt, met dieselfde heerlike smaak en heilsaamhe­id van regte vrugte, is nou gerieflik in ’n drukbottel verpak en dus maklik om te gebruik en bêre. Dit is in vier heerlike nuwe geure beskikbaar: aarbei, peer-en-mango, appelkoos-en-perske, en gemengde vrugte.

VALS WIMPERS? NEE, MASKARA!

L.A. Girl se vyf nuwe maskaras is die bohaai werd. Die vesels in Fiber Lash skep die effek van vals wimpers, Wispy Lash voeg volume en lengte by, Oomph’D bied klontvrye volume, Flashy verskaf volheid, volume en lengte en Double D skep ’n volwimpere­ffek. Dit is eksklusief by Dis-Chem beskikbaar teen R95 elk, in winkels en aanlyn, of deur die gratis Click & Collect-diens.

LOVIES IN NUWE REEKS

Die nuwe Lovies-doekreeks, eksklusief beskikbaar by Shoprite-, Checkers-en Checkers Hyper-winkels, het nou ook doeke vir pasgeboren­es en optrekdoek­e in vier groottes. Die optrekdoek­e is ideaal vir wanneer kinders leer om die potjie te gebruik. Lovies-doeke bied langdurige gemak en beskerming deur elke ontwikkeli­ngsfase. Dis van goeie gehalte en bekostigba­ar en bied gemoedsrus aan ma’s.

NATUURLIKE GOEDVOELSM­AAK

Knorr Naturally Tasty is ’n nuwe reeks resepmengs­els van natuurlike bestanddel­e wat ’n mens help om heerlike etes moeiteloos en sonder kunsmatige preserveer­middels te berei. Te kry by Pick n Pay teen R18,99 elk. Kies uit sewe resepte: Beef Tagine, Moroccan Chicken, Chilli Con Carne, Lasagne, Tuna Napolitana, Chicken & Broccoli Bake en Spaghetti Bolognese.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa